Maroela Media Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
Weekly Afrikaans South Africa Automotive
303 Episodes
1 – 20

Wiele2Wiele ry met nuwe C3, BAIC B40 Plus

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe Citroen C3 Aircross – ʼn sewesitplek sportnuts vir slegs R354 900. Hulle ervaar ook die nuwe BAIC B40 Plus. Daar is ’n motorwaardewenk, raad vir wanneer jy ’n paneelklopper nodig het en hulle gesels met Gerrit du Toit van Mira (Motorsport International…
25 Jul 25 min

Wiele2Wiele ry met nuwe Prado

Wiele2Wiele is al die pad Mosambiek toe om Toyota se nuwe vyfde generasie Land Cruiser Prado onder hande te kry en hulle was werklik beïndruk. Hulle spandeer ook tyd met die Opel Corsa, wat ’n ryk geskiedenis het van oor die 40 jaar. Volkswagen het ook sy ID.4-sportnuts aan die…
18 Jul 25 min

Wiele2Wiele ry met opgeknapte i20

Hierdie week vir Wiele2Wiele gaan ry hulle met die opgeknapte en gewilde Hyundai i20. Hulle spandeer ook tyd met Toyota se Land Cruiser 76. Daar is ’n motorwaardewenk en hulle gesels oor twee tipes outomatiese ratkaste. Clinton Pienaar gesels met Taye Perry wat haar visier op die 2025 Dakar ingestel…
11 Jul 27 min

Wiele2Wiele ry met hibriede Hilux

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Toyota se nuwe Hilux 48V hibriede bakkie en hulle vat ook die langpad Tankwa toe met die Ford Ranger Platinum. Daar is ’n waardevolle motorwaardewenk en Clinton Pienaar gesels met Hennie Smit en Jackie Anderson van die ‘Overberg and Other Adventure Rides’ Facebook-groep, oor…
5 Jul 25 min

Wiele2Wiele: Merc se E-klas, CLE-koepee onder loep

Wiele2Wiele vertel jou meer van Mercedes-Benz se bekendstelling van sy E-klas luukse sedan en CLE-koepee. GWM se nuwe Haval Jolion PRO het in Suid-Afrika aangekom. Die span gesels ook oor outomatiese ratkaste en Clinton Pienaar gesels met AJ Venter, wat die Suid-Afrikaanse vlag omhoog gehou het by die 2024 Isle…
28 Jun 26 min

Wiele2Wiele ry met nuwe Kia Sonet

Wiele2Wiele het met die opgeknapte Kia Sonet, wat soos ’n paal bo water uitstaan in hierdie marksegment, gaan ry. Hulle het ook tyd met die BMW X2 sDrive 18i M Sport deurgebring. Daar is 'n motorwaardewenk, wenke oor motorfietsbande en hulle maak jou lus vir ’n ‘Ilse of Man TT’-toer…
20 Jun 25 min

Wiele2Wiele gesels oor nuwe Mini, Ranger Tremor

Hierdie week raak die Wiele2Wiele-span nostalgies met die bekendstelling van Mini se nuwe Countryman-reeks en hulle spandeer tyd met die Ford Ranger Tremor, wat op die 4x4-entoesias gemik is. Daar is weer ’n motorwaardewenk en Clinton Pienaar kuier in die ateljee vir al die 2Wiele-nuus.
13 Jun 25 min

Wiele2Wiele: Nuwe Hilux kry sy ‘grrr’

Wiele2Wiele ervaar Toyota se nuwe Hilux GR-S – die bakkie het houding en staan behoorlik uit. Hulle het ook met 'n 'ruimtetuig' gaan ry wat klink asof jy op pad maan toe is - BMW se i5 M60 xDrive. Daar is ’n motorwaardewenk, hulle gesels met Joubert Roux van Zero…
6 Jun 26 min

Wiele2Wiele ry met inprop-hibried Discovery Sport

Wiele2Wiele het JAC se 60ste verjaarsdagviering bygewoon en die nuwe vlagskip JAC T9-dubbelkajuitbakkie ervaar. Hulle het ook met die Land Rover Discovery Sport P300e PHEV gaan ry. Daar is ’n motorwaardewenk, alles oor wat dit verg om ’n ’stempel van goedkeuring’ te kry vir ’n SVI-gepantserde voertuig en die span…
31 May 25 min

Wiele2Wiele vat langpad met Hyundai Staria

Vir hierdie episode vat Wiele2Wiele die langpad met die Hyundai Staria-bussie van die Kaap tot in Bloemfontein en weer terug. Daar is algemene nuus, 'n onderwater-motorwaardewenk en raad oor motorfietsveiligheid.
23 May 23 min

