Die Motorbedryfpersoneelvereniging doen 'n beroep op die regering om werkloosheid tot 'n nasionale noodtoestand te verklaar, aangesien toenemende werkloosheid armoede, woede en groeiende vyandigheid teenoor immigrante aanvuur. Phakamile Hlubi-Majola van die vereniging sê Suid-Afrika se werkloosheidsyfer van 32,7 persent bly onder die hoogste ter wêreld, wat veroorsaak dat miljoene mense,…
Sit ‘n bietjie naasteliefde-skop in jou Saterdagoggend en gaan skenk bloed by die Bloedoortappingsdiens van Namibië se hoofkwartier in Talstraat in die hoofstad of by mobiele opspring-klinieke in Oshakati, Swakopmund, Walvisbaai en Ondangwa. Dis vir ‘n goeie doel, sê diens se opvoedkundige beampte, Frieda Vatileni-Asino:
Ekonoom Almandro Jansen van Simonis Storm sê die regering se besluit om brandstofpryse in Junie onveranderd te hou, bied broodnodige verligting aan Namibiese verbruikers en besighede, veral ná die skerp stygings sedert die oorlog in Iran begin het. Jansen het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê petrolpryse het sedert Maart met…
Die Copps 94.1-span is Vrydagaand die begin van ‘n rowwe maandeinde-naweek gespaar, met net ‘n paar insidente waaraan hulle aandag moes skenk. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was saam op patrollie en doen verlag van die toneel:
Die Goreangab Mall in Katutura het vandag oopgemaak en Charles Fourie, die huurdirekteur van Safland, wat die ontwikkeling gedryf het, het op die toneel met plaaslike media gepraat. Hy sê die opening van die winkelsentrum in Katutura is daarop gemik om goeie dienste nader aan die gemeenskap te bring. Fourie…
Die 7de Jaarlikse Nama Kultuurfees het vandag amptelik in Keetmanshoop geopen. Die fees, wat tot 31 Mei duur, vertoon die Nama-erfenis deur tradisionele danse, kookkuns, kunsuitstallings, jeugaktiwiteite en musiekoptredes. Keetmanshoop se burgemeester, Melody Swartbooi, sê vanjaar se tema, "Die Bou van 'n Verenigde Stelsel vir Kulturele Kontinuïteit," is veral belangrik…
Reaksie word ontvang op vanmiddag se aankondiging dat brandstofpryse onveranderd sal bly na twee agtereenvolgende maandelikse verhogings. Die energieministerie het die pryse onveranderd gehandhaaf op 23,48 Namibiese dollar per liter vir petrol en diesel 50 ppm teen 28,26 dollar per liter, terwyl diesel 10 ppm teen 28,36 dollar per liter…
Brandstofkleinhandelaars waarsku oor moontlike onderbrekings in voorsiening, asook werkverliese en skade aan klein besighede terwyl die oordrag van 52 Engen- en Shell-vulstasies na Nasan Energies voortgaan. Dit kom nadat die Namibiese Mededingingskommissie 'n versoek van die Brandstof- en Franchisevereniging vir 'n 60-dae verlenging van die oordragproses verwerp het. Kosmos 94.1…
Die minister van energie, Modestus Amutse, het aangekondig dat die brandstofpryse vir Junie onveranderd sal bly. Dit beteken dat petrol in Walvisbaai op 23 Namibiese dollar 38 sent per liter sal bly, diesel 50 ppm op 28 dollar 26 sent per liter en diesel 10 ppm op 28 dollar 36…
Die Amerikaanse minister van Finansies, Scott Bessent, sê die administrasie verhoog druk op Iran se lugdiensnetwerk as deel van strenger sanksies verbonde aan kernkragonderhandelinge. Amerika en Iran is volgens berigte naby aan 'n ooreenkoms wat onder meer insluit die verlenging van die skietstilstand, die heropening van die Straat van Hormuz…
Bykans drie maande nadat dit ter tafel gelê is, is die nasionale begroting vir 2026/27 in die Staatskoerant gepubliseer, wat die maandelikse staatspensioen amptelik van 1 600 Namibiese dollar tot 1 700 dollar verhoog. Wilson Shikoto, woordvoerder van die finansministerie, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat dié verhoging van…
Rugby: Die Springbok Sewes-se afrigter Philip Snyman, sê die naweek sal 'n sterk geestelike fokus deurslaggewend wees in die tweede van drie Wêreldreeks-toernooie in Valladolid, Spanje. Suid-Afrika het die eerste kampioenskapstoernooi in Hongkong gewen. Die Blitsbokke speel vandag twee Groep A-wedstryde, teen Groot-Brittanje en Kenia, en Saterdag pak hulle Australië…
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sê berigte dat soldate ontplooi gaan word omdat beplande optogte en betogings volgende maand verwag word, is vals en misleidend. Die groep teen onwettige immigrante, March and March, beplan ʼn sluiting vir 30 Junie en eis dat onwettige immigrante wat in Suid-Afrika woon, onmiddellik en in…
Die Amerikaanse vise-president, JD Vance, sê Washington en Iran het goeie vordering gemaak om ʼn ooreenkoms te bereik, maar daar is nog talle kwessies wat uitgeklaar moet word. Volgens berigte sou die ooreenkoms insluit dat die skietstilstand met 60 dae verleng word, die Straat van Hormoes sou heropen en beraadslaging…
Die 12de Oshakati Totem Expo begin vandag en duur tot 6 Junie onder die tema van sterker bande deur kultuur. Die geleentheid het 150 uitstallers van Namibië en die buiteland gelok. Die burgemeester van Oshakati, Leonard Hango, het die ekspo beskryf as ’n viering van identiteit, eenheid, diversiteit, erfenis en…
Brandstofpryse sal na verwagting weer in Junie styg en daar word op sosiale media gesê dat Namibië met ander Afrika-lande moet werk om brandstof in te voer. Die retoriek stel ook voor dat die Namibiese regering daarna moet kyk om Angola se goedkoop brandstof, of ndungula, in te voer. In…
Ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu sê byna 70 persent van Namibiërs kan nie meer formele behuising bekostig nie, aangesien stygende eiendomspryse, beperkte gedienste grond en 'n behuisingsmark wat deur finansiële instellings oorheers word, gewone werkers steeds uitsluit van huiseienaarskap. Huispryse het die afgelope paar jaar van onder 200 000 Namibiese dollar…
Standard Bank sê die Suid-Afrikaanse landbousektor staar nuwe finansiële druk in die gesig met die besluit van die Reserwebank se monetêre beleidskomitee om die rentekoers met 25 basispunte tot sewe persent te verhoog. Dis te midde van inflasie, hoër brandstofpryse en kommer oor 'n moontlike El Niño. Standard Bank se…
29 May 5AM
1 min
1880 – 1900
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.