Desember kom vinnig nader, en soos jy bes moontlik vakansieplanne maak, het misdadigers planne van hul eie. Selfs op jou selfoon, sê Callum MacPherson en Gerald Erasmus vir Laeveld Brunch.
Die Jabberwock-span het onlangs aan die Wêreldkampioenskap in Adventure Racing deelgeneem in Corsica. Harry Wiltshire en Sara Archdeacon vertel vir die Middag Game Drive hoekom slegs nege uit die 100 spanne wat die resies begin het, dit kon voltooi.
Len Coetzer is 'n navorsingstegnikus by die Mpumalanga Departement van Landbou. Hy verduidelik die sosio-ekonomiese en gesondheidsvoordele wat konynvleis bied.
Die gevierde en bekroonde kabaretkunstenaar, aktrise, liedjieskrywer en digter, Helena Hettema, hou volgende week twee verskillende vertonings in Nelspruit. Sy vertel ook meer oor haar debuutbundel, "Journeyman".
In haar nuwe boek, “The Raven Protocol”, het dr. Lizelle Grobler – ’n forensiese psigofisioloog en deskundige in neurolinguistiese programmering (NLP) – ’n opleidingshandleiding in die vorm van ’n riller geskryf om die leser te leer hoe om NLP wat as wapen ingespan word, te identifiseer en hulself teen manipulasie…
LEFPA het die brandseisoen verleng en die brandverbod bly tot 15 November in plek weens die huidige hoë brandgevaar toestande. André Scheepers gesels met Sonop Ontbyt.
Waar moet jy Woensdag stem? SMS jou identiteitsnommer na 32810 om uit te vind. Om te bepaal of jy goedgekeur is vir 'n spesiale stem, SMS dit na 32711. Thanduxolo Chembeni van die Verkiesingskommissie gesels met Sonop Ontbyt.
'n Huis kan op papier lyk asof dit voldoende verseker is, terwyl dit in werklikheid aansienlik onderverseker is. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur verduidelik waarom die herbouwaarde belangrik is, hoe onderversekering gedeeltelike eise kan beïnvloed, en waarna huiseienaars moet kyk.
Wêreld Woordeboekdag was Vrydag, 16 Oktober. 100.5FM het gesels met Yolandi Farham, die uitgewersdirekteur vir Afrika by Oxford University Press oor kunsmatige intelligensie (KI) en soekenjins wat leerders binne sekondes van ’n antwoord kan voorsien. Sy waarsku egter ’n vinnige vertaling bou nie die nodige begrip wat nodig is om…
Die plaaslike sangeres Nicolene Breytenbach was gister Anne se gas tydens Luilekker Sondag.
19 Oct
7 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.