Aangebied deur Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers In sy nuutste boek, In die blou kamp, boekstaaf Dana Snyman 100 van sy ware ontmoetings: ontmoetings met mense, maar soms ook met dinge soos die vleispastei of tuisgemaakte braai-apparate. Die stories is aanvanklik op Facebook gepos, en dié wat die grootste reaksie gekry…
Aangebied deur Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers Brandwaterkom, wenner van die derde prys in NB-Uitgewers se Groot Romanwedstryd, is die onderwerp van Elmari Rautenbach se gesprek met woordkuns-veteraan Alexander Strachan. Hulle praat o.a. oor die skrywer as historiograaf, en hoekom oorlogsgeweld en liefdesintrige geloofwaardig uit te beeld.
Aangebied deur NB-Uitgewers : Karakters soos Bennie Boekwurm, Liewe Heksie, Haas Das, Karel Kraai en Sarel Seemonster is volksbesit en bly geliefd. Louise Smit, Hannes van Wyk en Margrit Meyer-Rödenbeck gesels oor die sukses van ʼn Liewe Heksie-pantomime, die nostalgie van dié kinderkarakters en hoe om hulle lewend en vars te…
Aangebied deur Penguin Random House: Stommiteite van politici, irrasionele vrese van Afrikaners wat nog in die laer skuil, die sensitiewe ego’s van plaaslike musikante – Koos Kombuis se humorsin, eerlikheid en meevoerende styl maak Ver in die wêreld, sushi! ʼn móét-lees vir elkeen van sy bewonderaars. Hy praat met Dana…
Aangebied deur Lapa: Hoe hanteer skrywers navorsing rondom misdaad? Is die grense wat jy nie mag oorsteek nie dieselfde vir skrywers van nie-fiksie en fiksie? Krimi-skrywers Martin Steyn en Henk Breytenbach gesels met joernaliste Riette Rust en Carla van der Spuy oor feit vs. fiksie wanneer dit my misdaad-skryf kom.
Aangebied deur NB-Uitgewers Jaarliks ʼn hoogtepunt in die skrywersprogram! Petra Müller, Lina Spies, Ronelda Kamfer en die Belgiese digter, Maud Vanhauwaert, lees hul gedigte voor. Moenie dié sonderlinge geleentheid misloop nie. Bly gerus langer vir die InZync Poetry Slam na afloop van die paradys.
Aangebied deur Penguin Random House en Queillerie, ʼn druknaam van NB-Uitgewers: Dalena Theron (Huisies van papier) en Debbie Loots (Split) gesels met Madri Victor oor hulle debuutromans. Split handel oor ’n gebroke huisgesin en die nuwe lewens wat hulle probeer bou met die stukke wat oorgebly het, en Huisies van papier…
Presented by Pan Macmillan: Blogger Jacob Lynch flees to an isolated hunting lodge in Alaska so he can focus on finishing his manuscript. But then he wakes up chained to a bed... Book reviewer and blogger Karin Schimke chats with Alex van Tonder about keeping a finger on the pulse…
Moontlik gemaak deur die Nederlandse Taalunie, Kaapse Forum vir Neerlandistiek, Fonds Neerlandistiek en Van Ewijck-stigting: Maud Vanhauwaert, Belgiese digter en aktrise, wen in 2015 die Publieksprijs Herman de Coninckprijs vir haar bundel, Wij zijn evenwijdig. Digter en dosent Alfred Schaffer gesels met haar. Met ʼn voorlesing deur die digter. Prima-poësie uit die…
Aangebied deur Human & Rousseau, ʼn druknaam van NB-Uitgewers ʼn Vriendskap onstaan tussen die kunstenaar Niek Steyn en Marthinus Scheepers wanneer een van Marthinus se varke in Niek se tuin beland. Dan verdwyn Charelle, Niek se losseerder, en ʼn welaf kunstenaar maak ʼn verdagte aanbod op sy huis. Moenie dié…
Aangebied deur die Anglo-Boereoorlog Monument: Dorothea van Zyl gesels met Bertus Steenkamp en Fransjohan Pretorius oor die naweë van die Anglo-Boereoorlog op die psige van Afrikaners, en die rol wat die Kaapse Rebelle gespeel het. Argitek Andries Domburg praat ook oor die die Anglo-Boereoorlog monument by Laborie in die Paarl.
Presented by N&B Books: When someone kills dieting guru Professor Tim Noakes, Detective Bennie September has more suspects than solutions. In this hilarious novel, Paige Nick prods and pokes at both the fans and the detractors of South Africa’s biggest dieting craze. Don’t miss this talk between Paige Nick and…
Aangebied deur Protea: Van Nicol Stassen se boek sê André Wessels dit is “so omvattend en ensiklopedies van aard, dat die legkaart van die Dorslandtrek van 1874 tot 1881 vir alle praktiese doeleindes nou voltooi is”. Stassen tree in gesprek met Fransjohan Pretorius en Andries Bezuidenhout oor hierdie kragtoer.
Aangebied deur Naledi In opvolg tot God en die gode van Egipte en Die God van Genesis, sluit Willie Esterhuyse dié trilogie af met Geagte Jahwe, elf briewe gerig aan God. Chris Jones gesels met die skrywer oor die stryd tussen gelowe, die ineenstorting van samelewings en hoe om na die…
Aangebied deur Queillerie, ʼn druknaam van NB-Uitgewers Openbaring is ’n reisstorie wat wipplank ry tussen twee uiterstes – die skrywer en sy reisgenote besoek die koudste en warmste plekke op aarde waar mense nog leef en ’n bestaan maak, onderskeidelik die Danakil-depressie en die Siberiese dorpie Oymyakon. Kom reis saam…
Louis en Cora de Kock van WildeKlawer by Barkley-Wes in die NoordKaap, is Suid-Afrika se grootste uie-produsent vir sowel die plaaslike as die internasionale mark. Binne seisoen pak die maatskappy meer as 2,4 miljoen uie per dag. Hulle lewer ’n aansienlike bydrae tot die land se aartappelproduksie en verskaf omtrent…
Presented by Jonathan Ball From Transvaal to Victorian England, two sets of cousins, Boer and Brit, form strong bonds which are tested on the battlefields of South Africa during the Anglo Boer War. Jonathan Amid in conversation with novelist Joyce Kotzè.
Aangebied deur CUM Verskeie sportsterre kom deel hulle boodskap van hoop vir Suid-Afrika met Karien Basson. ʼn Inspirerende gesprek oor God se seën en liefde vir ons land en sy mense.
Presented by Penguin Random House Robin Brown is in conversation with Bill Nasson about Cecil John Rhodes’s secret society. The society was set up to establish a new world order and played a key role in the governance of Britain during the Great War. It shows how Rhodes’s powerful influence…
Aangebied deur Protea Ena Jansen het jare lank ondersoek ingestel na die uitbeelding van huiswerkers in Suid-Afrikaanse boeke en hoe die huiswerker en werkgewer mekaar ervaar en teenoor mekaar optree. Sy tree in gesprek met Ingrid Winterbach oor haar aangrypende boek, Soos familie, wat uit dié studie voortgespruit het.
10 Mar 2016
1 hr 02 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.