Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
1 – 20

Onstabiliteit gaan ANC knou by stembus

Die nasionale plaaslike verkiesings aanstaande maand in Suid-Afrika bly in die nuus. Professor André Duvenhage, politieke wetenskaplike aan die Noordwes Universiteit op Potchefstroom, het sy mening in die verband so aan Kosmos 94.1verwoord: André Duvenhage Naweek
11 Oct 5AM 1 min

Blou vlae wapper nog 'n seisoen op Kaapste strande

Agt strande in Kaapstad het hul volle Blouvlag-status vir die 2026/27-seisoen behou, terwyl nog vier as proefstrande aangewys is. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê dit is die vyfde agtereenvolgende seisoen waarin agt strande die volle Blouvlag-status behaal, wat Kaapstad se 25-jarige deelname aan die internasionale Blouvlag-program…
11 Oct 4AM 1 min

Dringend meer psigiaters nodig

Namibië beoog om jaarliks drie dokters as spesialiste in psigiatrie op te lei in ’n nuwe poging om die land se geestesgesondheidsdienste te versterk. Gesondheidsminister Esperance Luvindao het die plan Saterdag op Wêreldgeestesgesondheidsdag aangekondig. Luvindao het in Windhoek ’n ministeriële verklaring en verbintenis tot geestesgesondheid onderteken, met visepresident Lucia Witbooi…
11 Oct 3AM 1 min

Wes-Kaap betaal vir gesond leef

Gesonde leefgewoontes kan inwoners van die Wes-Kaap voortaan geld in die sak bring. Die provinsie het Suid-Afrika se eerste beloningsprogram vir gebruikers van openbare gesondheidsdienste bekend gestel. WOWRewards se wegspringprojek skop in Mitchells Plain af en bied deelnemers maandeliks belonings ter waarde van tot 100 rand. Inwoners kan punte verdien…
11 Oct 2AM 1 min

Zelenski nou 'n stok in Trump se wiel

Amerikaanse president Donald Trump sê dis tyd dat Oekraïne ’n nuwe president kry. Dit volg nadat president Wolodimir Zelenski Amerika se diesel-ooreenkoms met Rusland gekritiseer het. Volgens Zelenski sal die ooreenkoms Moskou meer geld gee om sy oorlog teen Oekraïne voort te sit. Trump het Saterdag gesê Zelenski veroorsaak wêreldwyd…
11 Oct 2AM 1 min

SAPS skraap tientalle sokkerboewe

Die Suid-Afrikaanse polisie het vermeende opstokers in hegtenis geneem wat na bewering beplan het om Saterdagmiddag se sokkerwedstryde in Durban te ontwrig. Hulle is onder 30 mense wat sedert Donderdag vasgetrek is tydens ’n polisietoeslaan op onrus. Altesaam 25 mense is in KwaZulu-Natal en vyf in Gauteng aangekeer. Die oortredings…
11 Oct 1AM 1 min

Nuwe vennootskap ondersteun Epukiro

'n Nuwe vennootskap gaan volhoubare leefwyse en gemeenskapsontwikkeling in die Omaheke-streek ondersteun. Nictus en Auas Motors verskaf, in samewerking met die Isuzu-stigting, ‘n finansiële borgskap vir die Epukiro Eco-Village , 'n inisiatief van die N/a’an ku sê-stigting, wat daarop gemik is om volhoubare behuising met verbeterde gemeenskapswelsyn en ekonomiese geleenthede…
10 Oct 11PM 1 min

Unie sê plaaslike oplossings is beter vir akkreditasiekrisis

Die Studente-unie van Namibië het Nust se geval-tot-geval konsultasies met studente wat geraak word deur die mediese laboratoriumwetenskappe-akkreditasiekrisis verwerp. Die unie beskou privaat vergaderings as onnodig. Terwyl Nust-studente individueel betrek om oordragopsies en plaaslike of streeksplasings te ondersoek, het die voorsitter van die SUN-raad, Bernard Kavau, die universiteit aangespoor om…
10 Oct 6AM 1 min

Aftakeling van stigma oor geestesgesondheid noodsaaklik

Vandag is Wêreldgeestesgesondheidsdag. Namibië plaas vanjaar die stemme van mense wat self met geestesgesondheidsprobleme worstel, in die kollig. Die land se tema vir die dag, “werklike ervarings, werklike stemme, werklike verandering” is ook daarop gemik om die stigma rondom geestesgesondheid af te breek. Vandag is terselfdertyd die afsluiting van Namibië…
10 Oct 5AM 1 min

