GROOTfm 90.5 #JouMenseMyMense

#JouMenseMyMense

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie.

GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”!

Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem.

GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.
Weekly Afrikaans South Africa Technology · TV & Film
264 Episodes
20 – 40

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Onblusbaar!

Hierdie was sonder twyfel een van die mees uitsonderlike kuiers met die onvergeetlike, alom inspirerende Annetjie de Kock! Sy het haar nek gebreek op 7 en ‘n half maande tydens ‘n ongeluk by die dagsorg. Van die dag af is sy verlam. Sy het deur die jare verskeie operasies aan…
12 Jul 2022 11 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Lucy’s Den

‘n Rukkie gelede het GROOTfm 90.5 twee versoeke uit verskillende oorde ontvang wat vra of ons nie kon help met die verligting van omstandighede by Lucy’s Den nie. Van Marco Viljoen, en van Adelei Geldenhuys, ‘n verpleegster by Zuid-Afrikaanse Hospitaal. Lucy Hammond het Lucy’s Den / Plek van Geloof begin…
5 Jul 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Geen stut kan haar stuit!

Daar is seker ‘n rede hoekom Dané Steyn met rooi hare gebore is…want aan hierdie vlam en VUUR is daar geen keer nie! Dane Steyn is slegs ‘n paar weke na haar 13de verjaarsdag gediagnoseer met Adolescent Idiopathic Scoliosis (ICD10 Code: M41.20). Haar ‘kurwe’ van haar T8 tot haar L3-werwel…
29 Jun 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Die 'den' in Dinokeng

Die definisie van ‘n ‘den’ is onder andere ‘n plek van veiligheid, ‘n skuiling…en dit is presies wat Dinokeng se ‘den’ – vir gebruik deur die vrywillige veldwagters – vir 12 leerders van Skoliwe, geleë in die informele nedersetting, Plastic View, die afgelope naweek was. ‘n Plek van veiligheid, waar…
21 Jun 2022 6 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Maryna, ‘n mamma wat WIL

Maryna Botha het GROOTfm 90.5 reeds in 2021 genader met ‘n dringende versoek. ‘….As ‘n mamma wil ek vandag kom vra…ek weet dit gaan moeilik oral, maar ons het so gehoop dat die jaar anders sou wees. Ons kar het gebreek en ek het my werk verloor. Daar is net…
14 Jun 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Na die soveelste ‘nee’…

Francina van Zyl is nog ‘n moedelose mamma nadat haar man sy werk verloor het, en sy ‘n klein salaris verdien. Haar man in intussen deur iemand aangestel op ‘n probasietydperk. Hulle het vier dogtertjies – vanaf ouderdomme 3 tot 11. Francina sê hulle het op die oomblik geen geld…
7 Jun 2022 8 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Roney Stephens

Cindy en Rodney Stephens het ‘n versoek aan ons gerig rakende hulle 2-jarige dogtertjie, Roney, se klompvoetjies. Sy was al vir behandeling by staatshospitale, maar ondervind die ervaring elke keer as geweldig traumaties. Cindy sê die volgende oor Roney: “Ons pragtige kindjie is van die Here af vir ons gestuur…
30 May 2022 2 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Op pad…

Rudie Nel, sy verloofde, vier pragtige kinders en skoonouers woon tans in Wolmer, Pretoria Noord. Rudi het lank werk gesoek en uiteindelik was daar ‘n maatskappy in Brits wat hom ‘n kans gegee het. Rudi is so dankbaar vir hierdie geleentheid, dat hy tans elke oggend 03:00 opstaan, om 40…
24 May 2022 6 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Genade vir Grace

Louna Vermeulen het vir ons ‘n epos gestuur waarin sy sê: “Die Here lê dit al lank op my hart om vir jou ‘n e-pos te stuur en hulp te vra. Ek gaan my storie so kort moontlik hou. My broer se verloofde is ‘n invalide. Altwee haar bene is…
17 May 2022 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Malome’s Movement

Tebogo Maredi is 'n 32-jarige man wat sy werk as operasionele bestuurder verloor het as gevolg van afleggings en toe besluit het om ‘n verskil in die gemeenskap van Soshanguve te maak. Hy het begin om kinders op te voed oor hoe om diere te behandel – met liefde, respek…
10 May 2022 12 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Waar daar lewe is, is daar hoop

Ernestus Pretorius is in Julie 2021 gediagnoseer met ALS/Motor Neuron Siekte. Sy prognose? Vyf jaar…Hy is maar 48 jaar oud. As gevolg van die funksionaliteit van sy regterhand en sy spraak wat drasties deur hierdie siekte geaffekteer is, is hy deur sy werkgewer laat gaan. Hy sukkel ook al hoe…
19 Apr 2022 8 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Anthony se beskermengel

Anthony Melville het die ‘wewenaar’-etiket op die 18de Februarie gekry, toe die liefde van sy lewe, na ‘n baie gelukkige huwelik van 29 jaar (vanjaar sou dit 30 wees), die wenstreep behaal. Sy is een maand en 18 dae na haar diagnose oorlede aan kanker. Leatitia Melville, Anthony se skoonsuster,…
13 Apr 2022 10 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Tyd om teëspoed te verpant

Christina Loots het al in 2021 vir ons ‘n epos gestuur. ‘n Epos gevul met moedeloosheid soos sy teen muur op muur vasloop. As enkelmamma van twee pragtige dogters, en ‘n dogter wat sy in haar huis ingeneem het, probeer sy alles rek – die skamele nou-en-dan-geldjie wat sy inkry,…
6 Apr 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Brandon kan weer beweeg

Careson Angel, ‘n liefdadigheidsorganisasie, het vir ons ‘n epos gestuur na aanleiding van ‘n hulpkreet van Mamma Rina, namens haar seun Brandon. Brandon het op 15 sy stykie gebreek toe hy van ‘n stel trappe afgeval het. Hierdie besering het gelei tot kroniese pyn, dat sy bene misvormd ontwikkel het…
23 Mar 2022 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Juander se nuwe glimlag

Toe GROOTfm 90.5 in Daspoort by Juanita en Alex Stander se huis opdaag, was Juanita se oë groot en haar woorde min. Sy was uit die veld geslaan om die JouMenseMyMense-span, saam met Suzanne de Beer van Blissful Cleft Foundation by die buitehek te ontvang. Haar man, Alex, het wel…
15 Mar 2022 7 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR - ‘n Geleen-TYD vir Ben en Donné

Ben is ‘n gekwalifiseerde pastoor, rekenmeester en horlosie-maker en -restoureerder. Hy het ‘n groot liefde en passie, om nie net horlosies te restoureer nie, maar, mense – met sy geloof in Woord en Waarheid. Ben, en die liefde van sy lewe, Donne, het soos elke oggend wakker geword, maar, voor…
2 Mar 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – As die musiek begin speel…

…hoor en beleef Portia niks anders nie. Haar soms uitdagende omstandighede word stil. Mignonne de Jager, van Dox Deo Gemeente, Parkview, het ‘n versoek aan ons gerig namens Rhythm of Hope, ‘n nie-winsgewende organisasie wat talentvolle dansers befonds – om ten einde dié jongmense uit hulle huidige omstandighede te verwyder…
23 Feb 2022 9 min
20 – 40