President Netumbo Nandi-Ndaitwah se besluit om 'n staatsbegrafnis aan voormalige weermaghoof Solomon Hawala te gee, het Swapo 'n langdienende partylid gekos. Politieke ontleder dr. Henning Melber, wat al meer as 50 jaar 'n Swapo-lid was, het sy bedanking by Nandi-Ndaitwah ingedien. Hy verduidelik sy redes.
Berigte dat die polisie beslag gelê het op 55 Cytotec-pille, wat algemeen vir tuisaborsies gebruik word, het die debat oor wettige aborsies weer aangewakker. Mediese dokter en voormalige minister van gesondheid, Bernard Haufiku, beklemtoon dat tuisaborsies onveilig is en deur 'n omvattende, beleidsgedrewe benadering aangespreek moet word. Haufiku het met…
Die vakbond wat kommunikasiewerkers verteenwoordig, CWU, doen 'n beroep op die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, om dringend in te gryp in die SABC se afleggingsplan. Die openbare uitsaaier beplan om verkoopspersoneel af te dank as deel van die herstrukturering om sy finansiële uitdagings aan te spreek. Die SABC het laas…
Die sesmalige MotoGP-kampioen, Marc Márquez, het die Oostenrykse Grand Prix gewen in sy eerste oorwinning in die Red Bull Ring. Die Ducati-ryer het die voorloper Marco Bezzecchi in die 20ste ronde verbygesteek en sy sesde agtereenvolgende sege van die seisoen behaal. Die nuweling Fermin Aldeguer is tweede en Bezzecchi derde. Die Suid-Afrikaner…
Altesaam 999 vermeende onwettige mynwerkers van verskillende nasionaliteite is in hegtenis geneem tydens die landswye Vala Umgodi-operasie in Julie. 'n Polisiewoordvoerder Vincent Mukhathi sê hulle word aangekla van onder meer moord, poging tot moord, diefstal van minerale, en die onwettige besit van plofstof, vuurwapens en goud:
Die ontwikkeling van nywerheid in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap bly ‘n kernprioriteit, sê die uittredende SADC-voorsitter, president Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe. Tydens die opening van die 45ste Spitsberaad van Staats- en Regeringshoofde in Madagaskar gesê. Kollektiewe pogings vir waardetoevoeging tot natuurlike hulpbronne en meer handel moet opgeskerp word, sê Mnangagwa. Hy…
Die Verenigde Nasies het sy waarskuwing herhaal dat sonder 'n dringende en onbeperkte hulp, Gaza se reeds ernstige humanitêre krisis verder kan vererger. Van die 12 hulpsendings wat hierdie week deur koördinering met die Israelse regering moes funksioneer, is slegs vyf gediens. Vier is gekanselleer en drie is belemmer. Dit…
Die vakbondfederasie, Saftu, sê die Marikana-slagting was nie 'n tragiese ongeluk nie, maar 'n voorbedagte daad van staatsgeweld om kapitaal te beskerm. Saterdag was dit 13 jaar sedert die polisie 34 stakende mynwerkers in Marikana, Noordwes, doodgeskiet het. Nog tien mense, insluitend polisie- en veiligheidsbeamptes, is in die weke voor…
President Netumbo Nandi Ndaitwah en haar Suid-Afrikaanse eweknie Cyril Ramaphosa sal vandag die 45ste Spitsberaad van Staats- en Regeringshoofde van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in Madagaskar bywoon. Die tema van die beraad is Bevordering van Industrialisering, Landbou-transformasie en Energie-oorgang vir 'n Veerkragtige SADC. Die Suid-Afrikaanse presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die…
Die nasionale federasie vir e-taxis doen 'n beroep op die regering en die departement van vervoer om alle nie-voldoenende en kriminele elemente in die openbare vervoersektor uit te roei. Daar is 'n voortdurende stryd tussen die taxi- en e-taxi-bedryf. Woensdag is 'n e-taxibestuurder by die Maponya-winkelsentrum in Soweto doodgeskiet toe…
Die bestuurstyl van Namibië se groenskema verhoed dat die projekte hul volle potensiaal bereik, sê Tobie Aupindi, die voorsitter van die parlementêre staande komitee vir natuurlike hulpbronne. Dié komitee het die afgelope week die projekte in die Zambezi-, Kavango-Oos- en Kavango-streke besoek om die doeltreffendheid en volhoubaarheid daarvan te bepaal…
Die gesondheidsminister, dr. Esperance Luvindao het die einde van die cholera-uitbreking in die Opuwo-distrik en malaria aangekondig. Sedert Desember is meer as 95 000 malariagevalle en 154 sterftes aangeteken, asook een cholera-sterfte. Luvindao het die publiek gewaarsku om waaksaam te bly en voorkomingspogings voort te sit aangesien die risiko voortduur.
Nust gaan in September geskiedenis maak deur Namibië se heel eerste kankergenomika-konferensie aan te bied, wat wêreldwye kundiges na Windhoek bring om te ondersoek hoe baanbrekende genetiese navorsing kankerdiagnose en behandeling regoor Afrika kan transformeer. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Lamech Mwapagha, programkoördineerder en medeprofessor vir mediese biochemie by…
Die DA in Gauteng doen 'n beroep op die regering vir dringende ingryping om die dodelike konflik tussen taxi en e-taxi bestuurders te beeïndig. Die gevegte het sedert April tot die verlies van 60 lewens gelei. Die party vra dat premier Panyaza Lesufi en die LUR van Vervoer, Kedibone Diale…
‘n Onderwyseres van Otjiwarongo, Gelda Waterboer, maak opslae op TikTok met ‘n liedjie wat kinders bewusmaak van die belangrikheid om hulself teen seksuele uitbuiting te beskerm. Die video wys ‘n singende Waterboer in ‘n klaskamer wat saam met leerders wat luidkeels saamsing. Dit is reeds meer as 50 miljoen keer…
Die ANC het ontken dat daar spanning bestaan tussen president Cyril Ramaphosa en oudpresident Thabo Mbeki. Dit volg op die besluit van Mbeki en sy stigting om aan die tweedaagse nasionale konvensie te onttrek. Groepe soos die Thabo Mbeki-stigting en die Desmond en Leah Tutu-stigting het 'n lang lys kwessies…
Die polisie in Erongo het tot dusver vanjaar op dwelms van meer as drie miljoen Namibiese dollar beslag gelê. Die hoof van die misdaad-ondersoekafdeling, adjunkkommissaris Erastus Iikuyu, sê die streek ondervind sedert 2011 ‘n toestroming in inwoners, wat die misdaadsyfer die hoogte laat inskiet het. Baie van dié mense is…
President Donald Trump sê daar was vordering tydens sy vergadering met sy Russiese eweknie, Vladimir Putin, oor die oorlog in Oekraïne nie, maar geen ooreenkoms is bereik nie. Die leiers het Vrydag in Alaska vir meer as twee en 'n half uur vergader. Trump sê hy is van plan om…
Die Forum for South Africa doen 'n beroep op die regering om die storting van hoenders en varkvleisprodukte van Amerika na plaaslike markte te beeïndig. FOSA waarsku die invoere bedreig plaaslike boere, fabrieke en poste, en kan werkloosheid en armoede vererger. Tebogo Mashilompane van die Forum doen 'n beroep op…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.