Duitsland onderskraag groen kragplanne

Namibië en Duitsland het 'n ooreenkoms vir tegniese samewerking ter waarde van 103 miljoen Namibiese dollar onderteken om toegang tot energie en groenindustrialisasie te bevorder. Die ooreenkoms, wat onderteken is ná 'n welwillenheidsbesoek deur Duitse ambassadeur Thomas Wimmer aan die direkteur-generaal van die NPC, dr. Kaire Mbuende, sal daarop gemik…
10 Oct 3AM 1 min

Rugby: Bulle verwag taai stryd teen Leeus

Die Blou Bulle en die Leeus draf vanmiddag om halftwee op Loftus Versfeld in Pretoria teen mekaar uit in rugby se sogenaamde Jukskei-derby. Die span uit Johannesburg is tans vierde op die punteleer in die Verenigde Rugbykampioenskap, met die Bulle in die sewende posisie. Johan Ackermann, hoofafrigter van die Bulle,…
10 Oct 3AM 1 min

Boere in toenemende knyptang

Die landbougemeenskap in die Suider-Afrikaanse streek is volgens berigte onder druk, as gevolg van verskeie faktore. Die uitvoerende voorsitter van die Suider Afrikaanse Agri-Inisiatief (Saai), dr. Theo de Jager, het die situasie so aan Kosmos 94.1 nuus verwoord:
10 Oct 2AM 1 min

Rugby: Afrigters van topspanne gesels oor eindstryd

Namibië se kampioene van die 2026-rugbypremierliga word vandag gekroon wanneer FNB Kudus teen FNB Wanderers te staan kom in 'n herhaling van verlede jaar se eindstryd by die Hage Geingob-nasionale rugbystadion. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoofafrigters van albei spanne gesels. Wanderers se hoofafrigter, Darryl de la Harpe, sê…
10 Oct 1AM 1 min

COPPS 94.1: Dramatiese nag van misdaad

COPPS 94.1 het 'n spannende Vrydagaand beleef met gevalle van moord, aanranding, roof en dronkbestuur wat in Windhoek deur die polisie hanteer is. Francois Lottering doen verslag.
9 Oct 11PM 1 min

Polisieminister vra vir kalmte in betogings teen migrante

Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, vra kalmte te midde van voortdurende betogings teen migrante in Johannesburg en Durban. Betogings is in Braamfontein, Soweto en Durban aangemeld ná 'n uitspraak deur die Konstitusionele Hof oor asielaansoeke. 'n Voertuig is by Konstitusieheuwel aan die brand gesteek en die polisie het…
9 Oct 11AM 1 min

Uitdaging met behuising draai in parlement

Uitdagings wat behuisingsvoorsiening beïnvloed, geniet aandag in die parlement, aangesien plaaslike owerhede vra vir verbeterde kommunikasie, finansiering en projekondersteuning. Die Parlementêre Staande Komitee oor Stedelike en Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming voer samesprekings met belanghebbendes in Windhoek, waar Sakaria Namhindo van die Otjiwarongo-munisipaliteit hierdie kwessies uitgelig het as groot struikelblokke vir…
9 Oct 11AM 1 min

Mynwerkersunie op oorlogspad oor laerbetaalde kontrakarbeid

Die Mynwerkersunie van Namibië gaan bewusmaking verskerp om te verhoed dat mynmaatskappye permanente poste met laerbetaalde kontrakarbeid vervang. Die MUN se algemene sekretaris, George Ampweya, sê 'n posisiedokument wat aan die regering voorgelê is, het 'n parlementêre ondersoek na subkontrakteringsmisbruik van stapel gestuur. Ampweya het kontrakwerkers aangespoor om by die…
9 Oct 10AM 1 min

Zaamwani soek oudit van hervestigingsplase

Landbouminister Inge Zaamwani het opdrag gegee vir 'n oudit van alle plase wat die regering die afgelope vyf jaar verkry het, om vas te stel hoeveel daarvan toegewys is, hoeveel steeds onbewoon is en of die grond produktief aangewend word. Die oudit sal ook plase identifiseer wat rehabilitasie vereis voordat…
9 Oct 10AM 1 min
1 – 20