Die DA sê die Departement van Verdediging het byna 34 miljoen Suid-Afrikaanse rand gemors op 'n luukse huurvlug na Kuba om 'n gradeplegtigheid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag by te woon wat geen operasionele waarde ingehou het nie. Die vlug het meer as 200 personeellede ingesluit, met minstens 25 generaals…
Die Hamas-bestuurde gesondheidministerie in Gaza het Woensdag vyf nuwe sterftes as gevolg van wanvoeding aangemeld. Dit bring die totaal op 193 te staan sedert die begin van die oorlog, insluitend 96 kinders. Die Israeliese weermag weier om verantwoordelikheid te aanvaar dat Gaza op die rand van hongersnood is, en beskuldig…
Reaksie word ontvang op die regering se plan om 51 persent plaaslike besit in nuwe mynbedrywighede. Daar is vrae oor hoe dit sal werk – is dit gratis, die regering of privaat beleggers en indien dan, wie omdat miljoene benodig word. Nietemin die regering werk nog aan die beleid en…
Stygende koste en stagnante lone veroorsaak dat 28 persent van Namibiërs nou staatmaak op verskeie inkomstestrome om te oorleef. Hierdie tendens, bekend as "poly-jobbing", bied buigsaamheid, maar bring ook risiko's soos uitbranding. Om suksesvol te wees, benodig sogenaamde sy-besighede behoorlike beplanning, beskerming en struktuur, want veerkragtigheid moet stabiliteit bou, nie…
Die Padverkeersoortredingsagentskap sal vanaf 1 Desember begin met die inwerkingstelling van die langverwagte strafpuntestelsel, met die aanvanklike inwerkingtreding by 69 munisipaliteite. Die woordvoerder, Monde Mkalipi, het aan Newzroom Afrika gesê 'n verdere 144 munisipaliteite sal vanaf 1 April 2026 volg. Die stelsel teiken ernstige padoortredings wat met hoë padsterftes verband…
Die minister van Handel van Lesotho, Mokhethi Shelile, waarsku dat die vermindering van Amerikaanse tariewe van 50-persent na 15-persent moontlik te laat is om die land se sukkelende tekstielbedryf te red. Maande van onsekerheid het fabrieksluitings en werksverliese tot gevolg gehad. Dié sektor, Lesotho se hoofuitvoerder en grootste privaatwerkgewer, het…
Namport se maatskaplike besteding is in die nuus. Die maatskappy het reeds 58,2 miljoen Namibiese dollar van sy 78 miljoen dollar maatskaplike beleggingsfonds landwyd bestee. Kosmos 94.1 Nuus het met Cliff Shikuambi, Namport se woordvoerder gepraat.
Burgerlike organisasies en kusgemeenskappe het amptelik appèl aangeteken teen die regering se omstrede besluit om goedkeuring te gee vir Shell se Ultra Deep olie- en gasprojek aan die Weskus. Die gebied waar Shell wil ontgin, is tussen Port Nolloth in die Noord-Kaap en Lambertsbaai in die Wes-Kaap. Green Connection se…
Die Namibiese Akkerbouraad het met produsente en handelaars in die Zambezi-streek vergader om sy vyfjaarplan te bespreek, in lyn met NDP6. Die plan is daarop gemik om plaaslike voedselproduksie van 60 persent van totale vraag tot 80 persent te verhoog. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het landbou ook een van haar sleutelprioriteite…
Nog reaksie word ontvang op die opdrag deur die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa, dat alle plaaslike owerhede nie kontrakte met RedForce Debt Management moet hernu of toeken nie. Kosmos 94.1 Nuus het nog reaksie gekry by Immanuel Festus van Walvisbaai se Backyard Tenants-groep.
Die gesondheidsministerie sê daar is ongeveer 161 ongevulde gesondheidsorgposte in die Kunene-streek, as gevolg van die gebrek aan begroting vir nuwe aanstellings. Walters Kamanya, die woordvoerder by gesondheid sê sodra begrotingsverligting beskikbaar gestel word, sal die ministerie 'n wye reeks maatreëls implementeer, soos 'n landelike ontberingstoelaag vir gesondheidswerkers om hulle…
Die gesondheidsministerie sê daar is ongeveer 161 ongevulde gesondheidsorgposte in die Kunene-streek, as gevolg van die gebrek aan begroting vir nuwe aanstellings. Walters Kamanya, die woordvoerder by gesondheid sê sodra begrotingsverligting beskikbaar gestel word, sal die ministerie 'n wye reeks maatreëls implementeer, soos 'n landelike ontberingstoelaag vir gesondheidswerkers om hulle…
Die Oshikoto-goewerneur Sacky Kathindi het vandag sy streeksrede gelewer. Hy het melding gemaak van verskeie infrastruktuur-projekte en suksesse in elektrifisering en sanitasie uitgelig, maar daar is ook uitdagings.
Olimpiese Spele: Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê hy het gedink die Amerikaanse Olimpiese en Paralimpiese Komitee sou sonder sy invloed optree teen transgender atlete wat aan vrouesport deelneem. Hy het 'n uitvoerende bevel onderteken vir die skep van 'n taakmag in die Withuis om die federale regering se voorbereidings…
Namport het meer as 78 miljoen Namibiese dollar aan korporatiewe maatskaplike beleggings toegewys deur sy maatskaplike beleggingsfonds, met die fokus op onderwys, gesondheid en die omgewing. Die maatskappy ken nou 1 persent van sy jaarlikse inkomste toe aan maatskaplike projekte, wat sy 2025/26-begroting hiervoor tot 19 miljoen dollar verhoog het…
’n Ondersoek het onthul dat die uitvoerende hoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust, Tebogo Malaka, en die instelling se woordvoerder, Phasha Makgolane, 'n joernalis van Daily Maverick, Pieter-Louis Myburgh, 60 000 Suid-Afrikaanse rand se omkoopgeld aangebied het om ʼn ondersoek te laat vaar. Die ondersoek gaan oor Malaka se eiendomstransaksies en…
Amerika se gesant by die Verenigde Nasies, Dorothy Shea, sê terwyl druk op Hamas nodiger as ooit is, het sommige begin om Hamas aan te moedig en onderhandelaars se pogings te ondermyn. Dit volg nadat lande soos Frankryk, die Verenigde Koninkryk en Kanada planne aangekondig het om Palestina amptelik as…
Die Forum for South Africa het 'n beroep gedoen op die waarnemende minister van die Polisie, Firoz Cachalia, om korrupsie binne die polisie te beveg en van politieke slagvelde af weg te bly. Die organisasie waarsku dat misdaad nie sal verminder terwyl korrupte beamptes in uniform is nie. Tebogo Mashilompane…
Die Suide kry koud en boere sê hulle bibber onder nóg kouer toestande, met temperature wat na verwagting tot –1 môre sal daal. Hulle het maatreëls ingestel om hulle diere te beskerm en, hulle hoop op reën. Kosmos 94.1 Nuus het met Dolf de Wet, van plaas Mickberg naby Grünau…
6 Aug 2025 6AM
1 min
3360 – 3380
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.