Die Amerikaanse Departement van Justisie het die ervare federale aanklaer, Maurene Comey, afgedank. Sy was betrokke by die saak teen die veroordeelde pedofiel, Jeffrey Epstein, wat in 2019 in die tronk selfdood gepleeg het, en sy medepligtige, Ghislaine Maxwell. Comey was ook deel van die hip-hop-magnaat, Sean 'Diddy' Combs’, se…
Rugby: Die Engelse flank, Tom Curry, en die Skotse senter Sione Tuipulotu is ingesluit in die Britse en Ierse Leeus se span vir Saterdag se eerste toets teen Australië in Brisbane. Tuipulotu is verkies bo Bundee Aki, terwyl Curry spelers soos Jac Morgan, Josh van der Flier en Henry Pollock…
’n Koue front sal teen volgende week sy opwagting maak. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan van den Berg, weerkenner van Suid Afrika gesels. Dit kan koud word en dit is ook nie die laaste nie.
Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, waarsku dat Amerikaanse tariewe die voertuigvervaardigings- en die landbousektor in Suid-Afrika die ergste sal raak. Amerika gaan vanaf begin volgende maand 'n tarief van 30 persent op uitvoere uit Suid-Afrika instel. Ongeveer 100 000 werksgeleenthede in die motor- en die landbousektor is in…
Die Departement van Gesondheid sê hy is besig met 'n inentingsveldtog teen M-pokke, aangesien die aantal laboratoriumbevestigde gevalle in die land geleidelik aan die toeneem is. Twee laboratoriumbevestigde gevalle is onlangs in Gauteng en die Wes-Kaap aangeteken, wat die totale aantal bevestigde gevalle tot tien verhoog. Die departement se woordvoerder,…
Navo se sekretaris-generaal Mark Rutte sê Amerikaanse wapens vanuit Europa kom aan in die Oekraïne en word deur Europa befonds word. Hy sê land soos Indië, China en Brasilië moet oplet omdat hulle die slagoffers van sekondêre sanksies sal wees as Rusland nie binne 50 dae tot verhaal kom nie.
Cran se jongste verslag toon dat mobiele internetgebruik via fone met 2 persent gedaal het, terwyl internetgebruik deur roeteerders met 12 persent toegeneem het, met die meeste Namibiërs wat sosiale media gebruik. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ella-Betty Chapoto, praktisyn vir verbruikersverhoudinge en voorspraak by Cran, wat verduidelik hoekom…
Namibië kan moontlik in die toekoms by die Organisasie van Petroleumuitvoerlande, bekend as Opul, aansluit. Opul se sekretaris-generaal, Haitham al-Ghais, sê die organisasie is in gesprek met verskeie Afrikalande oor moontlike lidmaatskap en Namibië is een van die lande wat potensiaal het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Graham Hopwood,…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Shell Namibia versoek om deursigtig te wees oor die vordering van sy olieprojek en verduidelik wanneer produksie sal begin. Shell het reeds meer as ‘n miljard Amerikaanse dollar in die land belê in die Oranje-bekken. Nandi-Ndaitwah het vergader met Shell se vise-president vir eksplorasie Eugene Okpere…
Die Oos-Kaapse regering sê daar sal nagenoeg 5,1 miljard Suid-Afrikaanse rand bestee moet word aan die herstel van die skade aan openbare infrastruktuur ná onlangse oorstromings. Ten minste 103 mense is dood toe verwoestende oorstromings Mthatha en Butterworth in Junie getref het. Honderd van die slagoffers is geïdentifiseer en begrawe…
Donald Trump is in ‘n penarie. Oproepe dat die Epstein-dokumente bekend gemaak word sonder ernstige redigering, word al harder, ook van binne sy party met talle van sy sterkste ondersteuners wat dit wil hê. Dit is volgens politieke ontleders iets wat Trump, en sy prokureur-generaal Pam Bondi, weg wens. Trump…
Reaksie word ontvang op die Trump-administrasie wat vyf gewelddadige misdadigers na Eswatini gedeporteer het. Hulle is burgers van Kuba, Jamaika, Laos, Viëtnam en Jemen, en hul tuislande wil hulle volgens die Amerikaanse Departement van Binnelandse Veiligheid nie terughê nie. Kosmos 94.1 het gesels met die politieke ontleder professor Andre Duvenhage,…
Gewasprodusente kan die wintermaande optimaal benut deur wintergewasse te kweek, veral met genoeg water na die goeie reën. Wintergroente soos uie, kool, blaarslaai, beet, wortels, broccoli en blomkool kan gekweek word om aan die plaaslike vraag te voldoen. Kosmos 94.1 Nuus het met Hanks Saisai, tegniese adviseur van akkerbou by…
Die Forum vir Suid-Afrika beskuldig president Cyril Ramaphosa van magsmisbruik om korrupsie te beskerm ten koste van belastingbetalers. Die forum se woordvoerder, Tebogo Mashilompane, sê Ramaphosa beskerm die elite en ignoreer gewone Suid-Afrikaners se stryd. Mashilompane kritiseer ook sy versuim om die minister van Polisie, Senzo Mchunu, af te dank,…
'n Herrie het in Brittanje losgebars oor die inligting van duisende Afgaanse burgers wat aansoek gedoen het vir asiel in die land wat uitgelek het. Eerste minister Sir Keir Starmer sê voormalige Konserwatiewe ministers het ernstige vrae om te beantwoord oor hoe die name van Afgane wat met Britse magte…
Die Regeringsinstellings Pensioenfonds het 900 miljoen Namibiese dollar toegewy aan sy nuwe Pensioengesteunde Behuisingsleningskema, wat lede toelaat om tot een derde van hul pensioenspaargeld te leen om huise te koop of te bou. Lenings sal 'n rentekoers van 9,25 persent dra, laer as Namibië se gemiddelde verbandkoers. Kosmos 94.1 Nuus…
Die GOOD-party sê openbare grond in Johannesburg moet al die inwoners bedien, nie net die bevoorregte groepe nie. Dit volg na voorstelle om groot gedeeltes van openbare grond in Ruimsig en Emmarentia te verhuur of te verkoop, insluitende die Killarney Buiteklub, wat tans vir so min as 1 000 Suid-Afrikaanse…
President Cyril Ramaphosa sê die regering van nasionale eenheid sal fokus op ekonomiese hervorming, misdaadbekamping en die bou van 'n bekwame staat. Ramaphosa het tydens die begroting van die Presidensie in die Parlement gesê alle departemente moet saamwerk om die ekonomie te laat groei, armoede te verminder en dienslewering te…
Amerikaanse president Donald Trump sê hy beplan nie om Jerome Powell, die voorsitter van die Federale Reserwe af te dank nie, selfs al het hy Powell weer gekritiseer. 'n Bloomberg-berig Woensdag dat Trump Powell waarskynlik sal afdank het 'n daling in aandele en die Amerikaanse dollar tot gevolg gehad. Trump,…
Die Nampharm-stigting sal sy 20ste bestaansjaar vier met 'n galadinee op 20 Augustus by die Windhoek Country Club and Resort. Die geleentheid sal twee dekades se werk ter ondersteuning van Namibiese kinders vier. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Cari-Ane van der Walt, Nampharm se administratiewe en fondsinsamelingskoördineerder, wat meer…
17 Jul 2025 1AM
1 min
3840 – 3860
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.