Sokker: Bafana Bafana speel vandag in Bloemfontein teen Nigerië, wetende dat 'n oorwinning regstreekse kwalifikasie vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi sal verseker - mits geen strafpunte afgetrek word nie. FIFA moet nog beslis of Suid-Afrika drie punte moet verbeur vir die insluiting van die geskorste Teboho Mokoena in die span…
Met Amnestiemaand in September, moedig die Namibiese polisie die publiek aan om onwettige vuurwapens en ammunisie aan die polisie te oorhandig sonder vrees vir vervolging. Hierdie inisiatief, deel van die Afrika-Unie se "Maak die Gewere Stil"-veldtog, is daarop gemik om openbare veiligheid en vrede te bevorder deur die aantal onwettige…
President Cyril Ramaphosa het die president van Brasilië, Lula da Silva, se beroep vir 'n wapenstilstand in Gaza en die erkenning van self-beskikking vir Palestina, ondersteun. Hy het gedurende 'n buitengewone virtuele vergadering van die BRICS-leiers gesê blywende vrede is nodig vir 'n tweestaat-oplossing. Hy het Suid-Afrika se ondersteuning vir…
Namibië se stryd teen voorkombare sig verlies het sopas 'n groot hupstoot gekry. Dr. Helena Ndume het haar 2025 Oogkamp afgesluit, met 'n suksesvolle sessie by die Onandjokwe-hospitaal in die Oshikoto-streek. Die internasionaal bekroonde oogarts het gratis sigherstellende operasies uitgevoer. Met die ondersteuning van vennote in die VSA, Oostenryk en…
Markonsekerheid vertroebel steeds die vooruitsigte vir globale oliepryse. Oliepryse het Maandag effens gestyg, gedryf deur toenemende kommer oor moontlike bykomende sanksies op Russiese ru-olie. Ekonoom Dawie Klopper het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hoewel 'n swakker dollar hoër kommoditeitspryse – insluitend olie – ondersteun het, verhoogde Opul-produksie, al is…
Namibiese weduwees staar verskeie uitdagings in die gesig, insluitend die verlies van hul oorlede eggenote se eiendom soos vee en boerderytoerusting, tesame met ekonomiese probleme en sosiale stigma. Die probleme word dikwels vererger deur tradisionele gewoonteregwette wat nie deursigtig is nie en skoonouers in staat stel om eiendom te konfiskeer…
Die IPC het hom teen die aanstelling van Marina Kandumbu as waarnemende administrateur van die Katima Mulilo-stadsraad uitgespreek. Die IPC se skaduminister van justisie, Elvis Lizazi, sê die besluit van die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, weerspreek sy teenkorrupsie-standpunt direk. Kandumbu is in 2014 aan korrupsie skuldig…
Die Springbok-vroue se afrigter, Swys de Bruin, sê daar is baie positiewe dinge om te neem uit hul laaste groep D-Wêreldbekerwedstryd teen Frankryk in Northampton. Suid-Afrika het 'n teleurstellende nederlaag van 57-10 teen Les Bleues gely en kom Saterdag teen die verdedigende kampioen, Nieu-Seeland, te staan in die kwarteindronde. De…
Die Namibia Business Angel Network het saam met Bellatrix SME Finance en Bellatrix Investment Managers 'n driejaar-inisiatief aangegaan om 450 000 Namibiese dollar in vroeëfase-innovasie te belê. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het SMEs Compete se Danny Meyer gesê dat waagkapitaalbelegging 'n baie belangrike instrument is om entrepreneurs…
Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het in 'n eksklusiewe onderhoud met ABC News se This Week-program gesê hy sal nie na Moskou gaan om 'n skietstilstand-ooreenkoms te bespreek, soos Russiese president Vladimir Putin voorgestel het nie. Hy het bygevoeg dat Putin Kiëf kan besoek.
Die Chinese president, Xi Jinping, sê BRICS-lande moet verenig om multi-lateralisme te verdedig, oop handel te bevorder en samewerking vir gedeelde ontwikkeling te versterk. Hy het met die hulp van 'n tolk gepraat tydens die virtuele BRICS-leiersberaad en gewaarsku handelsoorloë en versperrings ontwrig die wêreldekonomie. Xi het lidlande aangespoor om…
Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram en die Britse Hoë Kommissariaat het 'n besoek aan Ikokola Village in Omusati afgelê om die vordering met 'n kritieke geïntegreerde voedselstelselprojek by die Mateus Nashandi Gekombineerde Skool te beoordeel. Sedert 2023 het die inisiatief skoolvoeding versterk, voeding verbeter en plaaslike landbou-ontwikkeling ondersteun. Theodor Uukongo…
'n Nuwe studie deur die Universiteit Stellenbosch toon pa's se drankgebruik kan kinders se groei en ontwikkeling benadeel. Navorsers het bevind pa's wat baie drink tydens 'n swangerskap word gekoppel aan kinders wat korter is, kleiner koppe het en laer punte op die verbale Intelligensie-kwosiënt behaal. Marlene de Vries van…
Die Wêreld Afrika-waterstofberaad begin vandag in die hoofstad, en duur tot Donderdag. Dit word met die tema, Ambition in Action: Fuelling Africa’s Green Industrialisation, the Strategic Conference. Die kommersiële bestuurder van DMG Events, William Shilamba, sê die beraad sal die saak vir waterstof en hernubare energieë stel as 'n onderliggende…
Amerikaanse president Donald Trump het op die Andrews lugmagbasis met verslaggewers gepraat na Rusland se aanval op Kiëf oor die naweek. Hy het op 'n vraag of dit hom minder vertroue in die Russiese president Vladmir Putin gee, gesê niemand het sterker teen Rusland opgetree as hy nie. Hy het…
Die Madlanga-ondersoekkommissie sê sy aanbevelings sal nie bindend wees nie en slegs as riglyn vir president Cyril Ramaphosa dien. Die kommissie moet KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se bewerings van misdadigheid, politieke inmengery en korrupsie in die polisie ondersoek. Hy sal die eerste getuie wees wanneer die verhore volgende Woensdag…
Die Nasionale Teater van Namibië bied 'n nuwe dansteaterproduksie met die titel “LAND” aan, wat van 2 tot 4 Oktober opgevoer word. Die produksie, gechoreografeer deur die bekende Namibiese kunstenaar Haymich Olivier, konfronteer die diepgewortelde kwessies van grondontneming, gedwonge hervestiging en hul blywende impak op generasies. Desiree Mentor, die woordvoerder…
Meatco het aangedui dat hulle begroot het om 75 000 beeste te slag vir die finansiële jaar wat einde Januarie 2026 eindig. Tot dusver het die maatskappy meer as 25 000 diere van beide suid en noord van die veeartsenykundige kordonheining geslag. Die voormalige landbouminister, Calle Schlettwein, het egter aan…
9 Sep 12AM
1 min
2560 – 2580
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.