On air

GROOTfm 90.5

Loading player...
GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.

Luister na ons op 90.5fm in Pretoria of op DStv oudiokanaal 820 of laai gerus ons app af om enige plek in die wêreld na ons te luister.

Recent podcast episodes

Aktualiteit: kommer oor nuwe regulasies vir die skoonheidsbedryf

Solidariteit waarsku dat die voorgestelde regulasies van die Departement van Gesondheid die somatologie- en skoonheidsbedryf in Suid-Afrika kan ontwrig, ondernemings in gevaar kan stel en tot groot werksverliese kan lei. Volgens Johan Roos, netwerkkoördineerder van Solidariteit se kommunikasienetwerk, kan oorregulering die bedryf kunsmatig versplinter en klein ondernemings versmoor. Solidariteit versamel…
19 Nov 5AM 8 min

Prembaba's: Hoe lyk tegnologiese vooruitgang in SA?

Prof Welma Lubbe, direkteur van Navorsingseenheid vir kwaliteit in verloskunde en verpleegkunde aan die NWU verduidelik hoe tegnlogie en ondersteuning al verbeter het om vir prembaba's en mikropreemies 'n beter kans op oorlewing te gee.
17 Nov 5AM 6 min

Prembaba's: Waarom word ouderdomme aangepas?

Het jy al gehoor dat die ouers van 'n vroeggebore baba sal verwys na hul geboorte ouderdom en dan hul "corrected age" gee? Al ooit gewonder wat die rede hiervoor is? Prof Welma Lubbe, direkteur van Navorsingseenheid vir kwaliteit in verloskunde en verpleegkunde aan die NWU verduidelik.
18 Nov 6AM 6 min