Die All Blacks moes hard teen die Springbokke veg om 'n 24-17 oorwinning op Eden Park in Auckland te behaal, in hul eerste 2025 Rugbykampioenskapswedstryd. Die All Blacks is nou vir 51 wedstryde onoorwonne op die Eden Park stadion. Nieu-Seeland het in die eerste helfte oorheers met drieë deur Emoni…
President Donald Trump sê stralers van Venezuela wat oor Amerikaanse vlootskepe vlieg en dit bedreig, sal afgeskiet word. Die president se waarskuwing kom nadat Venezuela vir die tweede keer in twee dae militêre vliegtuie naby 'n Amerikaanse vaartuig naby Suid-Amerika laat vlieg het. Dit volg ná Amerika vroeër die week…
Geskiedenis is Saterdag.in Namibiese skolerugby geskryf toe Privaatskool Moria van Outjo die eerste keer die onder-19 Superliga gewen het. Die dorp was 51 jaar gelede in die topliga se eindstryd. Moria het verdedigende kampioene Windhoek Hoërskool in 'n naelbytstryd met 55-40 geklop. Hulle was halftyd met sewe punte agter. WHS was…
Erge veldbrande woed steeds onverpoos op verskeie plase in die Khomas-streek en berigte van groot skade sirkuleer wyd op sosiale media en WhatsApp-groepe. Teen Saterdagaand het die brand na die Daan Viljoen-omgewing versprei. In die Khorixas-omgewing duur ‘n veldbrand reeds verskeie dae oor ‘n baie groot gebied. Terugvoering uit Kunene…
Namibië is op hoë gereedheidsgrondslag namate 'n ernstige bek-en-klouseer-uitbreking deur Suid-Afrika versprei, met meer as 270 gevalle wat in vyf provinsies aangemeld is. In reaksie hierop het die plaaslike Direktoraat van Veeartsenykundige Dienste reisregulasies verskerp en die invoer van alle produkte van gesplete hoefdiere sonder 'n veeartsenykundige invoerpermit verbied. In…
Huldeblyke vir Namibië se musiek-ikoon Ras Sheehama, wat sy eie lewe geneem het, stroom in. Volgens die polisie is Sheehama se liggaam Vrydagoggend in ‘n huis in Windhoek gevind. Daar was ‘n selfdoodbrief en die polisie vermoed geen vuilspel nie. As 'n baanbrekersfiguur in Namibiese musiek, sal Sheehama onthou word…
My F*k, Marelize – die Afrikaanse fliek wat oor ‘n Namibiese gesin handel – het reeds meer as ‘n miljoen rand by die loket in Suid-Afrika verdien en is boaan die lys van gewildste flieks in die buurland. Dit is die eerste keer sedert sedert 2016 dat ‘n Afrikaanse rolprent…
Amerika se president Donald Trump het Vrydag ‘n uitvoerende bevel in die Withuis geteken wat die Departement van Verdediging se naam na die Departement van Oorlog verander. Amerikaanse media verwag dit sal nagenoeg een miljard Amerikaanse dollar kos om die name te verander van honderde agentskappe, embleme, e-posadresse en uniforms…
Die DA sê die Mededingingskommissie se verslag oor lewenskoste bevestig die ANC het sedert 2020 'n mislukte elektrisiteitsbeleid gedryf met pryse wat met 68 persent opgegaan het, meer as dubbeld dié van inflasie. Die party voer aan gesinne word gedwing om tussen kos en elektrisiteit te kies. Die DA-lid, Kevin…
Namibië se Fifa-wêreldbekerdrome het Vrydag ‘n groot terugslag beleef toe die Brave Warriors hul wedstryd teen Malawi in Botswana met 2-1 verloor het. Die Warriors se volgende uitdaging wag Dinsdag op hulle wanneer Namibië teen São Tomé en Príncipe te staan kom. Afrigter Collin Benjamin het Vrydag ná die wedstryd…
Die gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaar en fietsryer Elvis Blue reeds byna die helfte van die roete van 1 500 km van Stellenbosch na Windhoek voltooi om skoolgeld vir kinders in Namibië en Suid-Afrika in te samel. Sy Vrydag op sy fiets het só verloop:
Motorongelukke in die hoofstad het Vrydagaand die meeste van die Copps 94.1-span se tyd in beslag geneem. Veral padtekens en paaie waaraan gewerk word, het motoriste onverhoeds betrap. Senior inspekteur Silas Shipandeni van die Namibiese polisie doen verslag:
Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie het die lae rentekoers van 4 persent op lenings van die Nasionale Jeug-entrepreneurskapfonds verwelkom. Finansminister Ericah Shafudah het aangekondig dat die regering hierdie vaste koers as 'n vorm van gerigte lenings bekendstel om jong entrepreneurs te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het met Nanso se president, Dorothea…
Die burgerregtegroep AfriForum vra 'n nasionale ondersoek na die polisie se betrokkenheid by veediefstal. Dit volg ná die inhegtenisneming van Konstabel Siyabonga Cindi van die veediefstaleenheid op Standerton, wat beskuldig word van die diefstal van beeste ter waarde van 450-duisend-rand. AfriForum het vorige veroordelings en inhegtenisnemings aangehaal van polisiebeamptes wat…
Hierdie September roep die Kankervereniging van Namibië die nasie op tot aksie met hul "Geel en Goud vir Kinderkankerbewustheid"-veldtog. Volgens die Kankervereniging staar vyf Namibiese gesinne elke week die hartseer van 'n kinder-kankerdiagnose in die gesig. Van kolwyntjieverkope tot gesinspretdae, is geleenthede regoor die land daarop gemik om fondse in…
Die Stampriet Akwifeer Uraanmynbouvereniging, Sauma, daag Tobie Aupindi, voorsitter van die parlement se Natuurlike Hulpbronnekomitee, uit nadat hy teenkanting teen 'n uraanmyn naby Leonardville afgemaak het as 'n gebrek aan wetenskaplike bewyse. Die vereniging sê daardie bewering is ver van die waarheid – en noem meer as 100 kundigeverslae wat…
Lede van alle vlakke van die Swapo-party, saam met senior regeringsamptenare en familielede, het by Ohakweenyanga Village No. 1 naby Ondangwa vergader vir die staatsbegrafnis van die omstrede voormalige leërhoof, Solomon ‘Jesus’ Hawala. Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, het Hawala tydens die seremonie geprys vir sy bydraes tydens die bevrydingstryd.
Die vakbondfederasie Saftu is woedend oor die toenemende werksverliese wat elke sektor van die land se ekonomie verwoes. ArcellorMittal SA sluit teen die einde van September wat tot 3 500 werksverliese sal lei. Die Ford Motor-maatskappy in Suid-Afrika gaan 474 mense aflê by sy aanlegte in Pretoria en Gqeberha. Saftu-woordvoerder,…
Gesondheidsowerhede in die Demokratiese Republiek van die Kongo het ʼn uitbreking van die Ebola-virus in die Kasai-provinsie verklaar. In Bulape en Mweka is 28 vermeende gevalle en 15 sterftes, insluitend vier gesondheidswerkers, aangemeld. Die land se vorige Ebola-uitbreking was in April 2022. Die Wêreldgesondheidsorganisasie se streeksdirekteur vir Afrika, Mohamed Janabi,…
5 Sep 9AM
1 min
2620 – 2640
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.