
Moenie voor die voet doodmaak
Loading player...
Die bevolkings van verskeie ikoniese plaaslike wildspesies het gegroei, maar bewaringsuitdagings op kommunale sowel as kommersiële grond duur voort. Verlede jaar se nasionale verslag oor die beskerming van wildlewe wys daarop dat die doodmaak van diere wat as bedreigings vir vee en mense beskou word, soos slange en roofvoëls, negatiewe gevolge het. Die spesies speel 'n belangrike rol in ekosisteme. Slangkenner Francois Theart het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.

