Radio Pulpit Gryskrag Seniorpreneurs

Gryskrag Seniorpreneurs

Gryskrag is sedert 1995 ’n landwye, geregistreerde niewinsorganisasie met artikel 18A-goedkeuring van SARS. Met hul leuse, Sapientia est Potentia – Wysheid is Krag – beklemtoon Gryskrag die waarde van kennis, lewenservaring en die unieke bydrae wat seniors steeds tot die samelewing kan lewer. Die organisasie is opgewonde oor Gryskrag Seniorpreneurs, ’n program wat op Radio Kansel uitgesaai word en daarop gemik is om senior luisteraars te inspireer om hul talente te ontdek, nuwe uitdagings aan te pak en hul kennis en ervaring met ander te deel. Die program wil seniors aanmoedig om nie hul drome en ideale prys te gee wanneer hulle ’n sekere ouderdom bereik nie, maar eerder nuwe geleenthede te ondersoek en met selfvertroue hul volgende lewenshoofstuk aan te pak. Dit skep ook ’n waardevolle ruimte vir oop gesprekke oor sake wat seniors raak, terwyl luisteraars aangemoedig word om hul gedagtes, ervarings en perspektiewe te deel. Gryskrag Seniorpreneurs herinner seniors dat hul wysheid, talente en ervaring steeds waardevol is, en dat daar altyd geleentheid is om te groei, te leer, te droom en ’n betekenisvolle verskil in ander se lewens te maak.
Weekly Afrikaans South Africa Society & Culture · Society & Culture
1 Episodes

Die ontstaan van Gryskrag

Nina Grundlingh gesels vandag met Dr. Elma Kruger - stigterslid van die Gryskrag organisasie, oor die bestaan van Gryskrag en waarom Gryskrag nogsteeds bestaansreg het.
31 Oct 16 min