
Rugby: Bokke benodig bonus - en meevaller
Loading player...
Rugby-ondersteuners sal vanmiddag wêreldwyd op die punte van hul stoele sit vir die laaste groepwedstryde in die sport se splinternuwe Nasieskampioenskap. Die toetse tussen Ierland en Suid-Afrika en Engeland en Nieu-Seeland sal bepaal watter span uit die suidelike halfrond na die eindstryd vorder. Die Springbokke het ‘n bonuspuntwen nodig en moet hoop die All Black kry net vier punte. Engeland en Ierland blaas in Frankryk se nek om die noorde se topspan te wees. Die Stormers-afrigter John Dobson deel sy mening met Kosmos 94.1 Nuus:

