US Woordfees Skrywersfees 2016

Skrywersfees 2016

Opnames van die Skrywersfees items vanaf Woordfeees 2016
Occasionally English South Africa Arts
56 Episodes
1 – 20

Dana Snyman: In die bloukamp

Aangebied deur Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers
In sy nuutste boek, In die blou kamp, boekstaaf Dana Snyman 100 van sy ware ontmoetings: ontmoetings met mense, maar soms ook met dinge soos die vleispastei of tuisgemaakte braai-apparate. Die stories is aanvanklik op Facebook gepos, en dié wat die grootste reaksie gekry…
13 Mar 2016 54 min

Alexander Strachan: Brandwaterkom

Aangebied deur Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers
Brandwaterkom, wenner van die derde prys in NB-Uitgewers se Groot Romanwedstryd, is die onderwerp van Elmari Rautenbach se gesprek met woordkuns-veteraan Alexander Strachan. Hulle praat o.a. oor die skrywer as historiograaf, en hoekom oorlogsgeweld en liefdesintrige geloofwaardig uit te beeld.
12 Mar 2016 52 min

Immergewilde kinderkarakters: ʼn Nostalgiese kuier met
Bennie Boekwurm en maats


Aangebied deur NB-Uitgewers
: Karakters soos Bennie Boekwurm, Liewe Heksie, Haas Das, Karel Kraai en Sarel Seemonster is volksbesit en bly geliefd. Louise Smit, Hannes van Wyk en Margrit Meyer-Rödenbeck gesels oor die sukses van ʼn Liewe Heksie-pantomime, die nostalgie van dié kinderkarakters en hoe om hulle lewend en vars te…
12 Mar 2016 54 min

Koos Kombuis: Ver in die wêreld, sushi!

Aangebied deur Penguin Random House: Stommiteite van politici, irrasionele vrese van Afrikaners wat nog in die laer skuil, die sensitiewe ego’s van plaaslike musikante – Koos Kombuis se humorsin, eerlikheid en meevoerende styl maak Ver in die wêreld, sushi! ʼn móét-lees vir elkeen van sy bewonderaars. Hy praat met Dana…
12 Mar 2016 45 min

Misdaadskrywers: feit of fiksie?

Aangebied deur Lapa: Hoe hanteer skrywers navorsing rondom misdaad? Is die grense wat jy nie mag oorsteek nie dieselfde vir skrywers van nie-fiksie en fiksie? Krimi-skrywers Martin Steyn en Henk Breytenbach gesels met joernaliste Riette Rust en Carla van der Spuy oor feit vs. fiksie wanneer dit my misdaad-skryf kom.
12 Mar 2016 55 min

Digtersparadys

Aangebied deur NB-Uitgewers Jaarliks ʼn hoogtepunt in die skrywersprogram! Petra Müller, Lina Spies, Ronelda Kamfer en die Belgiese digter, Maud Vanhauwaert, lees hul gedigte voor. Moenie dié sonderlinge geleentheid misloop nie. Bly gerus langer vir die InZync Poetry Slam na afloop van die paradys.
12 Mar 2016 51 min

Die disfunksionele en ongewone huisgesin as wegspringplek vir jou debuut


Aangebied deur Penguin Random House en Queillerie,
ʼn druknaam van NB-Uitgewers: Dalena Theron (Huisies van papier) en Debbie Loots (Split) gesels met Madri Victor oor hulle debuutromans. Split handel oor ’n gebroke huisgesin en die nuwe lewens wat hulle probeer bou met die stukke wat oorgebly het, en Huisies van papier…
12 Mar 2016 45 min

Alex van Tonder: This One Time

Presented by Pan Macmillan: Blogger Jacob Lynch flees to an isolated hunting lodge in Alaska so he can focus on finishing his manuscript. But then he wakes up chained to a bed... Book reviewer and blogger Karin Schimke chats with Alex van Tonder about keeping a finger on the pulse…
12 Mar 2016 46 min

Maud Vanhauwaert: Wij zijn evenwijdig

Moontlik gemaak deur die Nederlandse Taalunie,
Kaapse Forum vir Neerlandistiek, Fonds
Neerlandistiek en Van Ewijck-stigting: 
Maud Vanhauwaert, Belgiese digter en aktrise, wen in 2015 die Publieksprijs Herman de Coninckprijs vir haar bundel, Wij zijn evenwijdig. Digter en dosent Alfred Schaffer gesels met haar. Met ʼn voorlesing deur die digter. Prima-poësie uit die…
11 Mar 2016 46 min

