
Behuising in die kollig op Gobabis
Loading player...
Beloftes oor behuising bly leeg so lank mense nie vinniger dakke oor hul koppe kry nie, het die adjunkminister van gemarginaliseerde gemeenskappe, Moses Khumub, op Gobabis gesê. Hy het met belanghebbendes in Omaheke vergader om behuising vir gemarginaliseerde inwoners op munisipale grond in die Ooste-dorp te bespoedig voordat die huidige boekjaar eindig. Dit vorm deel van ’n groter inisiatief om behuisingsnood in Omaheke, Oshikoto en Ohangwena aan te pak. Khumub het benadruk dit is tyd om daad by woord te voeg.

