President Donald Trump het laat blyk dat die VSA sanksies teen Turkye kan ophef en dit toelaat om Amerikaanse F-35 vegvliegtuie te koop, terwyl hy Donderdag samesprekings met die Turkse president Tayyip Erdogan begin het. Hy het gesê as hulle 'n goeie vergadering gehad het, sanksies byna onmiddellik opgehef kan…
Agribank het die onmiddellike staking van nuwe salarisgesteunde lenings vir staatsamptenare aangekondig, na die finansministerie se besluit om bande met Avril Payment Solutions te verbreek. Geen nuwe persoonlike lenings sal deur die platform verwerk word nie. Agribank-woordvoerder Fillemon Nangonya het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat bestaande lenings onaangeraak sal…
Rugby: Die afrigter van Nieu-Seeland, Scott Robertson het vier veranderinge aan die span gemaak wat 'n geskiedkundige nederlaag teen die Springbokke gely het, vir hulle wedstryd teen Australië. Die wedstryd, as deel van die Rugbykampioenskap, vind Saterdag op Eden Park plaas. Fabian Holland is in die span in die plek…
Meer as 3 200 SME’s in al 14 streke het voordeel getrek uit die regering se toerustinghulpskema. Die skema bied ondersteuning vir produksietoerusting in sektore soos vervaardiging, landbouverwerking, kleinskaalse mynbou, edelsteenverwerking, farmaseutiese produkte, skoonheidsmiddels en lugversorging. Danny Meyer, direkteur van SMEs Compete, sê die impak is sigbaar. Hy het aan…
Opwinding bou op voor die geskiedkundige T20 Internasionale botsing op 11 Oktober tussen Namibië se FNB Eagles en Suid-Afrika se Proteas. Die wedstryd sal die splinternuwe FNB Namibië Krieketveld amptelik open. Krieket Namibië se uitvoerende hoof, Johan Muller, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat beide die span en die…
Nuwe syfers van die Namibiese Statistieke-agentskap toon dat ekonomiese groei in die tweede kwartaal van 2025 tot 1,6 persent verlangsaam het, 'n skerp afname van 3,3 persent gedurende dieselfde tydperk verlede jaar. In terme van reële groei het Namibië die swakste kwartaal sedert die begin van 2021 beleef toe die…
Die omgewingminister, Indileni Daniel, het in die Nasionale Vergadering bevestig dat 90 buffels Dinsdag in 'n stormloop langs die Chobe-rivier dood is. Die voorval, wat deur 'n leeujaagtog veroorsaak is, is die derde van sy soort in die afgelope vyf jaar by dieselfde steil rivieroewer. Die voorval het ook internasionaal…
Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging in Gauteng sê hy het daarin geslaag om die ontoelaatbare beplande kameelresies by die Laerskool A.G. Visser in Heidelberg se Kameelfees hierdie naweek te voorkom. Jacques Peacock van die NDBV sê nadat die Departement van Landbou in kennis gestel is, is bevestig die skool se lisensie vir…
Rugby: Die Springbokafrigter Rassie Erasmus sê hulle sal nie die gevaarlike Argentyne in Saterdag se Rugbykampioenskap-botsing in Durban onderskat nie. Die Bokke het tien van hul laaste 12 wedstryde sedert 2018 teen die Pumas gewen met hul enigste twee nederlae teen Argentinië die afgelope seisoen en in 2018. Erasmus sê…
Die Stad Windhoek veroordeel die misbruik van begraafplase na 'n ontstellende voorval by die Gammams-begraafplaas in Pionierspark. Rouklaers is afgeneem terwyl hulle 'n byeenkoms na 'n begrafnis aanbied, kompleet met stoele, koelbokse en alkohol. Bottels en rommel was ook oor grafte agtergelaat. Die Stad herinner die publiek daaraan dat begraafplase…
Die DA doen 'n beroep op die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, om die afgradering van Taiwan se skakelkantoor in Pretoria om te keer. Die party sê Taiwan het uitvoere van sy halfgeleierskyfies na Suid-Afrika beperk, 'n stap wat die vervaardigingsektor, veral die motor- en inligtingstegnologiebedrywe, kan…
Daar is beroepe om Israel te verbied om deel te neem aan internasionale sportbyeenkomste as gevolg van sy optrede in Gaza en die besette Wes-oewer. Opinie is verdeeld oor die kwessie en die minister van plaaslike regering in Brittanje Steve Reed sê aan Britse media dat sport nie op daardie…
Die vakbond Saftu sê president Donald Trump van Amerika se onlangse opmerkings oor klimaatsverandering is roekeloos en kom neer op ʼn gevaarlike vorm van klimaatsontkenning en imperialistiese arrogansie. Trump het vroeër die week in ʼn skerp aanval op die Verenigde Nasies gesê klimaatsverandering is die grootste skelmstreek wat nog ooit…
Somer is op pad en reënpatrone begin ontwikkel. Die intertropiese vogband begin reeds inbeweeg met ‘n paar druppels, op tyd vir die tyd van die jaar, sê weerkenner George van der Merwe. Hy voeg by donderweerselle ontwikkel oor Angola en so ook die Suid-Angolese laagdruk wat ‘n goeie teken is…
Die regering hersien weer sy beleggingswet om 'n enkele raamwerk te skep en beleggersvertroue te verhoog. Dit is aangekondig op die kantlyn van die 80ste VN Algemene Vergadering deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Eben de Klerk van die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing, wat sê die…
AfriForum sê hy het sy dossier oor die EFF-leier Julius Malema aan senior beamptes in president Donald Trump se administrasie oorhandig. Die burgerregte-organisasie en Solidariteit het Woensdag die Withuis besoek as deel van ʼn opvolg-skakelingsbesoek in Amerika. Ernst van Zyl van AfriForum sê om Malema se ekstremisme onder die Trump-administrasie…
Die akteur en voormalige goewerneur van Kalifornië, Arnold Schwarzenegger, het met CNN gepraat oor politieke verdeeldheid in die VSA. Dit kom na die debakel met TV-aanbieder Jimmy Kimmel en president Donald Trump wat sê hy haat sy vyande. Schwarzenegger sê God het ons twee ore gegee en een mond –…
Die tweemalige Major-wenner Collin Morikawa het die idee verwerp dat die Amerikaanse span betaling ontvang en daarom minder gedrewe is as die Europese span om die Ryder-beker te wen. Kritici het die Beroepsgholfspelersvereniging van Amerika se besluit om die Amerikaanse spanlede vir deelname aan die Ryder-beker te betaal, bevraagteken. Die…
25 Sep 5AM
1 min
2120 – 2140
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.