Ingrid Winterbach: Vlakwater

Aangebied deur Human & Rousseau, ʼn druknaam van NB-Uitgewers ʼn Vriendskap onstaan tussen die kunstenaar Niek Steyn en Marthinus Scheepers wanneer een van Marthinus se varke in Niek se tuin beland. Dan verdwyn Charelle, Niek se losseerder, en ʼn welaf kunstenaar maak ʼn verdagte aanbod op sy huis. Moenie dié…
11 Mar 2016 52 min

Die naweë van die Anglo-Boereoorlog en die rol van die Kaapse Rebelle

Aangebied deur die Anglo-Boereoorlog Monument: Dorothea van Zyl gesels met Bertus Steenkamp en Fransjohan Pretorius oor die naweë van die Anglo-Boereoorlog op die psige van Afrikaners, en die rol wat die Kaapse Rebelle gespeel het. Argitek Andries Domburg praat ook oor die die Anglo-Boereoorlog monument by Laborie in die Paarl.
11 Mar 2016 1 hr 01 min

Paige Nick: Death by Carbs

Presented by N&B Books: When someone kills dieting guru Professor Tim Noakes, Detective Bennie September has more suspects than solutions. In this hilarious novel, Paige Nick prods and pokes at both the fans and the detractors of South Africa’s biggest dieting craze. Don’t miss this talk between Paige Nick and…
11 Mar 2016 47 min

Nicol Stassen: Die Dorslandtrek

Aangebied deur Protea: Van Nicol Stassen se boek sê André Wessels dit is “so omvattend en ensiklopedies van aard, dat die legkaart van die Dorslandtrek van 1874 tot 1881 vir alle praktiese doeleindes nou voltooi is”. Stassen tree in gesprek met Fransjohan Pretorius en Andries Bezuidenhout oor hierdie kragtoer.
11 Mar 2016 1 hour

Willie Esterhuyse: Geagte Jahwe

Aangebied deur Naledi
In opvolg tot God en die gode van Egipte en Die God van Genesis, sluit Willie Esterhuyse dié trilogie af met Geagte Jahwe, elf briewe gerig aan God. Chris Jones gesels met die skrywer oor die stryd tussen gelowe, die ineenstorting van samelewings en hoe om na die…
11 Mar 2016 55 min

Johan Bakkes: Openbaring

Aangebied deur Queillerie, ʼn druknaam van NB-Uitgewers Openbaring is ’n reisstorie wat wipplank ry tussen twee uiterstes – die skrywer en sy reisgenote besoek die koudste en warmste plekke op aarde waar mense nog leef en ’n bestaan maak, onderskeidelik die Danakil-depressie en die Siberiese dorpie Oymyakon. Kom reis saam…
11 Mar 2016 51 min

Louis en Cora de Kock – WildeKlawer

Louis en Cora de Kock van WildeKlawer by Barkley-Wes in die NoordKaap, is Suid-Afrika se grootste uie-produsent vir sowel die plaaslike as die internasionale mark. Binne seisoen pak die maatskappy meer as 2,4 miljoen uie per dag. Hulle lewer ’n aansienlike bydrae tot die land se aartappelproduksie en verskaf omtrent…
11 Mar 2016 58 min

Joyce Kotzè: The Runaway Horses

Presented by Jonathan Ball From Transvaal to Victorian England, two sets of cousins, Boer and Brit, form strong bonds which are tested on the battlefields of South Africa during the Anglo Boer War. Jonathan Amid in conversation with novelist Joyce Kotzè.
11 Mar 2016 46 min

Karien Basson: ʼn Boodskap van hoop

Aangebied deur CUM Verskeie sportsterre kom deel hulle boodskap van hoop vir Suid-Afrika met Karien Basson. ʼn Inspirerende gesprek oor God se seën en liefde vir ons land en sy mense.
11 Mar 2016 1 hr 08 min

Robin Brown: The Secret Society

Presented by Penguin Random House Robin Brown is in conversation with Bill Nasson about Cecil John Rhodes’s secret society. The society was set up to establish a new world order and played a key role in the governance of Britain during the Great War. It shows how Rhodes’s powerful influence…
10 Mar 2016 41 min

Ena Jansen: Soos familie

Aangebied deur Protea Ena Jansen het jare lank ondersoek ingestel na die uitbeelding van huiswerkers in Suid-Afrikaanse boeke en hoe die huiswerker en werkgewer mekaar ervaar en teenoor mekaar optree. Sy tree in gesprek met Ingrid Winterbach oor haar aangrypende boek, Soos familie, wat uit dié studie voortgespruit het.
10 Mar 2016 1 hr 02 min
1 – 20