Die Ride for a Child-motorfietsryers kon tydens die onlangse vyfde aflewering hiervan daarin slaag om 'n wêreldrekord op te stel met 2 616 motorfietse wat in tandem gery het ten bate van liefdadigheid.
René Rudder het eers uit haar werk as verkoopsverteenwoordiger bedank, en toe naaldwerklesse gekry om All Wrapped Up in 2022 te begin. Sy vertel van hierdie geloofsprong.
Daar mag uitdagings wees in SA wat veral toerisme-operateurs hoofbrekens gee, maar daar is ook legio geleenthede. Besoekersvlakke is ook besig om te herstel na vlakke voor die pandemie. Tijan Oberholzer, direkteur van Touch Down, sê plaaslike toerisme-operateurs moet fokus op die plaaslike mark, en buitelandse besoekers beskou as die…
Die vereniging van mense met gestremdhede (APD) in Mpumalanga het 'n interessante program van stapel gestuur waarvolgens lede kunsvlyt leer doen. Thulakahle. Khumalo gesels met Sonop Ontbyt.
Ilse Combrink is nie net die maatskaplike werker by Laerskool Laeveld nie, smiddae het sy 'n private praktyk waar sy spesialiseer in forensiese ondersoeke.
Die DA in Mpumalanga het sy kommer uitgespreek oor die onduidelikheid rakende wie die grond besit waarop die Agentskap vir Ekonomiese Groei in Mpumalanga (MEGA) die Varsproduktemark bou. Bosman Grobler sê die entiteit se derde kwartaallikse verslag laat dit voorkom asof hulle beplan om dit oor te dra aan ‘n…
Dinsdag 19 Maart hou Laerskool Laeveld weer hul jaarlikse, gewilde pretloop om die kwartaal mee af te sluit. Cornelia Janse van Rensburg en Anzel Beattie gesels met Skedaddle.
Cindy Hart-Dorfling het in toerisme gewerk voor die grendeltydperk haar genoop het om die "Kaftan Lady" te word. Sy vertel meer oor Earthly Collection.
Leshego Diloane, 'n maatskaplike werker by die SAVF Kinderbeskermingseenheid in Mbombela, sê ouers behoort eintlik opleiding te ontvang in hoe om kinders groot te maak.
Tenbosch Mining het hul aansoek om steenkool in die Krugerwildtuin te myn - wat hulle na bewering in 2022 terug getrek het - heringestel. Ons gesels met Lambert de Klerk, hoof van omgewingsake by AfriForum.
Die UXI Pumas Rugbyinstituut is nou in sy vierde jaar en groei met rasse skrede. Hulle het vanjaar ook hul eerste vrou in die program verwelkom. Morné Booyens, die operasionele bestuurder, gesels met Skedaddle.
Gospel-sanger Dewald Gouws is in die Laeveld vir optredes. Hy het by Amanda kom inloer en gesels oor sy jongste CD, "Staan op" wat pas vrygestel is.
8 Mar
19 min
64 – 84
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.