
Ses noodvragte medisyne in Durban afgelaai
Loading player...
Transnet in Suid-Afrika sê ses van die 16 vaartuie met noodsaaklike farmaseutiese voorrade is by die Durbanse hawe afgelaai. Die operasie is deel van pogings om landwye medisyne-tekorte by staatshospitale en -klinieke te hanteer. Nog drie vaartuie sal na verwagting in die komende dae vasmeer en sewe is op pad na Suid-Afrikaanse hawens. Transnet sê hy gee voorkeur aan noodsaaklike vrag en beoog om ook ander terminale te gebruik om die lewering van noodsaaklike mediese voorrade te verhaas. Intussen het die ANC die publiek gewaarsku om nie medisyne by straatverkopers of ongeverifieerde verkopers te koop nie. ANC-woordvoerder Mahlengi Bhengu het die departement van gesondheid se pogings verwelkom om die tekorte aan te spreek deur middel van noodinvoere en om direkte aflewerings aan gesondheidsfasiliteite te reël:

