Rugby-ondersteuners sal vanmiddag wêreldwyd op die punte van hul stoele sit vir die laaste groepwedstryde in die sport se splinternuwe Nasieskampioenskap. Die toetse tussen Ierland en Suid-Afrika en Engeland en Nieu-Seeland sal bepaal watter span uit die suidelike halfrond na die eindstryd vorder. Die Springbokke het ‘n bonuspuntwen nodig en…
Massas werklose Namibiërs kan nie op verkiesingsbeloftes of groot buitelandse beleggings staat maak om hul lot te verander nie, sê die arbeidskenner Herbert Jauch. Die werkloosheidsyfer van 36,9 persent, waarvan byna 40 persent vroue is, sal volgens Jauch voortduur sonder strukturele veranderinge. Hy sê die syfer kan selfs 54 persent…
Die direkteur-generaal van die Wêreldhandelsorganisasie, Ngozi Okonjo-Iweala, sê wêreldhandel bly veerkragtig, ten spyte van toenemende onsekerheid. Sy het tydens die All Africa Business Leaders Awards in Sandton gesê handel kry dikwels die skuld vir uitdagings wat verband hou met outomatisering, ontoereikende maatskaplike ondersteuning en ekonomiese beleid. Okonjo-Iweala het erken dit…
Beloftes oor behuising bly leeg so lank mense nie vinniger dakke oor hul koppe kry nie, het die adjunkminister van gemarginaliseerde gemeenskappe, Moses Khumub, op Gobabis gesê. Hy het met belanghebbendes in Omaheke vergader om behuising vir gemarginaliseerde inwoners op munisipale grond in die Ooste-dorp te bespoedig voordat die huidige…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.