Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1960 – 1980

Mnyupe sluit aan by Duitse energiereus

Die stigtershoof van die Namibië Groenwaterstofprogram, James Mnyupe, tree met ingang van 1 November af waarna hy by die Duitse maatskappy Thyssenkrupp Uhde as senior visepresident vir Afrika Suid van die Sahara sal aansluit. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die Groenwaterstofprogram se woordvoerder, Jona Musheko, gesê Mnyupe…
2 Oct 6AM 1 min

Etosha: Minister staan bankvas by 'amptelike weergawe'

Die omgewingsminister Indileni Daniel het vanoggend die media toegespreek oor die verwoestende Etosha-brand. Sy hou voet by stuk oor die dierevrektes: nege bokke, een olifant en ‘n ietermagô al is 38 persent van die park afgebrand. Sy sê ook steeds Koos Reyneke se foto van die verbrande olifant, wat hy…
2 Oct 6AM 1 min

LGBT: Dis 'n kwessie van naasbestaan of ware insluiting

'n Nuwe Afrobarometer-opname skets 'n komplekse prentjie van Namibiërs se standpunte oor dieselfdegeslagregte. Terwyl die land onder die mees verdraagsame in Afrika tel as dit kom by die aanvaarding van homoseksuele bure, sê byna ses uit tien Namibiërs dat hulle 'n gay vriend of familielid sou verwerp. In 'n onderhoud…
2 Oct 6AM 1 min

Ondersoek na SAPD-regteskendings verwelkom

Lawyers for Human Rights sê die nasionale ondersoek na kleinskaalse mynbou en polisie-optredes is ’n deurslaggewende stap in die rigting van aanspreeklikheid. Die ondersoek is gister in Stilfontein in Noordwes deur die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie bekendgemaak. Jessica Lawrence van die organisasie sê die ondersoek sal die menseregteskendings ontbloot wat verbind word…
2 Oct 5AM 1 min

VSA-sluiting: Werkers word afgedank, nie huis toe gestuur nie

Die Withuis sê regeringsagentskappe maak gereed vir besnoeiings en afleggings wat sal plaasvind indien die afsluiting voortduur. Die regeringsluiting het Woensdag begin nadat Republikeine en Demokrate in die Kongres nie kon saamstem oor ʼn nuwe bestedingsplan nie. Visepresident JD Vance…
2 Oct 5AM 1 min

Kriminele geregtigheid onder die loep by Korrektiewe Diens

Die Namibiese Korrektiewe Diens het 'n kriminele geregtigheid navorsingsforum gestig. Die forum poog om vas te stel waar kriminele aktiwiteite meestal voorkom met die doelwit om inligting in te samel oor kwessies soos misdaadvoorkoming, oorvol gevangenisse en oortreder rehabilitasie. Kosmos 94.1 Nuus het met die diens se kommissaris Lovisa Uukelo…
2 Oct 4AM 1 min

Makaneta waarsku jeug om te leer uit Malema-uitspraak

Die onderwysaktivis, Hendrick Makaneta het die jeug gevra om na te dink, ná die skuldigbevinding van die EFF-leier Julius Malema in sy vuurwapenverhoor by die Landdroshof in Oos-Londen. Makaneta sê die uitspraak is 'n herinnering dat vryheid sonder wet wanorde is, en dat geen leier bo aanspreeklikheid verhewe is nie…
2 Oct 4AM 1 min

Volhoubare finansiering in die lig van klimaatsverandering

Die sentrale bank van Namibië het saam met vennote die Namibiese Volhoubare Finansiering Alliansie geloods. Die vennootskap wil finansiële sektore in Namibië bymekaarbring om klimaat bestendigheid te bevorder beide die privaat- en openbare sektore is betrokke. Klimaatrisikos dreig om die ekonomie en finansiële sektor onder druk te bring. Naufiku Hamunime…
2 Oct 3AM 1 min

Wat van die onmenslike behandeling van Amerikaners deur immigrante?

