Maroela Media Vuurvreters

Vuurvreters

Vuurvreters is Maroela Media se aksiebelaaide radiospanningsverhaal wat jou hoendervleis gaan gee.
Rolverdeling:
Agent Henry Vogel – Antowan Nöthling;
Agent Sally Bloemhof – Su-an Müller-Marais;
Direkteur Victor Fransman – Anton Dekker;
Septimus Steyn – Lochner de Kock;
Leonie Verster – Bettie Kemp;
Tina Truter – Ria Smit;
Rhoda van der Ross – Heidi Mollentze;
Adjunkminister Titus Bantjies – Duncan Johnson;

Vervaardiger: Bettie Kemp;
Klanktegnici: Schalk Vorster en Marius Vermaak;
Skrywer: Joe Kleinhans.
Afrikaans Read by Bettie KempSouth Africa Performing Arts · Arts Narrated by Bettie Kemp
80 Episodes
40 – 60

Vuurvreters: Episode 41

Direkteur Victor Fransman druk sy stempel ferm op kantoorprioriteite af. Wat gebeur met die lyk?
Season 1 / Episode 41 5 min

Vuurvreters: Episode 42

Tannie Tina Truter maak haar verskyning op Mooigesig en die vonke spat dadelik.
Season 1 / Episode 42 5 min

Vuurvreters: Episode 43

Iemand betree voorsitter Steyn en agent Vogel se huise wederregtelik. Kan jy raai wie is die skerpsinnige “speurder”?
Season 1 / Episode 43 5 min

Vuurvreters: Episode 44

Agent Sally Bloemhof vergesel haar kollega op ʼn middernagtelike stake-out. Wat lewer dit alles op, met watter gevolge en vir wie?
Season 1 / Episode 44 5 min

Vuurvreters: Episode 45

Tina Truter word voor stok gekry. Haar reaksie kan jy seker voorspel … of nie?
Season 1 / Episode 45 5 min

Vuurvreters: Episode 46

Tina Truter en Leonie Verster spring weer aanmekaar … die keer letterlik.
Season 1 / Episode 46 4 min

Vuurvreters: Episode 47

Ouma Leonie Verster is briesend. Dit beteken egter nie voorsitter Steyn moet bes gee nie. Dis ongelukkig nie die einde van Leonie se slegte Saterdag nie.
Season 1 / Episode 47 5 min

Vuurvreters: Episode 48

Direkteur Victor Fransman daag persoonlik by die hospitaal op. Agent Henry Vogel moet ʼn dringende oproep maak.
Season 1 / Episode 48 5 min

Vuurvreters: Episode 49

Voorsitter Steyn ontvang ʼn versoek. Agent Henry Vogel beleef ʼn nag wat hy nie gou sal vergeet nie.
Season 1 / Episode 49 5 min

Vuurvreters: Episode 50

Ouma Leonie Verster is kwaad en geskok. Agent Sally Bloemhof kry haar kollega voor stok.
Season 1 / Episode 50 5 min

Vuurvreters: Episode 51

Wie het Alex Havenga ʼn geleentheid aangebied en hoekom? Agent Sally Bloemhof ontvang ʼn opdrag waarvoor sy kwalik nee kan sê.
Season 1 / Episode 51 4 min

Vuurvreters: Episode 52

Voorsitter Steyn hoor vir die eerste keer die waarheid van die “nag van nagte” op Mooigesig. Hy is ontsteld. Maar dis nie die einde van die aand se skokke nie.
Season 1 / Episode 52 5 min

Vuurvreters: Episode 53

Tee en koekies en moeilikheid met ʼn hoofletter M. Mooigesig beleef sy heel eerste katgeveg.
Season 1 / Episode 53 4 min

Vuurvreters: Episode 54

Tina Truter se arme man het tragies gesterf. Die moontlikheid bestaan dat dwelms dalk gesmous word om sekere politieke loopbane te finansier.
Season 1 / Episode 54 5 min

Vuurvreters: Episode 55

Agent Henry Vogel het ʼn blink plan en hy sleep sy kollega saam. Direkteur Victor Fransman het sy bedenkinge.
Season 1 / Episode 55 4 min

Vuurvreters: Episode 56

Al is planne netjies uitgewerk en haarfyn deurgepraat, beteken dit nie noodwendig die sukses daarvan nie! Dit word ʼn lang nag.
Season 1 / Episode 56 5 min

Vuurvreters: Episode 57

Is voorsitter Steyn ʼn eerlike man of ʼn geslepe jakkals? Daar is natuurlik maniere om uit te vind.
Season 1 / Episode 57 5 min

Vuurvreters: Episode 58

Die gedagte aan honde ontstel voorsitter Steyn en Tina Truter ewe veel. Maar hulle reageer verskillend.
Season 1 / Episode 58 5 min

Vuurvreters: Episode 59

Voorsitter Steyn se beproewing neem in felheid toe. Hy neem noodgedwonge ʼn besluit of twee.
Season 1 / Episode 59 5 min

Vuurvreters: Episode 60

ʼn Diefstal ontstel altyd iemand. Hierdie keer is dit ook nie anders nie. En toe breek die groot Vrydagaand aan.
Season 1 / Episode 60 6 min
40 – 60