Namcor het 'n reddingsboei van 1,2 miljard Namibiese dollar van die regering ontvang wat regstreeks aan die maatskappy se debiteure en verskaffers betaal is, volgens die Engelse dagblad, The Namibian. Dit beteken die maatskappy, wat in September verlede jaar sy verskaffers 1,9 miljard dollar geskuld het, kan likwidasie vermy. Dit…
ActionSA sê hy is diep bekommerd oor die land se werkloosheidskrisis wat al erger word. Volgens Statistiek Suid-Afrika het die land se werkloosheidskoers in die eerste kwartaal van die jaar tot 32,9-persent gestyg. Pieter Scribante van ActionSA sê die ANC se rampspoedige beleidsrigtings, voortdurende beurtkrag en korrupsie het die ekonomie…
Unam het Dinsdag 'n interne boodskap aan werknemers uitgereik om hulle in te lig dat daar 'n moontlikheid is dat hulle nie hulle salaris vir my op die 15de sal kry, soos gewoonlik nie. Die boodskap het die publieke lig gesien en is wyd gedra. Vandag het die woordvoerder van…
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering in sy huidige vorm is ongrondwetlik en sal onbekostigbaar en onprakties wees. President Cyril Ramaphosa onderteken die wet vandag. Winde sê hoewel die nasionale regering verskeie stukke wetgewing en beleidstukke moet opstel en instel om die NGV 'n werklikheid…
Die Suid-Afrikaanse Natuurlewe-rehabilitasiesentrum in Gauteng het inwoners en motoriste in Mnandi, Centurion, in kennis gestel oor berigte van 'n groot koedoe-koei wat los rondloop. Leanne Hezlett van die sentrum het inwoners versoek om die owerhede in kennis stel indien hul die dier gewaar. Gister het hulle 'n jong koedoebul verdoof…
Die Amerikaanse musieklegende Stevie Wonder is Ghanese burgerskap toegestaan tydens 'n besoek aan Accra saam met sy gesin. Wonder het gesê dit is 'n droom wat waar geword het om 'n burger van die Wes-Afrika land te word. Ghana se president, Nana Akufo-Addo, het Wonder se talent en Afrika-bande geprys…
Die #BreakFree groep wat onder die One Economy Foundation val het 'n nuwe program geloods. Die program, Resilient Hearts, het ten doel om lede van die publiek wat seksuele mishandeling en geslagsgeweld ervaar het, te behandel. Die program het hulle sperdatum vir aansoeke uitgestel tot 24 Mei. Kosmos 94.1 Nuus…
Die Ikhaya Somandla-familie van ISF Trading beoog om 'n groenenergiekompleks in Walvisbaai te ontwikkel wat 'n olieraffinadery, 'n hernubare-energie-kragstasie en verwante bergingsfasiliteite sal insluit. 'n Omgewingsimpakstudie word gedoen deur Green Earth Environmental Consultants, wat 'n openbare vergadering op 24 Mei by die Narraville-gemeenskapsaal sal hou vir openbare konsultasies. Kosmos 94.1…
'n Voorlopige verslag van die vliegtuigongeluk op 3 Mei wat die lewens van drie Westair-werkers geëis het, sal na verwagting teen die einde van die maand gereed wees. Volgens Ben Engelbrecht, 'n ondersoeker by die Direktoraat van Vliegtuigongelukke en Insident Ondersoeke, word vermoed dat die vliegtuig se linkerenjin onklaar geraak…
Namate Kunsmatige Intelligensie-tegnologie vorder, staan Namibië op die drumpel van ongekende geleenthede om nywerhede te hervorm en die lewenskwaliteit van burgers te verhoog. Van die verhoging van produktiwiteit in landbou en vervaardiging tot 'n rewolusie in gesondheidsorg-lewering en vervoerstelsels, lyk die potensiële toepassings van KI onbeperk. Daar is egter steeds…
Die Slagoffer-identifikasiesentrum en Forensiese Patologie-diens in George in die Wes-Kaap het 18 van die 33 oorledenes van verlede week se gebou-ramp uitgeken. Negentien konstruksiewerkers word nog vermis. Die George-munisipaliteit se woordvoerder, Chantel Edwards-Klose, sê sewe van die 18 slagoffers is Suid-Afrikaners, vyf is Malawiërs, drie is van Zimbabwe, twee van…
Krieket: Delhi Capitals het sy groepsfase van die Indiese Premierliga afgesluit met ʼn sege van 19 lopies oor Lucknow Super Giants om op koers te bly vir ʼn plek onder die top vier, al is dit net wiskundig gesproke. Die Capitals het 208 vir vier behaal met vyftigtalle deur die…
Gevalle van geslagsgeweld kom weekliks voor in die polisie se misdaadverslag. Die probleem blyk nie om onder beheer te kom nie. Met die verkiesing wat op hande is het Kosmos 94.1 Nuus by die verskillende politieke partye aangeklop om te hoor wat hulle oplossings is vir landskwessies. Joyce Muzengua van…
Die African Transformation Movement sê omvattende en strategiese ingryping is nodig om die ekonomie weer lewe te gee en volhoubare indiensneming te verseker. Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer het in die eerste kwartaal vanjaar tot 32,9-persent gestyg teenoor 32,1-persent die vorige kwartaal. ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê die regering kan…
Die waterwese-departement in die landbou, water en grondhervorming-ministerie gaan 'n ondersoek na die monitering van waterhulpbrongehalte en besoedelingsbeheer in die Windhoek-jurisdiksie doen. Verteenwoordigers van die departement sal tussen 20 Mei en 24 Mei ter plaatse inspeksies by verskillende fasiliteite doen. Dit is 'n roetine-inspeksie om nakoming van regulasies te verseker…
Daar is uiteindelik goeie nuus in verband met stropery en veediefstal. Owerhede het onlangs melding gemaak van samewerking van die gemeenskap wanneer die misdadigers hulle gesteelde vleis verkoop en die boodskap het blykbaar die Gibeon-gemeenskap bereik. Christiaan Swartbooi, van die nedersetting se operasionele komitee teen veediefstal sê daar is vanjaar…
Die Instituut vir Openbare Beleid sê in sy kwartaallikse ekonomiese oorsig die meeste sektore van die ekonomie het verlede jaar positiewe groei beleef maar vervaardiging en akkerbou het gekrimp, met laasgenoemde wat met 30 persent in die vierde kwartaal van verlede jaar gekrimp het. Dit is uiters kommerwekkend vir voedselsekerheid…
Landbouminister Calle Schlettwein sê dis alles goed en wel om die klimaatimpak van tradisionele kookmetodes aan te spreek maar, die mense wat blykbaar besoedel is arm. Hy het in Parys gepraat by die beraad oor skoon kookkuns in Afrika. Byna vier uit elke vyf Afrikane kook steeds hul maaltye oor…
COPE sê die regering onder ANC-leierskap het misluk om werk vir miljoene Suid-Afrikaners te skep wat bewys die party het ʼn doodloopstraat bereik wat beleid betref. Volgens Statistieke Suid-Afrika het die werkloosheidsyfer in die eerste drie maande vanjaar met 0,8-persent tot 32,9-persent geklim. COPE se woordvoerder, Pakes Dikgetsi, sê mislukte…
Die binnelandse sake-ministerie is besig om die Namibiese burgers se geboortesertifikate en identiteitsdokumente te digitaliseer. Namibiërs word aangemoedig om hulle inligting by die ministerie se hoofkantore te gaan opdateer, om te verseker dat dit op die ministerie se stelsel is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Margaret Kalo, die ministerie…
15 May 5AM
1 min
52 – 72
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.