Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die balju's van die hof sal binnekort uitsettingskennisgewings aan honderde buitelandse burgers in Openbare Werke se tentkampe in Wingfield in Maitland oorhandig, en Paint City in Bellville, wat deur die stad besit word. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het toestemming verleen vir die verskuiwings wat…
Oscar Piastri van McLaren het ʼn dramatiese Nederlandse Grand Prix gewen en sy sewende oorwinning van die seisoen behaal. Sy spanmaat, Lando Norris, wat tweede kon klaarmaak, moes agt rondes voor die einde onttrek weens ʼn olielek. Max Verstappen van Red Bull was tweede en die Racing Bulls-renjaer, Isack Hadjar,…
Die Kanadese maatskappy, Oregen Energy, is optimisties oor die vooruitsigte vir die ontdekking van olie in ‘n eksplorasieblok in die Oranje-kom aflandig Namibië. Oregen het ‘n indirekte belang van bykans 34% in Blok 2712A. Volgens die uitvoerende hoof van Oregen, Mason Granger, neem die vraag na olie internasionaal toe en…
Die regering gaan meer as 200 miljoen Namibiese dollar in sport-infrastruktuur landswyd belê, sê eerste minister Elijah Ngurare. Ngurare het Saterdag in ‘n toespraak in die Oshihepo-nederstetting in Ohangwena gesê dié ontwikkelingsprojek gaan reeds in die huidige begrotingsjaar geïmplementeer word. Elke kiesafdeling in die land gaan oor ‘n basiese sportstadion…
Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sê hulle beskou die ANC steeds as vennoot, ondanks planne om onafhanklik aan die 2026-plaaslike verkiesing deel te neem. Woordvoerder Mbulelo Mandlana het aan SABC News gesê die alliansie is gewortel in 'n breër politieke program wat verder strek as verkiesings. Mandlana het erken dat die…
Action Society sê die moordsyfer in Suid-Afrika is tans hoër as die sterftes deur wêreldwye terrorisme. Die burgerregtegroep sê verlede jaar is meer as 26 000 mense vermoor, byna vier keer meer as die dodetal weens wêreldwye terreur. Juanita du Preez van Action Society waarsku geweldsmisdaad het in die afgelope…
Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het 111 nuwe opwekkingsfasiliteite in die eerste kwartaal van 2025/26 geregistreer om die energiesektor 'n hupstoot te gee. Dit beloop altesaam1 916 megawatt met 'n geraamde belegging van 51,9 miljard rand. Nersa-woordvoerder Charles Hlebela sê die energiereguleerder het 'n gemiddelde ommeswaai van elf werksdae behaal,…
Net agt uit die 12 inskrywings in die Shell V-Power/M+Z nasionale tydrenkampioenskappe op Grootfontein kon die mas opkom. Dié tydren oor 10 trajekte het Saterdag op die noordedorp plaasgevind. Francois Lottering van MotorMedia Namibia het die uitslae:
Die Wes-Kaapse LUR vir mobiliteit, Isaac Sileku, het die Hooggeregshof se dringende interdik teen die Cape Amalgamated Taxi Association en die Cape Organisation for the Democratic Taxi Association verwelkom ná voorvalle in Philippi-Oos, Khayelitsha en Macassar, waarin vyf mense dood en nege beseer is. Sileku sê dit dwing nakoming af…
In motorsportnuus is die Shell V-Power M&Z-tydren in volle swang op Grootfontein. Dit is die vierde been van die nasionale kampioenskappe. Twaalf spanne het ingeskryf, maar een moes reeds onttrek. Francois Lottering van MotorMedia Namibia het meer:
Voormalige ombudsman John Walters het die langverwagte veranderinge aan eiendomsbeslagleggingswette geprys. Leners moet nou in kennis gestel word, in die hof aangehoor word, en eiendomme kan nie onder markwaarde verkoop word sonder twee onafhanklike waardasies nie. Dit, het Walters aan Kosmos 94.1 Nuus gesê, verdien applous.
Vandag is die Internasionale Dag van die Slagoffers van Gedwonge Verdwynings. Hierdie Verenigde Nasies-herdenking beklemtoon die ernstige ongeregtighede en lyding wat aan slagoffers en hul families wêreldwyd veroorsaak word, en om aksie te bevorder om dié misdaad teen die mensdom te voorkom. Dr. Leefa Martin 'n oorlewende van Swapo se…
Teaghan Beresford, ‘n 15-jarige Swakopmunder, het die eerste Namibiër geword om die Noordpool te besoek. Sy was deel van ‘n 66 skoolkinders van 21 lande wat gekies is om aanboord ‘n Russiese kern-ysbreker na die Noordpool se reis vir die sesde internasionale artiese ekspedisie, of te wel die “Icebreaker of…
Die minister van polisie, Firoz Cachalia, het 'n gedetailleerde verslag van die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola oor die taakspan vir politieke moorde aangevra. Dit volg ná die terugbesorging van 121 dossiers aan die span te midde van bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Cachalia sê die saak is van…
Die Beyond Barriers pediatriese terapiesentrum, 'n eerste van sy soort in die SADC-streek, open vandag sy deure in Swakopmund, wat 'n geskiedkundige stap nader aan inklusiewe gesondheidsorg en hoop vir kinders met verskillende neurogestremdhede en hul gesinne aandui. Kosmos 94.1 Nuus het met Anthea Kostin, medestigter van Beyond Barriers, gepraat.
‘n Aanranding en motorongeluk was van die insidente wat die Copps 94.1-span Vrydagaand in Windhoek moes hanteer. Kosmos 94.1 se Darren Smith was op die toneel en doen verslag:
Meer inligting is bekend oor die kommentaar deur die Studente-unie van Namibië wat die gebruik van skoolleerders deur politici vir persoonlike gewin veroordeel. Die unie se voorsitter Bernard Kavau waarsku dat dit die kinders kan blootstel aan afknouery. Hy verduidelik in ‘n onderhoud met die nasionale uitsaaier.
Die Tuinroete-munisipaliteit het ʼn splinternuwe platform geskep om indringerplante uit te roei. Die platform het ʼn waagmoedige, voorlopige visie om 30-persent van die indringerplante op die Tuinroete teen 2030 uit te wis. Dit sal die bewaring van biodiversiteit, watersekerheid en vermindering van veldbrande ondersteun. Burgemeester Andrew Stroebel sê indringerplante het…
Die Capricorn-stigting het 300 000 Namibiese dollar aan die Women at Work-opleidingsentrum geskenk, wat die totale ondersteuning sedert 2022 op 1,5 miljoen dollar te staan bring. Die sentrum, wat in 2009 gestig is, lei ongeskoolde vroue op in gasvryheid, kleremaak en lewensvaardighede. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Danny Meyer…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.