Die Bank van Namibië sê dat hul nuwe maandlange Finansiële Insluitingsbewustheidsveldtog daarop gemik is om bewustheid te verhoog, finansiële opvoeding te verbeter en verbruikersbeskerming te versterk. Die veldtog dien as ondersteuning vir die komende Alliance for Financial Inclusion Global Policy Forum in Swakopmund. Die bank se kommunikasiepraktisyn, Josefina Oskar, het…
Die Vryheidsfront Plus sê Suid-Afrika se diplomatieke en handelskrisis kan regstreeks toegeskryf word aan die ANC-regering se voortgesette sosialistiese beleid en mislukte buitelandse beleid. Dit volg nadat Amerika tariewe van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoerprodukte gehef het. Jaco Mulder van die VF Plus sê die minister van Handel en Nywerheid, Parks…
Plot K3 in Mariental, Namibië, is waar die Mariental Vasbyt môre plaasvind. Toegang is 30 Namibiese dollar vir volwassenes, 10 dollar vir skoolkinders, met gratis toegang vir diegene onder sewe. Francois Lottering van Motor Media Namibia het meer.
Die Vryheidsfront Plus waarsku inwoners, veral dié in Ekurhuleni, om voorkomend op te tree te midde van die maseluitbreking in die metro. Altesaam 80 bevestigde gevalle is reeds aangemeld. Die VF Plus-woordvoerder, Jennifer Glover, sê die Gautengse Gesondheidsdepartement hou die situasie dop, maar voeg by ouers en voogde moet waaksaam…
Reaksie stroom in na die Israeliese premier Benjamin Netanyahu gesê het Israel is van plan om volle militêre beheer oor die hele Gaza te neem. Dr. Natalie Roberts van Doctors without Borders UK het aan Britse media gesê dit sal die dood van baie mense beteken.
Suid-Afrika herdenk vandag Vrouedag en die regering sê hierdie jaar kyk na die vordering wat vroue gemaak het in leierskap en die ekonomiese lewe, en die stryd teen geslagsgeweld. Die 2025 Nasionale Vrouedag-vieringe met die tema “Die bou van veerkragtige ekonomieë vir almal" sal by die Nkowankowa Stadion in Tzaneen,…
Die kabinet het amptelik die resolusies aanvaar wat bespreek is tydens die SAOG-oorgrensbewaringsgebiedsberaad van staatshoofde en regeringshoofde. Die beraad het in Mei vanjaar in Harare, Zimbabwe, plaasgevind. Tydens 'n kabinetsinligtingsessie het inligtingsminister Emma Theofelus 'n opdatering gegee oor die resolusies wat aanvaar is.
Die 2025 Brandberg Backyard Ultra, geborg deur RMB Namibia, het oor die naweek ‘n rekordopkoms gehad maar daar is nog. ‘n Twee-dag aanlynveiling ten bate van Save the Rhino Trust, Ocean Conservation Namibia, en Pangolin Conservation Namibia het meer as 174 000 Namibiese dollar ingesamel. Kosmos 94.1 Nuus het met…
President Cyril Ramaphosa het per telefoon met sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, gepraat oor die oorlog in Oekraïne en sake van gemeenskaplike, bilaterale belang. Sedert Rusland se volskaalse inval in Oekraïne het Westerse nasies verreikende sanksies teen Moskou ingestel in ʼn poging om sy oorlogspoging te stuit. Suid-Afrika het egter…
Reaksie word ontvang op Namibiese A2-lamskarkaspryse wat goed presteer teenoor dié van Uruguay, Suid-Afrika en Australië. Namibiese A2-pryse het sover vanjaar gemiddeld 91 dollar 90 sent per kilogram gehaal, 'n groei van 22,79 persent teenoor verlede jaar se pryse. Kosmos 94.1 Nuus het met Ohlthaver en List se uitvoerende hoof,…
Die Bloedoortappingsdiens van Namibië bied môre 'n bloedskenkingskliniek by sy hoofkwartiersentrum in Talstraat by Ausspannplatz aan. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Salmi Shigwedha, bemarkingsbeampte by die diens, wat sê bloedskenkings neem af in die winter weens griep en seisoenale siektes. Shigwedha het meer.
Die Activists and Citizens Forum sê Suid-Afrika het strenger borgtogwette en wetgewing nodig om borgtog vir verdagtes moeiliker te maak. Die forum sê die polisie moet meer moeite doen om goed ondersoekte sake voor te lê sodat die Nasionale Vervolgingsgesag 'n sterker saak voor die hof kan bring. Die woordvoerder…
Ons wip na Israel en eerste minister Benjamin Netanyahu het in 'n onderhoud met Fox News gesê dat Israel van voornemens is om militêre beheer oor die Gaza-strook te neem. Hy het bygevoeg dat Israel dit uiteindelik aan Arabiese magte sal oorhandig wat dit behoorlik sal regeer. Netanyahu het gepraat…
Die Patriotic Alliance het 'n strafregtelike klagte ingedien teen die aanbieders van Open Chat Podcast, Mthokozisi Methula en Sinothando Kama. Hulle het beledigende aanmerkings oor die bruin gemeenskap gemaak wat in 'n episode op sosiale media verskyn het en wyd versprei is. Die aanbieders het intussen om verskoning gevra vir…
Gholf: Die tweemalige major-kampioen, Jon Rahm van Spanje, sê meer moet gedoen word om ander geleenthede te vind vir spelers om wêreldranglys-punte te bekom. LIV Gholf het in Junie weereens aansoek gedoen vir wêreldranglyspunte nadat dit in Oktober 2023 afgekeur is - onder meer omdat daar nie afsnypunte in LIV-toernooie…
Onderwysminister Sanet Steenkamp het 'n beroep gedoen op dringende optrede om leerarmoede in Namibië te beëindig, en genoem dat nege uit 10 Afrika-leerders van 10 jaar oud nie 'n eenvoudige teks kan lees of basiese wiskunde kan doen nie. Tydens die herbekendstelling van die RightStart-program het sy die behoefte aan…
Die IPC kritiseer die adjunkminister van mynbou, Natangwe Ithete, se voorstel vir 'n nuwe beleid wat 51 persent Namibiese eienaarskap in alle nuwe mynbou-ondernemings sal verpligtend maak. Die IPC voer aan dat die beleid beleggers kan afskrik deur die massiewe kapitaal, vaardighede en tegnologie wat buitelandse maatskappye na die bedryf…
President Cyril Ramaphosa en sy Amerikaanse ampsgenoot, Donald Trump, het hulle verbind tot voortgesette bilaterale handelsooreenkomste. Dit volg op 'n telefoongesprek waarin die twee leiers belangrike ekonomiese sake bespreek het, insluitend die nuwe Amerikaanse tariewe van 30-persent op sekere Suid-Afrikaanse uitvoere wat van vandag van krag is. Die woordvoerder in…
Die Stad Windhoek het sy kontantlose buskaartjie-stelsel aangekondig, wat op 11 Augustus in werking sal tree. Daarna sal geen kontantbetalings aanvaar word nie. Passasiers sal nou by busse in- en afklim deur met hul kaarte op die kontantlose stelsel te tik. Dit sal lang rye en tydvermorsing uitskakel. Passasiers sal…
7 Aug 2025 10AM
1 min
3320 – 3340
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.