Wiele2Wiele ry met CX-60 en T-Roc

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gaan rits hulle rond met Mazda se vlagskip CX-60 2.5 AWD Individual-sportnuts en ook met Volkswagen se VW T-Roc 2.0 TSI R-Line. Daar is weer ’n waardevolle wenk oor motorwaardes en hulle gesels oor turbo’s en ikoniese 400cc-motorfietse.
16 May 25 min

Wiele2Wiele ry met Volvo EX30 en Ford Ranger-bielie

In hierdie week se episode het Wiele2Wiele met Volvo se blitsige EX30 Ultra Twin Motor Performance-sportnuts en die Ford Ranger SuperCab Wildtrak-bakkie gaan ry. Daar was tonne motorsport-aksie by 14de Simola-heuwelren wat die afgelope naweek in Knysna plaasgevind het.
9 May 26 min

Wiele2Wiele ry met mondige, opgeknapte Picanto

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele - die Kia Picanto-buksie is mondig en opgeknap. Die span spandeer ook tyd met die GWM Tank 300 en raak opgewonde oor ’n warm luikrug - die Renault Megane RS 300 Trophy. Waarskuwings oor wat brandgevare by jou motor kan veroorsaak en ’n…
2 May 26 min

Wiele2Wiele: Nuwe Kia Seltos, BMW X2 bekend gestel

Hierdie week was ’n besige week vir Wiele2Wiele - die nuwe Kia Seltos is bekendgestel, asook die splinternuwe BMW X2. Daar was ook ’n Stellantis-dag met ’n klomp interessanthede. Vir die motorwaarde-wenk word die vraag beantwoord - kan jy ’n voertuig aanlyn koop? Dit is dan motorsport-aksie vir die eerste…
25 Apr 26 min

Wiele2Wiele ry met sakpas Jaecoo J7

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die pragtige Jaecoo J7, ʼn Chinese sportnutsvoertuig teen ʼn sakpasprys. Hulle gaan gly oor die pad met die Mercedes-Benz GLE 450d en is aangenaam verras met Isuzu se X-Rider bakkie. Hulle gesels ook oor vlekvryestaal-uitlaatsisteme en oor ikoniese motorfietse.
18 Apr 24 min

Wiele2Wiele: Ford stel twee nuwe Rangers bekend

Ford het twee nuwe Ranger-bakkies bekend gestel - die boskoning Tremor en die luukse Platinum. Die span gaan ry ook met ’n vinnige stasiewa - die Audi RS4 Avant. Hulle gee raad oor watter oktaan-petrol om te kies en ook oor watter ou motorfietse werklik ’n belegging kan wees.
11 Apr 25 min

Wiele2Wiele ry met mu-X

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Isuzu se mu-X. Mercedes-Benz het sy stempel van goedkeuring vir die SVI-gepantserde V300 luukse bussie gegee en die span gesels oor verskillende dieselinspuiting-strategieë. Hulle gesels ook met Roald Van Zyl Smit wat vyf ou Vespa-bromponies besit.
4 Apr 25 min

Wiele2Wiele gesels oor Audi se ‘Urban’ en ‘Black’

Wiele2Wiele het meer gaan uitvind oor die ‘Urban Edition’ en ‘Black Edition’ wat nou saam met verskillende Audi-modelle beskikbaar is. Hulle gaan ry met die Nissan X-Trail, gesels oor koppelaars en daar is ‘n swart Ducati 749 Dark wat nou in die Louw-motorhuis pronk.
2 Apr 24 min

Wiele2Wiele ry met diesel-Sportage en T-Roc

Hierdie week spandeer Wiele2Wiele tyd met die Kia Sportage dieselmodel en VW se T-Roc. Daar was GR-aksie met die GR Corolla en hulle gee ‘n motorwaarde-wenk. Hulle gesels ook met Jan Ryan van JR Motox Training en sy hart om van jonk na oud kennis te bemagtig om hulle veilig…
21 Mar 25 min

Wiele2Wiele gesels oor Takumi, Ora en Fronx

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe Mazda CX60 Takumi, spandeer tyd met die elektriese GWM Ora en ook met Suzuki se Fronx. Vir die wenk van die week beantwoord hulle die vraag oor of jy jou binnebrandenjin na elektries kan omskakel? Daar is ook die eerste MotoGP-opwinding vir…
14 Mar 26 min
1 – 20