
Kiesafdelings 'het nie geld om in basiese behoeftes te voldoen'
Loading player...
Die raadslid van die Mankumpi-kiesafdeling, Lukas Muha, sê beperkte ontwikkelingsfondse maak dit moeilik om inwoners se basiese behoeftes aan te spreek. Hy sê die jaarlikse toekenning van 100 000 Namibiese dollar is beperk tot inkomste-genererende projekte en voedsel- of kontant-vir-werk-programme. Dit beteken probleme soos beskadigde waterpype en onvoldoende watervoorsiening moet na die sentrale regering verwys word.

