Netwerk24 Klankgolwe Klankgolwe: Weg! Stories

Klankgolwe: Weg! Stories

Weg! Stories - Die beste rubrieke, reisstories, onthou stories en wildestories in Afrikaans.

Elke week doen ons 'n voorlesing van een van die beste stories uit Weg-tydskrif se argiewe. Ons gaan ook gesels met die skrywers, en hou ook die spasie dop vir bonus episodes.
Weekly Afrikaans South Africa Places & Travel
50 Episodes
20 – 40

29. 'n Tjoppie vir die Tankwa. Deur Gideon Brückner

Wanneer die Tankwa-Karoo roep, moet jy antwoord. En wanneer die hunkering na braai só erg raak dat jy rowwe bergpasse aandurf in jou soeke na ’n tjoppie, moet jy weet: Jy het die skoot hoog deur.
3 Oct 2018 9 min

23. Waar die pad smaller raak. Met Toast Coetzer

Die lewe is te kort om dit binne die mure van ’n stad te slyt. Iewers daar buite – dalk nie so ver as wat jy dink nie – is daar ’n tweespoor-paadjie wat roep... en rustigheid wat wink, glo Toast Coetzer.
11 Jul 2018 11 min

21. Waar's die 'kêffie'-hamburger? Met Jaco Kirsten

Die vroeë jare negentig is nie net gekenmerk deur groot politieke veranderings in Suid-Afrika nie. Dit was ook die begin van die einde vir die hamburger soos ons hom geken het, sê Jaco Kirsten.
13 Jun 2018 11 min

19. Slagspreuke vir die winter. Met Sophia van Taak

Tot daardie dag dat die slim ouens uitvind hoe mense ook kan hiberneer, sal die winter maar altyd ’n beproewing bly. Dis net ’n paar oorlewingsmantras wat ’n mens deur dié seisoen kan dra…
16 May 2018 11 min

17. Moleste met muskiete. Met Esma Marnewick

Bitter min vakansies verloop sonder ’n konfrontasie met een of ander gogga. Dinge vererger natuurlik as jy – soos die ou mense altyd gesê het – soetbloed het. Esma Marnewick is een van die ongelukkiges.
18 Apr 2018 10 min

12. Reën. Met Toast Coetzer

Reën is alles. Sonder reën kan die boer niks doen nie. Sonder reën is die aarde dor – die gras vrek en waai weg, bossies word net stokkies in die grond. Sonder reën raak alles erger.
15 Feb 2018 16 min
20 – 40