Die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, het ontken dat hy by die polisie se werk ingemeng het en het onder eed volgehou dat hy geen voorvalle van politieke inmenging kan onthou nie. Mchunu het voor die ad hoc-komitee getuig en gesê verdeeldheid binne polisieleierskap het lank voor sy aanstelling…
Namate Namibië nader aan 'n finale beleggingsbesluit in groot olie- en gasprojekte beweeg, word die deelname van klein en mediumgrootte besighede in die sektor belemmer deur 'n gebrek aan befondsing en toegang tot toerusting. Danny Meyer van SMEs Compete sê terwyl regeringsgesteunde waarborgfondse hulle kan help om toegang tot toerusting…
Navo se sekretaris-generaal Mark Rutte het Woensdag met Amerikaanse president Donald Trump in Washington vergader oor pogings om 'n skietstilstand in Oekraïne te bewerkstellig. Verslaggewers het hom na die vergadering gevra of sy besoek aan Washington beteken dat Trump se onlangse vergadering met Oekraïnse president Volodymyr Zelensky 'n mislukking was…
Rise Mzansi sê die minister van Polisie, Senzo Mchunu se besluit om die vul van poste by Misdaadintelligensie te staak, het die Suid-Afrikaanse Polisiediens se vermoë verswak om misdaad te bekamp. Makashule Gana van die party sê die bevriesing het 18 poste geraak, insluitend senior bestuurders en sosiale media-spesialiste, in…
Die Internasionale Geregshof sê Israel het ʼn verpligting om seker te maak daar word voldoen aan burgerlikes in Gaza se behoeftes. Dit kom na die hof in ʼn raadgewende mening verklaar die Verenigde Nasies se agentskap vir Palestynse vlugtelinge het nie reëls oor onpartydigheid oortree nie en Israel moet die…
Die jaareind-eksamens het begin, en onderwysminister Sanet Steenkamp versoek leerders om gefokus en gedissiplineerd te bly. Sy beklemtoon die harde werk en opofferings wat deur die akademiese jaar gemaak is. Sy moedig leerders aan om trots te wees op hul pogings en hul studies met vasberadenheid te benader. Steenkamp het…
In 2024 was daar 'n wêreldwye afname in ondersteuning vir partye wat vir jare die meeste stemme getrek het. Plaaslik het Swapo ook net 53 persent van die stemme in die algemene verkiesing gewen. Met die streek- en plaaslike owerheidsverksiesings op 26 November wonder politieke ontleders en ondersteuners wat vanjaar…
Erindi se reuse mensgemaakte waterval en strome het kritiek gekry te midde van voortdurende wateruitdagings, maar hoofbestuurder Paul Joubert hou vol dat geen nuwe boorgate geboor is om dit te onderhou nie. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Joubert dat die stelsel geslote is, met water wat voortdurend…
Getuie B het ernstige dreigemente en inmenging onthul tydens die ondersoek na die moord op die ingenieur Armand Swart voor sy werkplek in Vereeniging, Gauteng, in April verlede jaar. Sy het aan die Madlanga-kommissie vertel sy en Getuie A is saam onder polisiebeskerming geplaas nadat hulle gedreig is. B voeg…
Die Internasionale Geregshof sê Israel is verplig om die lewering van humanitêre hulp aan die Gaza-strook deur die Verenigde Nasies en sy entiteite te fasiliteer, om te verseker dat daar aan die basiese behoeftes van die Palestynse burgerlikes voldoen word. Die raadgewende mening, wat deur die VN se Algemene Vergadering…
Die Namibiese Mededingingskommissie het 9 miljoen Namibiese dollar, na die oudit van die 2024/25-boekjaar, in boetes na die Staatsinkomstefonds oorgeplaas. Kosmos 94.1 Nuus het met die kommissie se woordvoerder, Dina Gowases, gepraat wat 'n oorsig gee.
Die dierewelsynsorganisasie Blood Lions is diep bekommerd nadat nog 'n leeu ontsnap het terwyl hy per pad vervoer is. Die dier was van die Vrystaat onderweg na Nietverdiend in die Ramotshere Moiloa Munisipaliteit. Owerhede in Noordwes het bevestig die leeu is veilig gevang. Stephanie Klarmann van die organisasie sê die…
Die passasierskip-seisoen is hier en die Erongo-streek is gereed om 'n toestroming van internasionale besoekers te verwelkom. Die Walvisbaai-hawe sal na verwagting byna 40 passasierskepe tussen Oktober vanjaar en Oktober 2026 ontvang, wat na raming 79 000 passasiers sal bring. Dit sal na verwagting 'n beduidende hupstoot aan toerisme in…
Vooraanstaande geestesgesondheidswerkers het kommer uitgespreek oor die Namibiese Vereniging van Mediese Hulpfondse, Namaf, se Februarie-tariefopdatering wat 'n vaste tarief vir alle psigiatriese konsultasies vasstel. Dit behandel ook komplekse assesserings en nood-selfmoordkrisisse dieselfde as roetine-ondersoeke. Die groep psigiaters, sielkundiges, maatskaplike werkers en privaat praktisyns sê die skuif devalueer geestesgesondheidsorg en bedreig…
Die stedelike en landelike ontwikkeling-minister, James Sankwasa, verdien volgens kommentators lof vir sy proaktiewe benadering, na hy 'n regsopleidingswerkswinkel vir tradisionele leiers in die Kavango- en Zambezi-streke aangebied het. Die werkswinkel het gefokus op regsbeginsels, geslagsgelykheid en menseregte, met die doel om tradisionele howe met internasionale standaarde in lyn te…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het vandag die Keniaanse Hoë Kommissariaat in Windhoek besoek, waar sy die meegevoelboek ter ere van voormalige Keniaanse premier Raila Odinga onderteken het. Odinga is op 15 Oktober op 80-jarige ouderdom oorlede. Nandi-Ndaitwah het gesê Odinga se dood het nie net Kenia nie, maar ook die Afrika-kontinent…
Ontbossing het die afgelope dekade wêreldwyd in elke streek afgeneem. Dit is volgens nuwe data van die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie. Die data toon die wêreld het die afgelope dekade elke jaar sowat 10,9-miljoen hektaar woude verloor. Woude bedek steeds sowat 4,14-miljard hektaar of ongeveer een derde van…
Regter Marlize du Plessis het die Fishrot-beskuldigde Sacky Shanghala se aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys. Die voormalige justisieminister wou teen haar vorige uitspraak, wat hom slegs beperkte toegang tot bykomende dokumente gegee het, appelleer. In haar beslissing het Du Plessis verklaar dat Shanghala geen buitengewone omstandighede…
Statistieke Suid-Afrika sê die jaarlikse verbruikersinflasie het in September effens gestyg tot 3,4-persent teenoor 3,3-persent in Augustus. Die toename is hoofsaaklik die gevolg van hoër pryse vir vervoer, restaurante en verblyf, terwyl inflasie vir voedsel en nie-alkoholiese drankies effens gedaal het. Vleispryse het tot hul hoogste vlak sedert 2018 gestyg,…
22 Oct 8AM
1 min
1420 – 1440
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.