Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
1380 – 1400

Agribank heroorweeg vereistes vir aartappelfinansiering

Agribank sê sy loodsprogram vir aartappelfinansiering wat in Maart 2025 van stapel gestuur is, toon dat baie kleinskaalse boere sukkel om aan die leningsvereistes te voldoen. Woordvoerder Fillemon Nangonya sê 26 boere het vir die tweejaar-loodsprogram aansoek gedoen, maar net vyf het gekwalifiseer na 'n deeglike ondersoekproses. Hy het aan…
18 Jun 11AM 1 min

34 000 SA werklose gekwalifiseerdes opgelei vir kiesersregistrasie

Die Verkiesingskommissie het 48-duisend-212 personeellede aangestel en opgelei om die komende naweek se spesiale kieserregistrasieproses te ondersteun. Uitvoerende hoof, Sy Mamabolo, het bevestig ongeveer 34-duisend van hulle is werkloos, maar gekwalifiseerd. Hy beklemtoon die rol wat verkiesingsbedrywighede speel om tydelike werk en waardevolle vaardigheidsontwikkelingsgeleenthede te skep. Mamabolo sê 37-duisend aangesteldes…
18 Jun 11AM 1 min

NamPol, forum het dronkbestuur in die visier

Namibië Brouerye, die Namibië Padveiligheidsforum en die Namibiese Polisie het vandag die Bestuur Onder die Invloed Assessering- en Afdwingingsprogram van stapel gestuur. Die gesamentlike inisiatief is daarop gemik om 'n betroubare, datagedrewe beeld te skep van alkohol se impak op bestuurdersgedrag en padveiligheid in Namibië. Hoof van NamPol se verkeerswetstoepassing,…
18 Jun 10AM 1 min

Blywende versoening benodig erkenning, respek: NNN oor slawerny

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het vanmiddag haar hooftoespraak gelewer in Accra, Ghana by die hoëvlakkonferensie oor die volgende stappe tot die belangrike VN-resolusie oor die trans-Atlantiese handel in Afrika-slawe. Nandi-Ndaitwah sê hoewel dit 'n lang reis was, gaan Namibië voort om te pleit vir 'n omvattende en beginselvaste benadering tot die…
18 Jun 10AM 1 min

Raad van Kerke pleit vir gedienste erwe

Die Namibiese Raad van Kerke dring aan op dringende en gekoördineerde optrede om 'n verergerende behuisings- en sanitasiekrisis wat duisende gesinne reg oor die land raak, aan te spreek. Terwyl die regering se verklaring van die krisis as 'n nasionale ramp verwelkom word, sê Uhuru Dempers, sosio-ekonomiese beleidsadviseur by die…
18 Jun 10AM 1 min

Etosha Fishing-werkers pleit vir sardynkwota

Meer as 430 poste by Etosha Fishing Corporation is in gevaar en werkers en hul vakbond versoek die regering om dringend sardynkwotas aan die maatskappy toe te ken. Die groep, gelei deur die Mynbou-, Metaal-, Maritieme en Konstruksiewerkersunie, het van Walvisbaai gereis en vanoggend 'n petisie by die lynministerie se…
18 Jun 9AM 1 min

Bafana-afrigter kap na sosiale media-kritici

Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, sê hy sal dinge steeds op sy manier doen en steur hom nie aan die onsin oor hom op sosiale media nie. Suid-Afrika gaan vandag teen die Tsjeggiese Republiek probeer om sy Wêreldbeker-veldtog reg te ruk. Broos het onder hewige kritiek deurgeloop na…
18 Jun 9AM 1 min

Brande suid van Etosha-pan is beheerde brande

Meer inligting is bekend rakende die brande wat laat Woensdag suidoos van die pan in Etosha Nasionale Park waargeneem is. Kosmos 94.1 Nuus het by die omgewingsministerie aangeklop en die woordvoerder Vilho Hangula het die publiek verseker dat daar geen rede tot kommer is nie. Hy bevestig dat dit beheerde…
18 Jun 8AM 1 min

Toeris sterf in beweerde skietongeluk in Krugerwildtuin

'n Kanadese toeris is gisteraand in die Krugerwildtuin doodgeskiet. Die voorval het plaasgevind in 'n piekniekgebied naby die Phabeni-hek wat deur 'n privaat operateur bedryf word. SANParke se woordvoerder, JP Louw, sê 'n privaat gids verbonde aan die operateur het na bewering per ongeluk 'n vuurwapen afgevuur wat die 69-jarige…
18 Jun 8AM 1 min

