Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1340 – 1360

MK soek leefstyloudits vir regbank

Die MK-party sê hy het sy oproep vir omvattende leefstyloudits vir alle lede van die regbank wat deur die staatskas befonds word, herhaal. Dit volg op die plofbare getuienis by die Madlanga-kommissie wat beweer dat die waarnemende regterpresident van Gauteng, regter Aubrey Ledwaba, omgekoop is vir 2,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand…
27 Oct 1AM 1 min

Namibiese Teater- en Filmtoekennings maak terugkeer

Die Nasionale Teater van Namibië, in vennootskap met die Namibiese Filmkommissie, het die terugkeer van die Namibiese Teater- en Filmtoekennings aangekondig. Dit sal op 19 Maart 2026 by die Nasionale Teater van Namibië plaasvind. Hierdie gesogte geleentheid vier die kreatiewe uitnemendheid, veerkragtigheid en kulturele impak van Namibiese teater- en film-praktisyns…
27 Oct 12AM 1 min

Gryslys: Net twee punte oor, sê Eiseb

Namibië het internasionale erkenning ontvang vir sy vordering in die bekamping van finansiële misdade. Die Finansiële Aksie-taakmag het amptelik Namibië se derde vorderingsverslag aangeneem en die land geprys vir die oplossing van 11 uit 13 strategiese tekortkominge sedert dit in Februarie 2024 op die gryslys geplaas is. Die direkteur van…
27 Oct 12AM 1 min

Vyfjaarpermit is goeie idee maar ... implementering

Namibië is van plan om sy visumproses te vereenvoudig en 'n vyfjaarpermit vir ernstige beleggers in te stel, na aanleiding van 'n opdrag van president Netumbo Nandi-Ndaitwah. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die stigter van die Namibië Reis- en Toerismeforum, Nrupesh Soni, die idee vir sakereisigers verwelkom,…
27 Oct 12AM 1 min

Saftu veroordeel Eskom se slimmeter-plan

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde het Eskom se aankondiging sterk veroordeel om teen Maart 2026 'n halfmiljoen slimmeters te installeer, ten spyte daarvan dat hulle slegs 278 000 in voorraad het. Saftu se woordvoerder, Asive Dyani, sê dié Eskom-plan is teen-armoede, en 'n inkomstegedrewe obsessiewe beleid wat invordering bo diens,…
26 Oct 11PM 1 min

Sinner vat vierde titel in Wene

Die topgekeurde Jannik Sinner het sy vierde titel van die seisoen en sy 22ste loopbaan-kroon gebuit toe hy die Weense Ope in Oostenryk gewen het. Die Italianer was een stel agter, maar het ingehaal en die Duitser, Alexander Zverev, geklop. Die 24-jarige Sinner is die eerste man wat agt ATP-eindwedstryde…
26 Oct 11PM 1 min

MVAF stuur padveiligheidsveldtog van stapel

Die Motorvoertuig-ongelukkefonds het sy padveiligheidsveldtog vir die feesseisoen bekendgestel. Ruben Uupindi, die fonds se senior bestuurder van ongeluk- en beseringsvoorkoming, sê Namibië sal heel moontlik 500 sterftes op die paaie aanteken teen die einde van die jaar. Die hoof uitvoerende beampte, Rosalia Martins-Hausiku, het gepraat oor hoe ongelukslagoffers die swaarste…
26 Oct 7AM 1 min

Onwettige drankhandel floreer in SA

Tax Justice South Africa waarsku dat die land gevaar loop om dieselfde rampspoedige foute wat met sigarette gemaak is, te herhaal tensy dringende stappe gedoen word om die land se florerende onwettige drankhandel te stop. Die stigter van Tax Justice, Yusuf Abramjee, sê die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die polisie het…
26 Oct 5AM 1 min

TVET-beleid bly 'n uitdaging

Die onlangse konferensie oor tegniese en beroepsonderwys en –opleiding het aan die lig gebring dat die TVET-sektor se bydrae tot die BBP sedert 2004, met die bekendstelling van Visie 2030, op ongeveer 15 persent gebly het. Daar is verwag dat dit teen 2030 sowat 42 persent sou wees. Kosmos 94.1…
26 Oct 5AM 1 min

Kamala het dalk weer oog op Withuis

Voormalige Amerikaanse visepresident Kamala Harris het aan die BBC gesê dat sy dalk weer vir die Withuis kan staan. Harris gesê dat sy "moontlik" eendag president sal wees en is vol vertroue dat daar in die toekoms 'n vrou in die Withuis sal wees. Sy het meningspeilings wat haar as…
26 Oct 4AM 1 min

