Maroela Media Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
Weekly Afrikaans South Africa Automotive
371 Episodes
160 – 180

Wiele2Wiele gaan elektries met I-Pace en Cross GR Sport

Hierdie week se Wiele2Wiele is elektries met die Jaguar I-Pace en Toyota wat sy nuwe Corolla Cross GR Sport bekendgestel het. Ons vier Suid-Afrika se dames- en mansspanne se oorwinning by die BMW Motorrad Internasionale GS Trophy en gee raad of jy steeds jou nuwe voertuig se enjin moet inloop…
14 Sep 2022 26 min

Wiele2Wiele ry met Haval se H6 GT

Hierdie week staan Wiele2Wiele verbaas oor die nuwe Haval H6 GT. Hulle beleef ook Mahindra se nuwe Pik Up Karoo-modelle en glimlag oor die Mercedes-AMG GLE 53-sportnuts. Die BMW Motorrad Internasionale GS Trophy is tans aan die gang en hulle gesels met Cora Forssman oor hierdie strawwe kompetisie.
7 Sep 2022 25 min

Wiele2Wiele gesels oor Jeep se nuwe Grand Cherokee

Hierdie week beleef Wiele2Wiele Jeep se splinternuwe Jeep Grand Cherokee L. Hulle gaan ry ook met BMW se 220i koepee en bring tyd met die Chery Tiggo 7 Pro deur. Met die BMW Motorrad Internasionale GS Trophy wat Sondag in Albanië begin, stel hulle die drie manne wat Suid-Afrika gaan…
31 Aug 2022 23 min

Wiele2Wiele ry met Lexus se ES 300H SE

Hierdie week ry Wiele2Wiele met ’n lang, slap Lexus - die ES 300H SE. Hulle was ook by die heropeningseremonie van die Toyota-aanleg in Durban en staan verstom oor wat Toyota vermag het na die verwoestende oostromings in April.
24 Aug 2022 24 min

Wiele2Wiele: Vinkel vs. koljander

In die week se episode lag die Wiele2Wiele-span vir die brandstofprys wanneer hulle die langpad met Renault se Duster 1.5 dCI EDC aandurf. Die plaaslike identiese tweeling – die Suzuki Baleno en die Toyota Starlet – word met mekaar vergelyk.
17 Aug 2022 23 min

Wiele2Wiele gesels oor nuwe Honda Civic RS

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor die nuwe Honda Civic RS wat pas bekendgestel is en wat almal aan die gons het. Hulle klim agter die stuur in van Jeep se nuwe Gladiator Rubicon en dan word daar ook motorsport-aksie gesels met die GR Cup wat by die Oos-Londen Grand Prix-renbaan…
10 Aug 2022 25 min

Wiele2Wiele: Isuzu se jongste mu-X beïndruk

Hierdie week in Wiele2Wiele: Die span is beïndruk met die nuwe tweede generasie Isuzu mu-X sportnuts, spandeer tyd met die opgekikkerde Ford EcoSport Active en word slim met Volvo se XC40 P6 Recharge.
3 Aug 2022 24 min

Wiele2Wiele ry met Toyota RAV4-hibriedmodel

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Toyota se RAV4 2.5 GX-R CVT Hybrid E-Four, die Volkswagen Caddy Maxi 2.0 TDI 81kW en Mazda se CX-3 2.0L Hikari Auto. Hulle gee raad oor wat snaakse suspensiegeluide kan wees en gesels oor Honda se ovaal-suier motorfietsenjins.
27 Jul 2022 26 min

Wiele2Wiele ry met drie elektriese BMW’s

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met drie elektriese BMW’s. Hulle ervaar die nuwe opgekikkerde Hyundai Creta en gaan ry met die gewilde Renault Duster 1.5 dCI wat uitstekende brandstofverbruik bied.
20 Jul 2022 24 min

Wiele2Wiele kry blik op nuwe VW Amarok

Hierdie week gaan kyk Wiele2Wiele hoe lyk die nuwe Volkswagen Amarok tydens die virtuele wêreldbekendstelling en hulle gaan ry met die BMW 420d en VW Polo TSI 85kW.
14 Jul 2022 25 min

Wiele2Wiele: Net 100 van dié Mustangs in SA te kry

Hierdie week vertel Wiele2Wiele vir jou hoe jy jou hande kan kry op een van net ‘n 100 Ford Mustang California Specials wat in Suid-Afrika beskikbaar gemaak is. Mahindra lui 'n nuwe era in met nuwe modelle wat op pad is en twee brawe manne stel ‘n rekord op met…
6 Jul 2022 24 min

Wiele2Wiele ry met Volvo se XC60-intreemodel

Hierdie week vir Wiele2Wiele gesels die span oor Suzuki wat sy nuwe Baleno bekendgestel het en Ford se EcoSport Active. Hulle gaan ry ook met Volvo se XC60 B5-intreemodel.
15 Jun 2022 24 min

Wiele2Wiele ry met Opel se Mokka

Hierdie week is dit weer motorsport-aksie tydens Wiele2Wiele vir die derde rondte vir die GR Cup by die Aldo Scribante renbaan, hulle gaan ry ook met die Opel Mokka en gesels oor Avontuur Afrika se oorkruis SNV (sportnutsvoertuie) avontuur.
1 Jun 2022 25 min

Wiele2Wiele gesels oor Starlet-tydrenmotor

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor die nuwe Toyota Gazoo Racing SA Starlet-tydrenmotor wat bekendgestel is. Hulle gaan ry ook met die Peugeot 208 en die Mazda2.
25 May 2022 23 min

Wiele2Wiele stel Chery se Tiggo 7 Pro op die proef

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met nog ’n nuwe Chery – die Tiggo 7 Pro. Hulle vat die langpad van die Kaap na Bloemfontein en terug met die Hyundai Staria Elite-bussie en gaan ry ’n spesiale verjaarsdaggeskenk – die Suzuki Vitara Brezza S-Edition. Hulle gee raad oor multimeters en gesels…
18 May 2022 22 min

Luister: Wiele2Wiele ry met Chery se Tiggo 8 Pro

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Audi se elektriese e-tron GT, gaan ry met die Chery Tiggo 8 Pro en rits rond met Suzuki se Celerio. Hulle gee raad oor motorvibrasies en gesels oor e-handel-motorfietse.
13 May 2022 24 min

Luister: Wiele2Wiele vat die langpad met Opel-bussie

Wiele2Wiele vat hierdie week die langpad met Opel se Zafira Life bussie en ry ook met Audi se elektriese e-tron S Sportback. Hulle gee vir jou die jongste nuus van Volvo SA af, gee raad en deel ook motorfietsnuus.
5 May 2022 24 min
160 – 180