Pous Leo het hom uitgespreek teen wat hy as onmenslike behandeling van immigrante in die VSA beskryf. Hy sê: "Iemand wat sê ek is teen aborsie, maar ek stem saam met die onmenslike behandeling van immigrante in die Verenigde State, ek weet nie of dit pro-lewe is nie." Die vraag…
2 Oct 3AM 1 min

Substandaard en vervalste medisyne - wet moet hersien word

'n Apteker by Brunel Laboratoria, Suzelle Myburgh-Niemand, vra die hersiening van die Medisynewet om wetstoepassingsagentskappe te bemagtig teen substandaard en vervalste mediese produkte. Sy sê Suid-Afrika moet goeie bestuur verbeter vir voorkomingsdoeleindes en dan ook met groothandelaars en verspreiders praat oor die bekamping van handel in onwettige medisyne. Myburgh-Niemand sê…
2 Oct 2AM 1 min

Sumud-flottielje eis beëindiging van Gaza-blokkade

Aktiviste van die Global Sumud-flottielje doen 'n beroep op die internasionale gemeenskap om dringende stappe te doen om Israel se blokkade van Gaza te beëindig. Aktiviste en kenners van die VN beskryf die blokkade as onwettig en 'n vorm van gesamentlike straf wat voedsel, brandstof, mediese voorrade en humanitêre hulp…
2 Oct 2AM 1 min

Lamola wag op Franse verslag oor Mthethwa

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die regering wag op 'n ondersoek-verslag uit Frankryk na die dood van Suid-Afrika se ambassadeur, Nathi Mthethwa, in Parys. Hy is dood aangetref naby die Hyatt-hotel nadat hy Maandag as vermis aangegee is. Lamola het aan die SABC gesê die…
2 Oct 1AM 1 min

Deense premier sê Europa is op mespunt

Die Deense eerste minister, Mette Frederiksen, sê Europa is in die gevaarlikste situasie sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog. Dit volg ná ʼn reeks vermeende Russiese skendings van die Europese Unie se lugruim die afgelope weke, wat Denemarke, Pole en Estland insluit. Moskou het dit ontken. Frederiksen waarsku Europese…
2 Oct 1AM 1 min

SA Krieket-hoof gesels oor 11 Oktober

Net nege dae bly oor tot die hoogs verwagte stadion-opening by Krieket Namibië se nuwe tuisveld in Windhoek, waar die FNB Eagles teen die Proteas te staan sal kom. Die vraag na kaartjies was oorweldigend, met aanhangers wat gretig is om hierdie historiese wedstryd te beleef. In 'n onderhoud met…
2 Oct 1AM 1 min

Registrasie-sperdatum vir e-taxi's verleng

Die Namibiese Bus- en Taxivereniging is in gesprek met die lynministerie om e-taxidenste soos Yango en InDrive te reguleer. Na aanleiding van vroeëre protesoptogte en 'n registrasiedatum van 30 September wat deur adjunkminister Veikko Nekundi gestel is, sê die vereniging nou dat hulle die sperdatum mag verleng. Hulle werk ook…
2 Oct 1AM 1 min

Steytler waarsku oor oorafhanklikheid op een bron - olie

Die toekoms van olie in Namibië word nog steeds bevraagteken en kom met vele onsekerhede. Ekonoom dr. John Steytler waarsku teen die hulpbronvloek, of sogenaamde ‘Dutch disease’ wat veral in ontwikkelende lande voorkom en korrupsie en wanbestuur tot gevolg het. Steytler het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sy kommer…
2 Oct 12AM 1 min

Agoa: Uitvoermarkte moet diversifiseer

Nog reaksie is ontvang op die sperdatum vir Agoa, of die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika wat verstryk het. Die Trump-administrasie het geen formele besprekings of verklarings daaroor uitgereik voordat die Amerikaanse regering gesluit het nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse landbou ekonoom Dr. Kobus…
2 Oct 12AM 1 min

Befaamde bewaarder dr. Jane Goodall sterf

Die wêreldberoemde primatoloog en diereregte-aktivis, dr. Jane Goodall, is op 91-jarige ouderdom oorlede. Die Jane Goodall-instituut het aangekondig dat sy aan natuurlike oorsake dood is terwyl sy in Kalifornië was as deel van 'n Amerikaanse toespraaktoer. Goodall se ontdekkings as 'n etoloog was rewolusionêr. Sy was die eerste om aan…
1 Oct 11PM 1 min

Finansministerie sê oor toelaaguitbetalings deur NamPost

Maatskaplike kontanttoelaagbetalings begin landswyd by NamPost op Maandag, 13 Oktober. Ter voorbereiding en om moontlike haakplekke uit te stryk sal 'n loodsuitbetaling op 9 Oktober by die Okahandja- en Omitara-poskantore plaasvind, met mobiele uitbetalings by Groot Aub en Otjimbingwe. Kosmos 94.1 Nuus het met die finansministerie se woordvoerder Jonathan Swartz…
1 Oct 11PM 1 min
1960 – 1980