Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1380 – 1400

Nersa vra openbare kommentaar oor Eskom se voorgestelde wysiging aan berekeningsmetode

Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het ʼn konsultasiedokument vrygestel oor Eskom se aansoek om die berekeningsmetode vir heffings op verliese van ingebedde kragopwekkers te wysig. Nersa het in Augustus berekeningsfoute in sy vroeëre veeljarige prysbepaling vir die kragverskaffer verduidelik wat gelei het tot hoër tariewe van 54 miljard Suid-Afrikaanse rand…
24 Oct 5AM 1 min

Nekundi sê oor regering se bates

Die PDM-leier McHenry Venaani het in die parlement die minister van werke en vervoer, Veikko Nekundi, gevra wat die staat se bates is. Venaani is van mening die regering moet 'n register kan optrek van al die bates. Nekundi het soos volg geantword:
24 Oct 4AM 1 min

Media wil weet oor die sloop van die Withuis se 'East Wing'

Net maande nadat die Amerikaanse president Donald Trump belowe het dat sy beplande balkamer nie met die volk se huis sou inmeng nie, is 'n hele aanbou, die bekende ‘East Wing’, verwyder. Sloopspanne het Maandag, plaaslike tyd, begin om die gedeelte af te breek wat Amerikaners op hol het. Die…
24 Oct 4AM 1 min

Cosatu het kommer oor groei in aanlyndobbel

Cosatu het kommer uitgespreek oor die skerp toename in ongereguleerde en onwettige aanlyn dobbelary. Dit word hoofsaaklik toegeskryf aan toenemende digitale toeganklikheid. Dobbelary in die land het 'n beduidende jaar-tot-jaar groei van 45,7-persent getoon. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê as dit toegelaat word, dreig ongereguleerde en onwettige aanlyn dobbelary…
24 Oct 3AM 1 min

Oekraïne sal nie gebied opgee nie - Zelensky

President Volodymyr Zelensky van Oekraïne sê sy land sal nie toegewings oor grondgebied aanvaar as deel van vredesonderhandelings met Rusland nie. Moskou wil beheer behou oor die Krim en vier ander streke van Kiëf, waaroor Russiese magte nie volle beheer het nie. Zelensky sê die Russiese bates van honderde miljarde…
24 Oct 3AM 1 min

TVET moet verskerp word

Joseph Mukendwa, die beleidshoof by die Namibië Groenwaterstofprogram, het 'n beroep gedoen op die versnelde ontwikkeling van tegniese en beroepsonderwys en –opleiding, of TVET. Hy sê dit is noodsaaklik om Namibië se werksmag toe te rus met die vaardighede wat nodig is om die land se sekondêre sektor te laat…
24 Oct 2AM 1 min

Buitelanders moet uitgesluit word uit ongeluksfondsbetalings

Die voorsitter van die Parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge, Songezo Zibi, het gevra dat buitelanders uitgesluit word van Padongelukkefonds-uitbetalings. Zibi sê die huidige wetgewing moet gewysig word aangesien dit enige persoon wat in Suid-Afrika in 'n padongeluk beseer is, toelaat om te eis. Hy sê die komende Wetsontwerp…
24 Oct 2AM 1 min

Cele sê Matlala verbind met beweerde ANC-leierskap befondsingskomplot

Die voormalige minister van Polisie, Bheki Cele het aan die Parlement se ad hoc-komitee gesê sakeman, Vusimusi “Cat” Matlala, het beweer hy is genader is om 'n projek te befonds vir iemand wat ANC-president of adjunkpresident wou word. Die geskorste polisieminister Senzo Mchunu was na bewering betrokke. Cele sê Matlala…
24 Oct 1AM 1 min

Basketbal, poker, die Mafia en 'n dobbelsindikaat...

