
Werkloosheid: Staat moet ingryp, sê Jauch
Loading player...
Massas werklose Namibiërs kan nie op verkiesingsbeloftes of groot buitelandse beleggings staat maak om hul lot te verander nie, sê die arbeidskenner Herbert Jauch. Die werkloosheidsyfer van 36,9 persent, waarvan byna 40 persent vroue is, sal volgens Jauch voortduur sonder strukturele veranderinge. Hy sê die syfer kan selfs 54 persent wees, afhangende van die model wat gebruik word. Jauch is van mening die staat moet daadwerklik ingryp. Hy het sy mening met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.

