Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
14,434 Episodes
200 – 220

Duur elektrisiteit maak die ekonomie seer

Die Mineraleraad van Suid-Afrika waarsku dat duur elektrisiteit die volgende groot rem op groei en beleggings kan wees. André Lourens, ekonoom by die Mineraleraad, bespreek onder meer die huidige impak en die risiko vir energie-intensiewe bedrywe indien daar nie verligting kom nie.
28 Jan 10AM 7 min

Goud bars deur $5250

Wilhelm Hertzog, portefeuljebestuurder by Rozendal Vennote, gesels oor die sterk prestasie van die goudprys.
28 Jan 10AM 11 min

Bek-en-klouseer knou veilings

Casper Schmidt, uitvoerende bestuurder van vee, eiendomme en veilings by BKB, bied ’n oorsig van veilings in Suid-Afrika en gesels oor veilings wat weens bek-en-klouseer gekanselleer moet word, asook die impak op die landboubedryf.
27 Jan 11AM 7 min

Goue dag op die JSE

Theo Vorster, medestigter van Galileo Capital, gesels oor die markte.
26 Jan 10AM 9 min

Kenners antwoord luisteraarsvrae

Nico Matthee, welvaartbeplanner by Portfolium, en Nerina Visser, ETF-strateeg en adviseur by etfSA, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
23 Jan 10AM 18 min
200 – 220