Weet

"Weet" is 'n aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids vir leerders en is ‘n initiatief van Maroela Media. Die doelwit is om aan leerders toegang te gee tot goeie gehalte, betroubare inligting in Afrikaans, aanvullend tot die skoolkurrikulum, wat hulle in staat sal stel om naslaanwerk vir skooltake en -opdragte in Afrikaans te doen. Van die inhoud word ook nou in klank beskikbaar gestel.
Weekly Afrikaans South Africa Education · Kids & Family
232 Episodes
40 – 60

Lewensiklus van plante

Ons kyk dikwels na plante en vergeet dat dit ook lewende dinge is, net soos mense en diere. Daar is so baie dinge wat binne ’n plant gebeur, wat ons nie eens raaksien nie. Tog het plante ook ’n hele lewensiklus van saadjie tot groot plant of boom wat vrugte…
2 Jul 2025 7 min

Oordraagbare siektes

’n Oordraagbare siekte is enige siekte wat tussen mense of diere versprei word. Dit word van een mens na ’n ander (ook van ’n ma na haar baba), of tussen diere, of van diere na mense oorgedra. Mense verwys soms na oordraagbare siektes as “aansteeklike” siektes.
2 Jul 2025 8 min

Sang

Elke dag hoor ons sang in verskillende vorme en die meeste van die tyd besef ons dit skaars, omdat dit so ingeweef is by die res van alledaagse geluide. In die oggende kondig die voëls met hul pragtige voëlsang die nuwe dag aan, in die huis sing iemand ’n liedjie…
2 Jul 2025 10 min

Dinamika

Dinamika is die leer van die kragte wat beweging veroorsaak. As jy toutrek, oefen jy ’n krag daarop uit. ’n Krag is dus die sterkte of invloed van voorwerpe of verskynsels. Daar is verskillende onderafdelings van dinamika, naamlik kragte, momentum en energie.
2 Jul 2025 8 min

Bartolomeu Dias

Die Portugese seevaarder Bartolomeu Dias het tydens ʼn ontdekkingstog vanaf 1487 tot 1488 om die suidpunt van Afrika gevaar en tot so ver as die huidige Gqeberha (Port Elizabeth) gevorder. Op sy terugreis het hy die Kaap die Goeie Hoop ontdek.
2 Jul 2025 9 min

Perkussie

Perkussie is ʼn vorm van ritme wat deur slaginstrumente voortgebring word. Die klank wat deur perkussie voortgebring word, is energiek en ritmies van aard.
27 Jun 2025 11 min

Ruilhandel

In die tyd voor Christus se koms, is ruilhandel meestal met vee gedoen en soos wat landbou ontwikkel het, het mense ook begin om die opbrengs van hul oeste uit te ruil.
27 Jun 2025 10 min

Oplosbare en onoplosbare stowwe

Oplosbare stowwe kan in water of ander vloeistowwe oplos. Soos die jellie of die bruistablet. Jy gooi dit by die water, roer dit, en skielik lyk dit of die poeier of tablet verdwyn het. Stowwe wat nie in water kan oplos nie, soos sand, word weer onoplosbare stowwe genoem.
27 Jun 2025 6 min

Lug om ons

Lug is ’n mengsel van gasse wat die aarde tot op ’n sekere hoogte omring en waarvan alle lewende organismes afhanklik is.
27 Jun 2025 6 min

Liefde

Liefde kan beskryf word as ʼn sterk aantrekkingskrag tussen mense en om emosioneel aan iemand geheg te wees. Dinge soos vriendelikheid, deernis, barmhartigheid, liefdevolle optrede teenoor ander mense, teenoor jouself of teenoor diere kan alles as vorme van liefde beskryf word.
27 Jun 2025 13 min

Kaditshwene, die klipmuurstad

’n Mens is geneig om aan die Ystertydperk se mense te dink as effe onderontwikkeld. Maar as ons gaan kyk na die oorblyfsels van een van hul nedersettings, Kaditshwene, is dit allermins waar.
27 Jun 2025 6 min

Dierevervoer

Lank voordat daar blink en blitsvinnige motors was en ons treine, vliegtuie en groot vragmotors begin gebruik het om goedere te vervoer, is diere gebruik om mense en vragte goed oor lang afstande en oor moeilike terrein te vervoer.
27 Jun 2025 8 min

Die lewensiklus van diere

Alle lewende organismes gaan deur verskillende veranderings soos hulle groter of ouer word, hetsy dit ’n baie klein bakterie of groot blouwalvis is. Jy het van ’n embrio tot ’n fetus in jou ma se baarmoeder gegroei totdat die tyd gereed was dat jy gebore moes word.
27 Jun 2025 8 min

Die fiets

Die fiets lyk miskien na ’n baie eenvoudige ding – ’n raamwerk, twee wiele, pedale, ’n saal. Tog het dit baie jare en baie mense geneem om die fiets te ontwikkel van ’n baie ongemaklike kontrepsie tot die betroubare ryding van vandag.
27 Jun 2025 6 min

Dans

Dans is 'n opeenvolging van bewegings van die voete en lyf op die maat van musiek, deur een mens, 'n paar of 'n groep. Daar is verskeie vorme van dans: ‘n informele manier vir sosiale ontspanning en pret, of ‘n formeler vorm wat ‘n spesifieke styl behels.
27 Jun 2025 16 min

Atleetvoet

Atleetvoet is ʼn velinfeksie wat deur ʼn swam veroorsaak word. Dit kan herken word deur blase wat op die voet verskyn.
27 Jun 2025 2 min

Watersuiwering

Die proses om water skoon te maak, word watersuiwering genoem, en die plek waar dit gebeur, word ’n watersuiweringsaanleg genoem.
19 May 2025 7 min

Watersiklus

Die aarde se water sirkuleer in ’n nimmereindigende siklus wat die water- of hidrologiese siklus genoem word en insluit: verdamping, kondensasie en neerslag.
19 May 2025 12 min

Waterbesoedeling

Waterbesoedeling is nie ʼn nuwe probleem nie. Deur die eeue heen het cholera-, tifus-, en disenterie-epidemies dikwels voorgekom weens besmette drinkwater. Dié besoedeling was egter tot ‘n spesifieke area of gebied beperk, terwyl waterbesoedeling vandag wêreldwyd ʼn enorme probleem is.
19 May 2025 24 min

Vuur

Vuur is die sigbare verskynsel van iets wat brand en vlamme, hitte, ʼn gloed of lig uitstraal.
19 May 2025 7 min
40 – 60