Maroela Media Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
Weekly Afrikaans South Africa Automotive
290 Episodes
20 – 40

Wiele2Wiele vier Ford se eeufees en Kia Sportage se 30 jaar

In hierdie week se Wiele2Wiele-episode word Ford se 100 jaar in Suid-Afrika en die Kia Sportage se 30ste verjaardag gevier. Hulle vertel jou alles oor olie danksy Motul - selfs hoe om olie vir ’n opwekker te maak. Vir 2Wiele word daar MotoGP gesels.
16 Nov 2023 25 min

Wiele2Wiele ry met Omoda, Vitz en GLC Merc

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele was daar drie uiteenlopende padtoetse - die futuristiese Chery Omoda C5, die bekostigbare Toyota Vitz-buksie en die Mercedes-Benz GLC 300d, met sy uitstekende dieselenjin.
9 Nov 2023 25 min

Wiele2Wiele geniet vet duinepret

Hierdie week vir Wiele2Wiele gaan speel Jeanette en haar vriendin, Monica de Jager, in die duine met ’n Toyota Hilux Legend vir die Atlantis 4x4-pretdag. Jeanette vertel ook meer oor die 'VW Women in Automotion'-geleentheid en die impak wat dié dames maak. Hulle gee raad oor parkeer in trurat en…
2 Nov 2023 26 min

Wiele2Wiele: Klein Suzuki-paneelwa beproef

In hierdie week se Wiele2Wiele-program word daar geredekawel oor die Mercedes-AMG C43 wat nou ’n 2.0 l viersilinder turbo-aangejaagde enjin het. Brendon Staniforth van Maroela Media deel sy indrukke van die Mercedes-AMG GLC 63 S E-Performance wat hy in Spanje ervaar het - dié is ook nie meer ’n V8…
26 Oct 2023 24 min

Wiele2Wiele ry GR Supra en Suzuki Fronx

Hierdie week spandeer Wiele2Wiele tyd met die Toyota GR Supra, die nuwe Suzuki Fronx en vertel jou alles oor ’n besonderes geleentheid saam met GWM/Haval. Hulle gee raad oor wat jy moet doen as daar water in jou diesel kom en vertel jou van al die motorfietse wat hulle binnekort…
12 Oct 2023 25 min

Wiele2Wiele beleef luukse Lexus en Grand i10

Hierdie week gaan Wiele2Wiele op ’n ‘Lexus Art of Luxury Experience”, gaan ry met die VW Polo TSI 70 kW 5-spoed handrat en staan verbaas oor Hyundai se Grand i10-luikrug. Hulle gee raad oor wat jy moet nagaan as jou wiele nie wil aanskakel nie en Electric Zoom Bikes kan…
5 Oct 2023 24 min

Wiele2Wiele ry in styl met nuwe Lexus RX-modelle

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele in styl met Lexus se luukse nuwe RX-modelle. Hulle kan nie uitgepraat raak oor die Audi Driving Experience-dag by die Kyalami-renbaan nie en die span gaan ry ook met die Honda HR-V. Hulle gaan kuier by get\Worth vir spesiale eerste motor-stories en die SA Bakkie…
21 Sep 2023 26 min

Wiele2Wiele ry met Range Rover Autobiography

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die Range Rover Autobiography en gaan saam met die familie op ʼn avontuur met Kia se Carnival. Hulle gee raad oor die noodgereedskap wat jy altyd saam met jou op reis moet vat en gesels oor ’n bromponie waarvoor jy maar kan padgee -…
15 Sep 2023 24 min

Wiele2Wiele ry met Suzuki XL6

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Suzuki se splinternuwe XL6, hulle beleef die grootste motorskou op die Afrika-kontinent - die 'Festival of Motoring' - en spandeer tyd met die Ford Everest Wildtrak.
7 Sep 2023 24 min

