
WHO erken handel moet hervorm
Loading player...
Die direkteur-generaal van die Wêreldhandelsorganisasie, Ngozi Okonjo-Iweala, sê wêreldhandel bly veerkragtig, ten spyte van toenemende onsekerheid. Sy het tydens die All Africa Business Leaders Awards in Sandton gesê handel kry dikwels die skuld vir uitdagings wat verband hou met outomatisering, ontoereikende maatskaplike ondersteuning en ekonomiese beleid. Okonjo-Iweala het erken dit is nodig om die organisasie se reëls te moderniseer ten einde onregverdige mededinging aan te spreek. Sy sê 72-persent van wêreldhandel vind steeds onder die organisasie se reëls plaasvind.

