Newskoop Agriskoops

Agriskoops

Agriskoops, aangebied deur Eddie Goldberg, fokus daagliks op die nuutste ontwikkelinge in die landbousektor – van plaas tot mark. Ons bring jou landbounuus en insiggewende onderhoude met produsente, boere, georganiseerde landbou en ander belangrike rolspelers in die landbousektor. Ons fokus op die uitdagings en geleenthede in die sektor met praktiese inligting, tendense en tegnologie wat die toekoms van boerdery vorm, maar gesels ook op grondvlak met die mense wat die hart van boerdery uitmaak. Luister gerus na Agriskoops – vir jou daaglikse oes van landboukennis.
Daily Afrikaans South Africa Daily News · Nature
49 Episodes
1 – 20

Agriskoops - 20 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Riana Lombard. Sy is die algemene bestuurder by die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut, Sabi. Riana vertel meer oor die organisasie, wie kan almal deel wees van Sabi en wat bied hulle aan hulle lede.
20 Jan 1AM 4 min

Agriskoops - 19 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die takbestuurder by die George-tak van die maatskappy Herholdt's, Willie Kruger. Hy vertel vir ons meer oor die sonkragstelsels wat hulle bied, hoe dit boere kan help en hoe ʼn behoorlike stelsel vir jou plaas moet lyk.
19 Jan 4AM 5 min

Agriskoops - 16 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman van Baytrac oor hulle produk Spraytrac. Sy vertel meer oor die ondersteuning wat Baytrac aan boere bied met die installering en gebruik van die produk.
16 Jan 2AM 4 min

Agriskoops - 15 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Caria Grobler. Sy is die bemarkingsbestuurder by Pioneer Seeds Suid-Afrika en gesels oor die maatskappy se trotse herkoms en hulle "Farmer First”-filosofie. Pioneer Seeds herdenk hierdie jaar hulle honderdste verjaardag.
15 Jan 3AM 3 min

Agriskoops - 14 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Jaco Weideman van Rentech. Hy vertel ons meer oor sonkrag aangedrewe tegnologie vir weiding, watertoegang en selfs stresbestuur by vee. Hoe dit die boere bevoordeel en selfs die interaksie wat die diere met mekaar het kan beïnvloed.
14 Jan 2AM 4 min

Agriskoops - 13 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Bemarkings en Ontwikkelingsbestuurder vir Rovensa Next in Sub-Sahara Afrika, Stephan Marais. Hy gesels oor die belangrikheid van Kalium in plante. Hoe lyk plante wat ʼn kaliumtekort het en waar word dit die meeste opgemerk.
13 Jan 2AM 3 min

Agriskoops - 12 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met ʼn produk-landboukundige by die maatskappy Pannar Seed, Gerhard Engelbrecht, oor hulle Pannar Sprout toepassing. Hy verduidelik hoe die toepassing werk, watter voordele dit boere bied en waar hulle dit kan aflaai.
12 Jan 1AM 3 min

Agriskoops - 9 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman van Baytrac oor hulle produk Spraytrac. Sy vertel meer oor PTO-monitering en die hooffunksies van Spraytrac se sagteware.
9 Jan 2AM 4 min

Agriskoops - 8 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die hoofbestuurder van die landbouorganisasie TLU SA, Bennie van Zyl. Hy gesels oor wat boere kan doen om meer uit hul plaas te benut om nie net ekstra inkomstrome te skep nie, maar om die boerdery en landbou as geheel die hartklop van…
8 Jan 4AM 4 min

Agriskoops - 7 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die hoof van ingenieurswese by die maatskappy FarmRanger, Marius van der Merwe. Hy vertel ons meer van hulle produk wat boere help om die beweging van hulle vee te monitor ten einde verliese weens veediefstal en ander gebeure te beperk.
7 Jan 3AM 4 min

Agriskoops - 6 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops luister ons na ʼn boodskap deur die hoofbestuurder van die landbouorganisasie TLU SA. Wat is belangrik vir boere so aan die begin van ʼn nuwe jaar.
6 Jan 2AM 3 min

Agriskoops - 5 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Chantelle Kansley van Giraf Macadamia Milk. Hierdie melk word uit makadamianeute vervaardig en spog nie net met ʼn heerlike smaak nie, maar ook voedingswaarde. Sy gesels oor hierdie melk as ʼn ten volle suiwelvrye en eko-vriendelike melkalternatief.
5 Jan 3AM 5 min

Agriskoops - 2 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman van Baytrac oor hulle produk Spraytrac. Sy verduidelik hoe die produk veral help in die sitrusbedryf en met sitrusuitvoere.
2 Jan 6AM 4 min

Agriskoops - 23 Desember 2025

Op vandag se Agriskoops luister ons na ʼn paar hoogtepunte van die afgelope jaar se programme. Ons het deur die jaar gesels met verskeie rolspelers in die landbousektor, van landbou organisasies tot medewerkers, boere en verskaffers van belangrike landboubates en benodighede.
23 Dec 2025 2AM 5 min

Agriskoops - 22 Desember 2025

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Chantelle Kansley van Giraf Macadamia Milk. Hierdie melk word uit makadamianeute vervaardig en spog nie net met ʼn heerlike smaak nie, maar ook voedingswaarde. Sy gesels ook oor die boere wat die neute produseer en hoe hulle veral volhoubaar boer.
22 Dec 2025 2AM 4 min

Agriskoops - 19 Desember 2025

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman van Baytrac oor hulle produk Spraytrac. Sy verduidelik hoe die produk boere met die verslagdoening en bestuur van hul spuitprosesse kan hel
19 Dec 2025 12AM 4 min

Agriskoops - 18 Desember 2025

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Wandile Sihlobo van die landbou-organisasie Agbiz oor voorspellings dat die land steeds meer as gewoonlik reën vir die res van die somer kan verwag en wat dit vir boere beteken.
17 Dec 2025 11PM 4 min

Agriskoops - 17 Desember 2025

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Flip de Bruyn van die maatskappy Infoled. Flip is ʼn senior verkoopskonsultant by die maatskappy wat veral fokus op landbou en kommersiële gebruik van sonkrag. Hy vertel meer oor die bekostigbaarheid van sonkrag vir landbou.
17 Dec 2025 2AM 5 min

Agriskoops - 15 Desember 2025

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Elsje Schreuder van die maatskappy Rovensa Next. Sy verduidelik meer oor die pes-aartappelblaarmyner en Rovenza Next se biologiese insekdoder Bio-Neem. Hoe dit nie die omgewing besoedel nie en ook dat dit intensief getoets is voor dit aan die mark beskikbaar gestel is.
15 Dec 2025 3AM 4 min

Agriskoops - 12 Desember 2025

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman van Baytrac oor hulle produk Spraytrac. Sy verduidelik hoe boere met hul spuitwerk kan baat by die gebruik van die produk, opleiding wat beskikbaar is en hoe dit op alle spuitmasjiene geïnstalleer kan word.
11 Dec 2025 11PM 4 min
1 – 20