Wiele2Wiele ry met Countryman en nuwe CX-5

Wiele2Wiele het met die MINI JCW Countryman en Mazda se pragtige CX-5 gaan ry en kan nie uitgepraat raak oor BMW se R 1250 GS Trophy Edition-motorfiets nie. Hulle gesels ook met Leonora Tima, hoof uitvoerende beampte by Kwanele Suid-Afrika, oor die fantastiese werk wat hulle doen rakende geslagsgebaseerde geweld…
31 Aug 2023 24 min

Wiele2Wiele gesels oor nuwe Fronx en Raptor-bakkie

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Suzuki wat sy spliternuwe Fronx bekendgestel het en die span ervaar hoekom die wêreld gons oor Ford se Ranger Raptor. Hulle gee raad oor brandstofbesparing en vertel jou meer oor die BMW R GS 1250 Trophy Edition-motorfiets.
23 Aug 2023 26 min

Wiele2Wiele raak grênd met Opel Grandland

Hierdie week tydens Wiele2Wiele gaan ry hulle met Opel se nuwe Grandland, gaan op ‘n onvergeetlike Kia Carnival-avontuur en die span ry besigheidsklas in BMW se luukse elektriese i7. Hulle vertel vir jou alles oor SA BOTY (Bakkie of the Year) en daar is ’n nuwe 2-slag-motorfiets in hierdie motorhuis.
17 Aug 2023 24 min

Wiele2Wiele gesels oor nuwe Tiggo 8 en Grand i10

Hierdie week vir Wiele2Wiele is daar twee bekendstellings - Chery se nuwe Tiggo 8 Pro Max en Hyundai se nuwe Grand i10. Hulle gaan ry ook met die Mitsubishi Outlander, vertel jou alles oor suspensie en gee ’n geskiedenisles oor BMW se GS-motorfiets.
10 Aug 2023 24 min

Wiele2Wiele geniet Toyota se GR Corolla én GR Supra

In vandeesweek se episode kan die Wiele2Wiele-span nie uitgepraat raak oor Toyota se nuwe GR Corolla en GR Supra nie. Hulle vertel meer oor Volkswagen se Polo-modelle en hoe hande vuilmaak ʼn verskil maak. Vir 2Wiele raak die span weer nostalgies oor onvergeetlike reise.
3 Aug 2023 24 min

Wiele2Wiele maak ʼn draai by Volkswagen se fabriek

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Volkswagen Polo’s in Kariega en maak ʼn draai by die Volkswagen-fabriek. Hulle was ook by die Mercedes-Benz AMG Performance-toer by die Kyalami-renbaan. Hulle verduidelik alles oor ratkasolie vir die wenk van die week en vertel van onvergeetlike ysterperd-reise
26 Jul 2023 24 min

Wiele2Wiele ry met Citroën se C3-buksie

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Citroën se C3-buksie en BMW se vuurwa - die M340i. Nicol deel sy wysheid oor enjin-uitlegte en daar is verwikkelinge in die Louw-motorhuis.
19 Jul 2023 22 min

Wiele2Wiele leer Suzuki se Grand Vitara ken

Hierdie week bring Wiele2Wiele tyd met Suzuki se Grand Vitara deur en gaan ry met Volkswagen se nuwe Amarok 2.0 BiTDI-bakkie. Kia se nuwe Picanto, wat verseker die koppe gaan laat draai, is op pad en jy kan nou ’n gepantserde Mercedes-Benz V-Class kry deur SVI. Vir die wenk van…
13 Jul 2023 25 min

Wiele2Wiele ry met V6 Wildtrak

Hierdie week gaan kyk Wiele2Wiele hoe word Killarney-renbaan met ’n historiese Blou-gedenkplaat bekroon. Hulle gaan ry met die Ford Ranger 3.0 V6 Wildtrak en daar is interessante algemene nuus. Die vraag oor hoe vinnig jy teoreties van 0-100km/h kan versnel word beantwoord en Honda se nuwe Hornet-motorfiets is hier.
5 Jul 2023 24 min
20 – 40