Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2720 – 2740

Landbou frons oor gronduitsprake in Zim

In Suid-Afrika sê die landbou-organisasie TLU SA president Cyril Ramaphosa se opmerkings tydens die opening van die 115de Zimbabwe Landbouskou was duidelik oor wat gedoen sal word. Ramaphosa het Zimbabwe se pogings om grondbesitpatrone wat die wit minderheid bevoordeel het om te keer, beskryf as noodsaaklik vir historiese geregtigheid, voedselsekerheid…
2 Sep 11PM 1 min

Watervoorsiening in Whk-distrik onder die loep

Khomas-goewerneur Sam Nujoma het die plase Arovley, Nauaspoort en Khanumeb in die Windhoek landelike kiesafdeling besoek as deel van sy streeksbewustheidsprogram om die uitdagings waarmee inwoners te kampe het, beter te verstaan. Een van die grootste bekommernisse was die voorsiening van waterdienste. Nujoma het 'n probleem hiermee aan die inwoners…
2 Sep 11AM 1 min

De Lille ontbind SA Toerismeraad oor onreëlmatighede

Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, sê sy het die Suid-Afrikaanse Toerismeraad ontbind ná 'n verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid oor onreëlmatige uitgawes, insluitend die mislukte Tottenham Hotspur-borgskap. De Lille het die voorsitter van die portefeuljekomitee oor Toerisme toegespreek en bewerings van politieke inmenging en korrupsie van die hand…
2 Sep 11AM 1 min

#BeFree Cares Clinic-uitreik behaal groot sukses

Byna 950 studente en gemeenskapslede het toegang tot noodsaaklike seksuele en reproduktiewe gesondheidsdienste verkry tydens die #BeFree Cares Clinic-uitreik van 18 tot 22 Augustus in die Oshana-streek. Die weeklange veldtog het vyf tersiêre instellings betrek, wat die derde streekstop in 'n groeiende nasionale poging was om die jeug met gesondheidsorg…
2 Sep 11AM 1 min

NBC senior bestuurders verdien N$750 000 bo limiet, hoor NV

Dit was vanmiddag 'n vurige begin vir die 2de Sitting van Namibië se 8ste Parlement, toe die IPC-skaduminister van inligting John-Louw Mouton ernstige kommer uitgespreek het oor die finansiële bestuur van die Namibiese Uitsaaikorporasie. Mouton het bevraagteken waarom, ten spyte van NBC se voortgesette afhanklikheid van regeringsreddingsboeie, sommige senior bestuurders…
2 Sep 10AM 1 min

Landbouministerie, Unam gaan saamwerk by groenskemas

Die ministerie van landbou het 'n komende vennootskap met die Universiteit van Namibië aangekondig wat daarop gemik is om boere-opleiding te versterk en produktiwiteit in die land se groenskemas te verhoog. Landbouminister Inge Zaamwani het aan die einde van 'n presidensiële besoek aan die groenskemas in die noordelike streke die…
2 Sep 10AM 1 min

Vere word reggeskud vir Erongo-ekspo

Opwinding bou op vir die 17de Erongo Besigheids- en Toerisme-ekspo, wat van 28 Oktober tot 1 November by die Walvisbaai-burgersentrum plaasvind. Met die tema "Drywing van Innovasie en Bevordering van Namibië se Blou Ekonomie en Werkskeppingsgrense", belowe die ekspo 'n vertoonkas van besigheid, toerisme en innovasie van regoor die land…
2 Sep 10AM 1 min

Vleisinvoerders bly oor bek-en-klouvordering

Die Vereniging van Vleisinvoerders en -uitvoerders sê die landbouminister, John Steenhuisen, erken dat die bek-en-klouseer 'n nasionale noodsituasie is, en sê die vordering met 'n oplossing vir die uitbreking is bemoedigend. Daar is tans 274 uitbrekings in vyf provinsies, waarvan 180 in KwaZulu-Natal is. Die uitvoerende hoof van die vereniging,…
2 Sep 9AM 1 min

Okahandja-jeug aangespoor om Nasionale Jeugfonds te gebruik

Jongmense in Okahandja het begin voorberei om gebruik te maak van die Nasionale Jeugfonds van 257 miljoen Namibiese dollar, wat deur die regering gestig is om jeugwerkloosheid te bekamp. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die gemeenskapsaktivis Sydney Gariseb die jeug aangespoor om hierdie geleentheid aan te gryp…
2 Sep 8AM 1 min

DA soek hersiening van Eskom-Nersa-skikking

Die DA sê hy het die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor elektrisiteit en energie, Queenie Mvana, gevra vir ʼn dringende hersiening van die skikkingsooreenkoms tussen Eskom en die energiereguleerder. Nersa het 'n skikking van 54 miljard Suid-Afrikaanse rand met die kragvoorsiener buite die hof bereik ná foute in die…
2 Sep 8AM 1 min