SA-regering ten R12,3 miljard toe vir infrastruktuur

Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, sê die regering verskerp pogings om die land se water- en sanitasie-probleme aan te spreek. Die regering het in die huidige boekjaar 12,3 miljard Suid-Afrikaanse rand se infrastruktuur-toelaes aan munisipaliteite toegeken. Die doel is om watersekerheid te verbeter, verouderde infrastruktuur op te…
18 Jun 6AM 1 min

Iran sal nou meer as ooit gemotiveerd wees om kernwapen te bekom

Ali Vaez, Crisis Group se Iran-projekdirekteur sê Iran het nou die grootste motivering ooit om 'n kernwapen te ontwikkel. Hy sê die vorige Ajatolla se fatwa daarteen was uit vrees vir 'n Amerikaanse aanval wat gebeur het en Iran het oorleef. Vaez het met Sky News gepraat.
18 Jun 6AM 1 min

Mooi reën het voorgekom, nog verwag

Reën het reeds voorgekom in die Suide van die land met swaar neerslae wat vandag verwag word. Die Namibiese Meteorologiese Diens se weervoorspeller Albertina Anderson het die jongste reënvalsyfers en toestande vir vandag:
18 Jun 6AM 1 min

Diesel behoort te daal, BoN het te vinnig koers verhoog - ekonoom

Die wêreldwye oliemark toon tekens van stabiliteit, met Brent-ru-oliepryse wat verder gedaal het tot onder 78 Amerikaanse dollar per vat na die ondertekening van 'n tussentydse vredesooreenkoms tussen die Verenigde State en Iran. Plaaslik sê kenners dat die ontwikkeling 'n mate van verligting vir verbruikers kan bring. Kosmos 94.1 Nuus…
18 Jun 6AM 1 min

Kaartbetalings vir Whk-parkering nie binne die wet nie

Oud-finansminister Calle Schlettwein het kommer uitgespreek oor die Stad Windhoek se kontantlose parkeerstelsel en voer aan dat dit teen die Bank van Namibië-wet en die beginsels van finansiële insluiting is. Die stelsel, wat deur die private kontrakteur KeyPlot Investments bedryf word, vereis dat motoriste slegs vir parkering betaal met bankkaarte,…
18 Jun 6AM 1 min

SME's moet saam bestel, laer koste, meer wins

Klein en mediumgrootte ondernemings word aangemoedig om aankoopkollektiewe te vorm om invoerkoste te verminder en winsgewendheid te verbeter, aangesien kommer oor doeane- en aksynsbelasting steeds die groeiende "bestel-met-my"-sakesektor beïnvloed. Direkteur van SMEs Compete, Danny Meyer, sê terwyl doeanebelasting 'n normale inkomstemeganisme vir regerings wêreldwyd is, kan entrepreneurs koste verlaag deur…
18 Jun 5AM 1 min

Ekonoom sê brandstofinflasie behoort te daal saam met laer oliepryse

'n Senior FNB-ekonoom, Koketso Mano, sê enige langdurige ontwrigting van fisiese energievoorrade bied 'n belangrike opwaartse risiko oor die kort termyn. Suid-Afrika se verbruikersinflasiekoers het in Mei vanjaar tot 4,5-persent gestyg, teenoor 4-persent in April. In Namibië het dit van 3,1 tot 4,1 persent gespring. Mano sê die heersende oorherstel…
18 Jun 5AM 1 min

Swakop verdedig amper N$20m se oortyd

Die Swakopmund Munisipaliteit het sy oortyduitgawes verdedig nadat onthul is dat byna 19,9 miljoen Namibiese dollar aan oortyd betaal is gedurende die 2024/25 finansiële jaar. Woordvoerder Linda Mupupa het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die meeste van die oortyd gekoppel is aan noodsaaklike dienste soos water- en rioolonderhoud, brandbestryding,…
18 Jun 4AM 1 min

Scheffler mik vir loopbaan Grand Slam die week

Die wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler, wat die sewende man sal word wat ʼn loopbaan-Grand Slam voltooi indien hy hierdie week die Amerikaanse Ope wen, sê hy sal dit nie as ʼn mislukking beskou as hy nie wen nie. Die 29-jarige Amerikaner is reeds ʼn viermalige major-kampioen. Hy spog reeds met twee…
18 Jun 4AM 1 min
1380 – 1400