Krieket: Die Australiese kaptein, Pat Cummins, het toegegee dat hy waarskynlik nie fiks sal wees vir volgende maand se reeks om die As teen Engeland in Perth nie. Die 32-jarige snelbouler het in Julie laas gespeel toe hy sy rug in 'n toets teen die Wes-Indiese Eilande beseer het. Cummins…
Die adjunkminister van handel en internasionale betrekkinge, Jenelly Matundu, sê Namibië het beduidende vordering gemaak met geslagsgelykheid, en is die voorloper in Afrika, en in die agtste plek wêreldwyd. Terwyl Namibië steeds beste praktyke oor geslagsgelykheid aanleer, kan ander lande reeds by Namibië leer. Matundu het die aanmerkings vandag tydens…
Namibië se skuld neem die middelpunt van die komende middeltermyn begroting in, met 13,7 miljard Namibiese dollar wat vir terugbetalings opsy gesit is, veel meer as die 9,6 miljard Namibiese dollar wat vir ontwikkeling toegeken is. Ekonoom Josef Sheehama het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat stygende skuldvlakke, nou op…
Namibië benodig na raming 16,1 miljard Namibiese dollar om Universele Gesondheidsdekking teen 2030 te bereik. Die syfer is vandag aangekondig tydens die bekendstelling van die lynministerie se nuwe strategiese plan en Universele Gesondheidsdekkingbeleid. Die fondse is bedoel om sleutelgebiede soos gesondheidsorgpersoneel, infrastruktuur, mediese toerusting, ambulansdienste en algehele dienslewering te versterk…
Amerikaanse president Donald Trump het aan 'n juigende Israeliese Knesset gesê dat "die lang en pynlike nagmerrie uiteindelik verby is", nadat hy gehelp het om 'n wapenstilstand tussen Israel en Hamas in Gaza te bemiddel. Tydens die eerste sodanige toespraak deur 'n Amerikaanse president sedert 2008, het Trump gesê die…
Die finansministerie het openbare konsultasies oor voorgestelde hervormings aan die stelsel vir aftrekkings by staatsamptenare tot 28 Februarie 2026 verleng. FinFit Investments het 'n studie gedoen oor regeringsamptenare se persepsie en ervaring met die sisteem. Nagenoeg 83 persent van die staatsamptenare voorspel dat dit moeilik sal wees om by te…
Die waarnemende polisieminister, Firoz Cachalia, sê korrupsie is diepgewortel in instellings en politieke strukture in die land en is 'n ernstige bedreiging vir nasionale veiligheid. Suid-Afrika is in die onderste 90 van die 180 lande wat vroeër vanjaar deur Transparency International se indeks volgens vlakke van openbare sektor korrupsie gerangskik…
Gefrustreerde inwoners van Katutura het vanoggend riool voor die Stad Windhoek se kliëntedienssentrum in Katutura gestort. Die groep, gelei deur gemeenskapsaktivis Shaun Gariseb, het gesê die munisipaliteit het hul pleidooie vir rioolverwydering in hul gebiede geïgnoreer. Gariseb het gesê sanitasieprobleme word 'n bron van kommer in informele nedersettings as gevolg…
Israel se premier Benjamin Netanyahu het in die Knesset Amerikaanse president Donald Trump as Israel se grootste vriend beskryf. Hy het Trump herhaaldelik bedank te midde van applous en lede van die Knesset wat Trump staande toegejuig het.
Die United Democratic Movement sê hy is diep ontsteld oor die toenemende vlaag ontvoerings in die land. Van Januarie tot Maart vanjaar is 4 571 voorvalle van ontvoering aangemeld wat 6,8-persent meer is as dieselfde tydperk in 2024. Die UDM se sekretaris-generaal, Zandile Phiri, sê die regering moet die teenontvoering-…
Al die lewende gyselaars is deur Hamas vrygelaat en daar heers groot vreugde in Israel en baie hoop in Gaza soos duisende gevangenes vandag huis toe sal gaan. Maar, die voormalige Britse nasionale veiligheidsadviseur Lord Peter Ricketts sê hoewel dit 'n dag is om die vrylatings te vier, is daar…
'n Gevallestudie met die titel “Olie in Namibië: Ekonomiese geleentheid of oorskatte potensiaal?” is onlangs vrygestel deur Climate Strategies en Salzburg Global, saam met die Instituut vir Openbare Beloeidsnavorsing, IPPR. Volgens die verslag loop die land se strewe om 'n beduidende olieprodusent te word, die risiko om sy vordering na…
Meatco se Windhoek-abattoir het 'n A-plus-gradering behaal in 'n oudit wat deur die British Retail Consortium Global Standard uitgevoer is. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Meatco se interim-uitvoerende hoof, Albertus Aochamub, gesê die gradering is 'n bevestiging dat hul fasiliteite van wêreldgehalte is en aan die vereiste…
Reaksie word ontvang op berigte uit Suid-Afrika dat minstens vier Gazelle-helikopters van die Lanseria-lughawe aan boord van 'n vliegtuig van die Russiese lugredery Abakan Air na die omstrede krygsheer Khalifa Haftar se rebellegebied in Benghazi gesmokkel. Vlugplanne het Jordanië valslik as die bestemming aangedui. Die uitvoere oortree VN-sanksies teen die…
Die president van die Oekraïne, Volodymyr Zelensky, sê hy is bemoedig deur die druk wat president Donald Trump op die partye in die Midde Ooste geplaas het om vrede te bewerkstellig, al is dit nog vroeg in die wedstryd. Hy het met Fox News gepraat en sê daar is ook…
Die GOOD-party sê indien AfriForum inligting het oor terreurdade wat in die apartheidsera onder die ANC of enige iemand anders se naam gepleeg is, moet dit aan die Nasionale Vervolgingsgesag oorhandig word. AfriForum het die Khampepe-kommissie versoek om vas te stel waarom ANC-leiers nie vir terreurdade vervolg is nie. GOOD…
Boere by die Hardapskema is tans besig om hulle koring af te rond en benut ruim waterbronne. Die dam se vlakke is tans op 62.7 persent. Die weeklikse dambulletin word vandag verwag en alle tekens is dat invloei by Naute en moontlik Neckartal kon voorgekom het maar nie by Hardap…
Die DA in Gauteng sê ten spyte van swak reaksietye vir noodambulanse, beweer die Departement van Gesondheid dit het geen negatiewe uitwerking nie. Jack Bloom van die DA sê reaksietye van minder as 15 minute vir Prioriteit 1-oproepe in stedelike gebiede is vroeër aangeteken, maar hierdie standaard is nou laat…
13 Oct 4AM
1 min
1700 – 1720
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.