Chaos wat Donderdag in die parlement uitgebreek ná ‘n onderonsie tussen die AR-leier Job Amupanda en Speaker Saara Kuugongelwa-Amadhila, maak steeds opslae. Ná hy en nog ‘n AR-parlementslid, Tuhafeni Kalola, hardhandig uit die Nasionale Vergadering verwyder is, moes Kalola mediese behandeling kry, het Amupanda die Huis meegedeel ná verrigtinge hervat…
Meer as 600 miljoen Namibiese dollar se staatseffekte is Woensdag op die Namibiese Aandelebeurs verhandel, die grootste verhandeling in staatseffekte in ‘n enkele dag in die geskiedenis van die NSX. Die uitvoerende hoof van die beurs, Tiaan Bazuin, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is danksy ‘n doeltreffende verhandelingstelsel…
Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering gaan strenger maatreëls instel teen munispaliteite wat nie hulle waterbetalings handhaaf nie. Mashatile het aan die Nasionale Raad van Provinsies gesê waterrade het teen Junie vanjaar, meer as 25 miljard rand aan waterrade geskuld. Hy sê metro's, insluitende Johannesburg en Tshwane in Gauteng, en…
In Amerika het speurders nog nie die persoon gevind wat die konserwatiewe jeugleier, Charlie Kirk, vermoor het nie, maar hulle het beeldmateriaal van hom. Die FBI het ook aangekondig dat hulle 'n wapen herwin het wat hulle meen die moordwapen is. 'n FBI agent, Robert Bohls, het aan die media…
Wat veronderstel was om 'n roetine vraag-en-antwoordsessie in die Nasionale Vergadering te wees, het vanmiddag in chaos ontaard. Spanning het opgevlam toe die AR-parlementslid Tuhafeni Kalola 'n bevel van Speaker Saara Kuugongelwa-Amadhila om die kamer te verlaat verontagsaam het, wat gelei het tot 'n fisiese konfrontasie tussen veiligheidsbeamptes en mede-AR-leier…
Die dodetal het tot vyf gestyg nadat 'n taxi vanoggend in Imbali, Pietermaritzburg, teen 'n kleuterskool vasgejaag het. Meer as tien kinders is beseer. Die bestuurder van die taxi het leerders van verskeie plaaslike skole vervoer, en het beheer verloor op 'n draai voordat die voertuig teen 'n boom gebots…
Dis 'n rit wat die ekstra myl geloop het en meer. Die Elvis Ry vir Skoolgeld-inisiatief het sy fondsinsamelingsteiken verpletter en meer as 1,2 miljoen Namibiese dollar ingebring, heelwat meer as die oorspronklike doelwit van slegs 1 dollar. Die Suid-Afrikaanse sanger Elvis Blue het vandag sy 1 500 kilometer lange…
Namibië ding mee om die presidentskap van die Internasionale Kriminele Polisie-organisasie, Interpol, en die kabinet het die toewysing van fondse goedgekeur indien die land daarin slaag om die posisie tydens die verkiesings wat vir November geskeduleer is, te bekom. Generaal-majoor Anne-Marie Nainda, Adjunk-Inspekteur-Generaal van die Namibiese Polisiemag, sal die land…
Eerste Minister Elijah Ngurare, vergesel deur onderwysminister Sanet Steenkamp en gesondheidminister Esperance Luvindao, het 'n hoëvlakbesoek aan die Namibiese Opleidingsowerheid in Windhoek afgelê. Die besoek het gefokus op die beoordeling van die opleidingsowerheid se kapasiteit om beroepsopleiding landwyd te lewer, 'n belangrike stap in die bevordering van jeugbemagtiging en nasionale…
Die verwoestende brand naby Fransfontein in die Kunene-streek brand nou al meer as 'n week, met geen einde in sig nie. Plaaseienaar Sabine Hoppe-Speer sê byna elke plaas in die gebied is getref, en die bergagtige terrein maak brandbestryding byna onmoontlik. Sy het gesê die brand brand steeds op ten…
Bosbou Suid-Afrika sê aangeplante woude speel ʼn belangrike rol om die land se inheemse bome te beskerm. Suid-Afrika het sowat 1,2-miljoen hektaar kommersiële boomaanplantings in Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, die Oos- en die Wes-Kaap. Die organisasie se direkteur van navorsing en bewaring, Ronald Heath, sê mense kan egter nie langer net…
Die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig 'n geregtelike doodsondersoek na die dood van die anti-apartheidsaktivis Steve Biko in 1977, sal Vrydag heropen word. Biko is dood in polisie-aanhouding in Pretoria ná beweerde marteling. Die NVG se streekswoordvoerder, Luxolo Tyali, sê die geregtelike doodsondersoek, ondersteun deur die Ministerie van Justisie, is daarop…
Poolse en Navo-magte het geskarrel om Russiese hommeltuie te onderskep wat Pole se lugruim vroeg Dinsdagaand en vroeg Woensdag binnegekom het, wat hul eerste direkte militêre betrokkenheid by Moskou was sedert die Kremlin se volskaalse inval in Oekraïne in 2022 begin het. Militêre ontleder Michael Clarke het 'n opdatering aan…
Voormalige Minister van Mynbou en Energie, Tom Alweendo, sê die waterstofsektor kry momentum. Meer as 75 lande neem hierdie week deel aan die Globale Afrika-waterstofberaad in Windhoek, en demonstrasies soos waterstofaangedrewe ystervervaardiging toon dat die sektor vorder. In 'n onderhoud met The Brief het Alweendo beklemtoon dat dit tyd is…
Die DA sê die groeiende aantal meisies onder 16 wat in Suid-Afrika swanger is en geboorte gee, is uiters ontstellend. Die party het begin met 'n nasionale ondersoek na die swangerskap-pandemie onder kinders. Die DA-lid, Alexandra Abrahams, sê in die Oos-Kaap was daar vanaf April tot Julie vanjaar 'n verbysterende…
Desperate inwoners van Windhoek se informele nedersettings bou onwettige toilette en tap by kraglyne in en sê hulle het geen ander keuse nie. Om rivierbeddings te gebruik om hulself te verlig het gevaarlik geword, met misdadigers wat hulle snags teiken. In Otjomuise het 'n vrou haar eie toilet vir 4…
Die Konstitusionele Hof het in 'n gedskundige beslissing gelas mans mag kragtens wet die vanne van hul vrouens aanneem, en dele van Artikel 26 van die Wet op die Registrasie van Geboortes en Sterftes ongrondwetlik verklaar. Dit volg nadat twee paartjies aangevoer het die wet kom neer op geslags-diskriminasie. Regter…
Die Stad Windhoek het in 2022 'n resolusie aanvaar wat inwoners toelaat om 10-meter-gedeeltes van openbare grond te koop om hul erwe uit te brei. Nou bied LPM-raadslid Sade Gawanas inligtingsessies in Katutura aan om bewustheid oor hierdie opsie te verhoog. Die sessies het reeds begin en sal tot Sondag…
11 Sep 5AM
1 min
2480 – 2500
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.