Die FBI het meer as 30 mense reg oor Amerika in hegtenis geneem in aparte, maar verwante onwettige dobbelsake, wat insluit sportsterre wat in die Nasionale Basketbalvereniging, die NBA, speel en lede van die Mafia. In die eerste saak het ses verdagtes na bewering binne-inligting gebruik en in sommige gevalle…
24 Oct 1AM 1 min

Dorsland se kalfie dood gevind

Daar is 'n tragiese verwikkeling na die stropery van Dorsland, die bekende swart renosterkoei wat dragtig was, in die Sorris Sorris-bewarea. Sy het 'n kalfie gehad wat weg was na haar dood, en 'n soektog is op tou gesit. Die kalfie se oorskot is gevind. Simson Uri-Khob van die Save…
24 Oct 12AM 1 min

HAN se besettingsyfers vir K3 vertoon goed

Die Gasvryheidsvereniging se verslag vir die derde kwartaal van 2025 weerspieël positiewe groei, met die kamerbesetting wat met 2 persent op 'n jaarlikse basis gestyg het, en byna een persent hoër as in 2019. Intussen is meer as 80 individuele verslae vir September ontvang, en die aangepaste gemiddelde besetting was…
24 Oct 12AM 1 min

Herlewing van Air Namibia beteken nie ondoeltreffendheid sal herhaal word nie

Air Namibia is in 2021 gelikwideer met ‘n skuldlas van amper 900 miljoen Namibiese dollar, en die regering beoog om weer 'n nasionale lugredery te begin. 'n Voormalige Air Namibia vlieënier, Vijay Jha, is van mening dit beteken nie die ondoeltreffendhede van die verlede sal herhaal word nie. 'n Openbare-private…
24 Oct 12AM 1 min

Massa aanranding van graad 10-leerder veroordeel

Die DA in die Wes-Kaap het die onlangse aanranding van 'n graad 10-leerder van die Hoërskool Milnerton in Kaapstad ten sterkste afgekeur. Agt leerders wat volgens berigte betrokke was by die aanranding, wat op video vasgelê is, is geskors en wag op tugverhore. Elmarie Linde van die DA sê leerders…
23 Oct 11PM 1 min

VSA keer Israel se anneksasie van Wesoewer

Die Israeliese premier, Benjamin Netanyahu, het beveel dat die parlementêre bevordering van wetsontwerpe wat verband hou met die anneksasie van die Wesoewer gestaak word. Dit volg na die Amerikaanse visepresident, JD Vance, 'n stemming oor twee wetsontwerpe in die Knesset 'n belediging genoem het. Die wetsontwerpe wat Israeliese wetgewing op…
23 Oct 11PM 1 min

WhatsApp-grepe wys betalings tussen ondersoeker en 'Cat' Matlala

WhatsApp-gesprekke wat as bewysstukke by die Madlanga-kommissie ingedien is, dui op voortdurende oorbetalings tussen Richard Shibiri van die polisie-eenheid vir georganiseerde misdaad en die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala, wat van poging tot moord aangekla word. Getuie B het aan die kommissie gesê ondersoekbeamptes was glo geskok om die noue verbintenis…
23 Oct 11AM 1 min

VN-forum wil skuld in ontwikkelende lande takel

Die Verenigde Nasies het die Seville-skuldforum bekend gestel vir regverdiger uitleen, vinniger herstrukturering en 'n langtermynhervorming van die na-oorlogse finansiële stelsel. Sowat 3,4-miljard mense leef in lande wat meer aan diensskuld as aan gesondheid of opvoeding bestee. Die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, sê meer as 60 ontwikkelende lande bestee…
23 Oct 11AM 1 min

NDF-vliegtuie oor hoofstad net opleiding, sê weermag

Inwoners van die hoofstad sien deesdae gereeld NDF-vliegtuie en helikopters oor die hoofstad en luisteraars het navrae aan Kosmos 94.1 Nuus gerig daaroor. Die weermag se woordvoerder Paulus Shilumbu sê dit is algemene opleiding en daar is geen rede tot enige kommer nie.
23 Oct 10AM 1 min

Kom speel padel om onder-21 hokkiespan te help!

Die onder-21 nasionale hokkiespan maak gereed vir die Wêreldbeker wat in Indië van 28 November tot 10 Desember plaasvind. Die span vertrek die 23ste November. Die Namibiese span sal môre 'n Padel for Purpose hou by die NamPadel bane om geld in te samel vir die span. Kosmos 94.1 Nuus…
23 Oct 10AM 1 min
1380 – 1400