Safari Country Nelspruit staan gereed om hierdie feestyd in al jou Kersgeskenkbehoeftes vir die avontuurlustiges in jou lewe te voorsien. Leandré Coetzer gesels met Andri.
Mpumalanga bied vanjaar die SA kadet en junior Bokskampioenskappe aan. Dit vind vanaf 11-15 Desember by i'langa Mall plaas. Lawrence Baird van Nelspruit Boksklub vertel meer.
Die omstrede Wysigingswetsontwerp op Onderwyswette (Bela) is al ‘n stappie nader om wet te word. Openbare verhore daaroor vind nou weer in Mpumalanga plaas. Donderdag is dit in Ehlanzeni, by Jeppes Reef-gemeenskapsaal in Nkomazi. Pieter Ferreira van die Federasie van Beheerliggame van SA Skole (Fedsas) verduidelik hoe dit die funksionering…
Meer organismes as net bakterieë kan weerstandigheid teen medikasie opbou. Aptekers Eda Verster van Kiaat Private Hospitaal en Leonie van der Westhuizen van Mediclinic Nelspruit verduidelik vir Andri meer oor weerstand teen antimikrobiese middels - en wanneer antibiotika werklik nodig is.
Veral Witrugaasvoëls sukkel baie tydens die hittegolf. Kerri Wolter van Vulpro gesels met Charles oor hoe jy dit kan aanmeld as jy hulle aantref waar hulle hulp nodig het.
Mpumalanga Swem bied vanaf 16 Desember tot 10 Januarie ‘n vakansieprogram aan. Ronel Bekker van Mpumalanga Swem het in die ateljee kom gesels oor wat dit behels, hoekom hulle dit aanbied, en hoe jy daaruit kan baat.
Alle stemgeregtigde kiesers is aangemoedig om hierdie naweek te registreer om te stem. Ter voorbereiding vir volgende jaar se nasionale en provinsiale algemene verkiesings, sal kiesersregistrasiestasies hierdie naweek oopmaak om mense die geleentheid te gee om te registreer. Al 23 296 stemlokale sal Saterdag en Sondag van 08:00 tot 17:00…
Jou kans om in die Laeveld deur misdaad geraak te word is een uit drie, sê Frank Swanepoel van Hi-Tech Sekuriteit. Hy gesels met Charles oor maatreëls wat jy kan tref om jou onderneming, huis en self beter te beskerm. Hierdie tyd van die jaar is jy of by die…
Die omstrede nuwe Spioenasie-wetsontwerp is 'n baie groot bedreiging vir vryheid van geloof en miskien selfs die grootste dreigement nog sedert die ontstaan van 'n demokratiese Suid-Afrika. So sê Liesl Pretorius, regsadviseur by Freedom of Religion South Africa (FOR SA). Sy gesels met Sonop Ontbyt.
Janine De Bruno Austin is 'n ou Laevelder wat onlangs weer haar intrek geneem het en sy is vol planne om klein ondernemings, wat dalk nog nie eens 'n besigheid is nie maar eerder 'n stokperdjie, na die volgende vlak te neem. Sy sê vir die Verkas-span dat baie mense…
Mahindra Nelspruit weet dat voertuie wérk en nie vir dae buite aksie kan wees wanneer hulle gediens of herstel word nie. Dit is hoekom naverkopediens baie belangrik is, sê Hein le Roux, verkopebestuurder, vir Andri.
Dit is somer en daarmee saam is dit swemseisoen. Daiman Player het saam met Sam en Jeff Howard van Uniswim Uplands Swimming Club by Charles in die ateljee kom kuier. Luister weer hier:
Die Universiteit van Mpumalanga vier vandag sy 10de bestaansjaar. Die visiekansellier, Professor Thoko Mayekiso; adjunk-hoofregter en kansellier, Regter Mandisa Maya; die adjunkminister van Hoër Onderwys, Buti Manamela; en die Premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane het vanoggend die amptelike seremonie bygewoon. Die universiteit het die eerste studente in 2014 ingeneem en gegroei van…
Die Laeveldse fotograaf, Johan Orton, het die geleentheid gehad om die Springbokke se 12-11 Wêreldbeker-sege teen die All Blacks in Frankryk Saterdag af te neem.
Kwaai hitte het 'n groot uitwerking op jou troeteldiere. Dr. Albertus Coetzee van West Acres Dierehospitaal gesels met Charles oor hoe om te maak om mooi na hulle om te sien asook wat jy in plek moet sit voor jy met of sonder jou dierekinders met vakansie gaan.
Dit is die 20ste jaar wat Nataniël die Laeveld kom vermaak met sy oorspronklike stories, sy sang en ongelooflike sin vir humor. Riaan Loubser, wat dié konsert reël, vertel vir die Verkas-span hoekom dit al so 'n instelling geword het.
Die Maginarium, die grootste illusie-vertoning wat die Laeveld nog gesien het, is eersdaags op die planke te sien. Die Amazing André gesels met Amanda oor die kulkuns.
Dit is vandag 10 jaar sedert toeriste vir die eerste keer die Krugerwildtuin per trein kon besoek. Charles vind meer uit by Judiet Barnes, die bemarkingsbestuurder van Kruger Shalati.
25 Oct
9 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.