NNN wil Namibië se beleggingsbeeld poets

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het opdrag gegee dat ‘n spesiale aansporingsbeleid vir die vervaardigingsektor binne twee maande afgehandel moet wees en in werking gestel word. Die staatshoof het tydens die pasafgelope Namibiese Openbare-Private Forum ook gesê die regering is besig om verskeie belastinghervormings te implementeer om die land meer mededingend te…
26 Oct 2AM 1 min

Gryslysvrye SA gaan beleggersvertroue hupstoot gee

'n Ekonoom verbonde aan die Noordwes-Universiteit Sakeskool, professor Raymond Parsons, sê Suid-Afrika se verwydering van die gryslys sal help om beleggersvertroue te verbeter en die koste verbonde aan oorsese finansiële transaksies te verminder. Die Finansiële Aksietaakspan het die verwydering van Suid-Afrika aangekondig nadat hy sy metodes verskerp het om geldwassery…
26 Oct 1AM 1 min

SA steeds poort na Afrika, sê Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa sê die regering van nasionale eenheid werk aan sy verbintenis tot ekonomiese groei deur lande soos Maleisië aan te moedig om in Suid-Afrika te belê. Ramaphosa, wat op 'n werksbesoek van drie lande in Asië is, het tydens die ASEAN-sake- en beleggingsberaad in Maleisië gepraat. Die president…
26 Oct 12AM 1 min

Selfdood onder SA noodpersoneel 'n krisis

Die Suid-Afrikaanse Psigiatriese Vereniging  sê Suid-Afrika staar 'n geestesgesondheidskrisis onder noodpersoneel in die gesig, met een polisiebeampte wat elke week aan selfdood sterf. Altesaam 54 beamptes het die afgelope jaar hul eie lewens geneem, en meer as 300 selfdoodgevalle is in sewe jaar aangemeld.  Lerato Masenya van die vereniging doen…
25 Oct 7AM 1 min

Boorkontrakteurs moet nou lisensies hê

Boorkontrakteurs moet onder die Waterwet gelisensieer wees by die lynministerie. Die aanpassing is vanjaar in Augustus gepubliseer. Onder die aanpassing is daar kategorieë vir al die boorkontrakteurs sowel as in watter gebiede die kontrakteurs mag boor. As die publiek in die toekoms wil boorwerk laat doen moet hulle seker maak…
25 Oct 6AM 1 min

Ngurare soek 'politiek van menslikheid'

Eerste minister Elijah Ngurare sê alle politieke partye in Namibië moet die politiek van menslikheid bedryf om te verseker dat menstruasie nie meisies se skoolbywoning ontwrig nie. Ngurare het Vrydag die Nasionale Sanitêre Doekie-inisiatief op Keetmanshoop van stapel gestuur. Die regering het 500 000 Namibiese dollar bestee om 41 700…
25 Oct 4AM 1 min

CoW-afvalstakers 'sal moet wag'

Werknemers van die Stad Windhoek se vaste-afvalbestuursafdeling sal moet wag voordat hul bekommernisse aangespreek word, het woordvoerder Harold Akwenye aan Kosmos 94.1 Nuus gesê. Hy sê onderhandelinge kan eers begin sodra die hof uitspraak lewer oor die werkers se eis vir permanente indiensneming. Ongeveer 400 werknemers staak sedert 9 Oktober,…
25 Oct 3AM 1 min

Benoemde VSA ambassadeur sal 'wit Afrikaners ondersteun'

Die benoemde ambassadeur, Leo Bozell, het aan die Amerikaanse senaat se buitelandse betrekkinge-komitee gesê indien hy as Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika bevestig word, hy die Suid-Afrikaanse regering sal aanspoor om sy volksmoordsaak teen Israel te laat vaar. Indien sy benoeming deur die komitee goedgekeur word, sal dit vir 'n volle…
25 Oct 2AM 1 min

SA militêre basisse swak beveilig, sê AfriForum

AfriForum sê onlangse inbrake by die De Brug militêre basis in die Vrystaat, waar plofstof en ammunisie gesteel is, toon Suid-Afrika se militêre basisse is swak beveilig en kwesbaar vir misdaad. Jacques Broodryk van die organisasie doen 'n beroep op die minister van verdediging en militêre veterane, Angie Motshekga, en…
25 Oct 1AM 1 min

Copps 94.1: Nag van geweld in Windhoek

Die Copps 94.1-span het Vrydagnag hul hande volgehad met misdaad in die hoofstad met twee ernstige voorvalle van geweld wat onmiddellike polisie-ingryping vereis het. Kosmos 94.1 Nuus se Francois Lottering doen verslag van die toneel:
25 Oct 12AM 1 min
1340 – 1360