Hou jouself só aanlyn veilig: Cran

Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, het kommer uitgespreek oor die toenemende aantal aanlyn-swendelary in die land. In die lig hiervan dring die owerheid aan op verbeterde aanlyn-sekuriteit en groter digitale insluiting. Een aanbevole maatreël is die registrasie van SIM-kaarte. Cran se uitvoerende beampte vir kommunikasie en verbruikersverhoudinge, Mufaro Nesongano, deel…
2 Sep 7AM 1 min

Cosatu bekommerd oor werksverliese weens tariewe

Cosatu sê Suid-Afrika se ekonomiese krisis gaan vererger ná Amerika se instelling van handelstariewe van 30-persent. Die vakverbond sê hy is bekommerd oor die moontlikheid van aansienlike werksverliese as gevolg van hierdie tariewe op die land se uitvoere na die wêreld se grootste ekonomie. Cosatu-woordvoerder, Zanele Sabela, sê die verwoestende…
2 Sep 7AM 1 min

Bande tussen Namibië en EU versterk

Die vennootskapsdialoog tussen die Europese Unie en Namibië het op 'n hoë noot afgesluit, met beide kante wat hul sterk bande en gedeelde visie vir volhoubare ontwikkeling herbevestig het. Die vennote het nouer koördinering oor vrede, veiligheid en klimaataksie belowe, terwyl hulle multilaterale waardes en menseregte handhaaf. Selma Ashipala-Musavyi, die…
2 Sep 7AM 1 min

NamPost stel nuwe digitale rekening bekend

NamPost, in vennootskap met die finansministerie, is besig om 'n nuwe digitale toelae-rekening bekend te stel. Dit is volledig biometries, gereed vir kitsbetalings en gratis vir begunstigdes. Die rekening sal gebruikers ook toegang gee tot spaar-, versekerings- en leningsprodukte, terwyl dit steeds voldoen aan nasionale bankregulasies. Nampost-woordvoerder Gladwin Groenewaldt het…
2 Sep 6AM 1 min

NV vanmiddag weer terug in tuig

Die Nasionale Vergadering van Namibië sal vandag weer byeenkom vir die 2de Sitting van die 8ste Parlement, met verrigtinge wat geskeduleer is om stiptelik om 14:30 te begin. Die Nasionale Vergadering het op 10 Julie 2025 verdaag. Die woordvoerder van die Nasionale Vergadering, Sakeus Kadhikwa, het met Kosmos 94.1 Nuus…
2 Sep 6AM 1 min

September is tyd vir leer, skep en kultuur!

Die Kavango-Wes Onderwysdirekoraat het amptelik Septembermaand bekendgestel as 'n landwye viering van lewenslange leer, kultuur en kreatiwiteit. Onder leiding van die onderwysministerie se lewenslange leer-afdelings, sal al 14 streke geleenthede soos die Volwasse Geletterdheidsweek, Leesmaraton, Erfenisweek en Kunstevieringsweek aanbied. Die ministerie se woordvoerder, Ester Angula, het met Kosmos 94.1 Nuus…
2 Sep 5AM 1 min

EU-president geteiken in GPS-peutering

ʼn Vliegtuig met die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, aan boord, se GPS-navigasiestelsel is Sondag geteiken, maar dit het veilig in Bulgarye geland. Bulgaarse owerhede vermoed Rusland sit agter die voorval. Von der Leyen is ʼn groot ondersteuner van Oekraïne terwyl Kiev probeer om homself teen Moskou…
2 Sep 5AM 1 min

Putin hou Trump aan ‘n lyntjie, sê kenners

Russiese president Vladimir Putin het by die Shanghai Samewerking-organisasie se beraad in China gesê hy en Amerikaanse president Donald Trump het in Alaska tot 'n verstandhouding gekom oor 'n einde aan die oorlog in Oekraïne. Analiste glo egter dat Putin die opperhand het en Trump aan 'n lyntjie hou. Dit…
2 Sep 4AM 1 min

Rompslomp kelder vordering met behuising op Walvis

Die Backyard Tenants-groep in Walvisbaai, wat deel 19 van Farm 37 gekoop het, sê daar is vertragings in dorpsgoedkeurings. Die groep se Immanuel Festus sê die meeste huise is reeds voltooi, maar hul gedeelte word vertraag deur wat hy noem onnodige prosedures tussen die dorpsraad en lynministerie. Ongeveer 60 persent…
2 Sep 4AM 1 min
2720 – 2740