Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
600 – 620

Ronaldo sê 2026 Wêreldbekertoernooi is sy laaste

Sokker: Die Portugese doelskieter Cristiano Ronaldo sê volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Kanada, Mexiko en Amerika is beslis sy laaste. Die 40-jarige, wat in Saoedi-Arabië vir Al-Nassr speel, het 953 doele vir sy klubs en land aangeteken en is die eerste manlike speler ooit wat doele aangeteken het in vyf…
12 Nov 7AM 1 min

Nuwe EasyWallet On-Send bankdiens is vinnig, veilig

Bank Windhoek het EasyWallet On-Send bekendgestel, 'n nuwe funksie wat kliënte in staat stel om geld onmiddellik van een EasyWallet na 'n ander te stuur. Dit is ‘n eerste in die Namibiese bankbedryf, wat gebruikers in staat stel om fondse tussen beursies oor te dra. Hoof van bemarking en korporatiewe…
12 Nov 7AM 1 min

Wits skors verkose SR-lid hangende verkragtingondersoek

Die Universiteit van die Witwatersrand het 'n pasverkose Studenteraadslid geskors hangend die uitslag van 'n ondersoek nadat hy daarvan beskuldig is dat hy 'n vroulike student verkrag het. 'n Medestudent het die voorval by die universiteit se Geslagsgelykheidskantoor aangemeld. Wits se woordvoerder, Shirona Patel, sê hulle veroordeel alle vorms van…
12 Nov 6AM 1 min

Regering verbind aan versnelling van grondhervorming - Mashatile

Die adjunkpresident, Paul Mashatile, sê die regering bly verbind tot die versnelling van grondhervorming terwyl dit binne die Grondwet plaasvind. In antwoord op vrae in die nasionale vergadering het Mashatile gesê die parlement het die gesag om die Grondwet te wysig, maar die terugdatering van grondeise voor 1913 word nie…
12 Nov 5AM 1 min

VSA-sluiting: Vlugte sal verder ingeperk word

Die Amerikaanse minister van Vervoer, Sean Duffy, sê vlugontwrigtings kan aansienlik vererger, en lugdienste kan vlugte afskaf as die regering ingeperk bly. Die Federale Lugvaartadministrasie het gister die verpligte besnoeiings aan vlugte by 40 van die land se grootste lughawens tot 6 persent verhoog, wat gelei het tot die kansellasie…
12 Nov 5AM 1 min

Weerkantoor voorspel nat naweek

Die sogenaamde kleinreënseisoen vertoon tot dusver baie goed en nog neerslae is op pad, maar nie soseer vir die westelike dele van die land nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die meteorologiese diens se hoofweervoorspeller, Odillo Kgobetsi, oor die reën voorspelling.
12 Nov 5AM 1 min

Talle uitdagings vir beleggers, entrepreneurs

Die Ekonomiese Vereniging van Namibië, in vennootskap met die Hanns Seidel-stigting, het 'n openbare bespreking aangebied onder die tema: "Belegging in potensiaal: Hoe waagkapitaal en private ekwiteit Namibië se ekonomiese transformasie kan dryf". Tydens die sessie het die aanbieders die probleme uiteengesit waarmee entrepreneurs in die mark te kampe het…
12 Nov 5AM 1 min

Namfisa sê oor skuldberading

Daar is kommer oor die verwydering van Artikel 110 uit die nuwe Verbruikerskredietwetsontwerp. Die artikel handel oor skuldberading, en volgens verbruikersregte-voorstanders sal die weglaat daarvan oorbelaste Namibiërs nie 'n billike kans gun om van finansiële nood te herstel nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Victoria Raimond, die woordvoerder van Namfisa…
12 Nov 5AM 1 min

Namibië en Duitsland moet weg beweeg van tradisionele skenkings

Amptenare van Namibië en Duitsland hou tans driedaagse bilaterale onderhandelinge in Lüderitz oor NDP6 se teikens. Die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, Kaire Mbuende, sê dat die twee lande weg moet beweeg van tradisionele bystand tot wesenlike beleggings in verskeie sektore. Die onderhandelinge sal na verwagting Donderdag afsluit. Mbuende het…
12 Nov 4AM 1 min

Newsom sê hy's by COP30 vir die Amerikaanse ekonomie

Die Kalifornië-goewerneur Gavin Newsom het ‘n subnasionale afvaardiging van 100 amptenare na COP30 in Brasilië gelei om te beklemtoon dat subnasionale jurisdiksies soos deelstate steeds daartoe verbind is om die klimaatkrisis aan te pak. Hy is die medevoorsitter van beide die America Is All In en die Amerikaanse Klimaatalliansie-koalisies. Hy…
12 Nov 4AM 1 min

Nuwe pogings om Gupta-broers uit te lewer

Die nasionale direkteur van Openbare Vervolging, Shamila Batohi, sê hulle sal alles moontlik doen om die Gupta-broers se uitlewering aan Suid-Afrika moontlik te maak. Die Nasionale Vervolgingsgesag se uitleweringsversoek aan die Verenigde Arabiese Emirate vir die broers Atul en Rajesh Gupta is in April 2023 verwerp. Hulle word onder meer…
12 Nov 2AM 1 min

Nog drie gevangenes wat verkeerdlike vrygelaat is, is soek

Die Verenigde Koninkryk se minister van Justisie, David Lammy, het bevestig drie gevangenes wat verkeerdelik uit tronke in Engeland en Wallis vrygelaat is, is steeds op vrye voet. Twee van die drie bevestigde gevalle is verlede jaar in Augustus en Desember vrygelaat en ʼn derde in Junie vanjaar. Volgens die…
12 Nov 2AM 1 min

Sportdobbelary eis sy tol in SA

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters sê sportdobbelary eis 'n swaar tol op geestesgesondheid. Terwyl die buurland verantwoordelike dobbelmaand vier, berig psigiaters dat oproepe na die dobbelhulplyn die afgelope jaar met 623-persent gestyg het, probleemdobbelary het tot 31-persent gestyg, met jeugverwysings wat verdriedubbel het. Melane van Zyl van die organisasie waarsku…
12 Nov 2AM 1 min

TART by Unam geïnstalleer

Studente, navorsers en internasionale kundiges het in Oktober by Unam bymekaargekom vir die installering van 'n “transient array radio telescope”, of 'n verbygaande skikking radioteleskoop, TART, wat hulle van nuuts af gebou het. Die weeklange werkswinkel was 'n mylpaal vir Namibiese radio-astronomie, wat praktiese ingenieurswese, datawetenskap en astrofisika gekombineer het…
12 Nov 2AM 1 min

Angolese brandstof voldoen nie aan regulasies nie

In reaksie op polisiehoof luitenant-generaal Joseph Shikongo se kommentaar dat daar geen wet is wat verbied dat Angolese bier en brandstof Namibië binnekom nie, maar dat daar wel streng prosedures is wat deur die polisie en die inkomste-agentskap NamRA gevolg moet wanneer goedere van die publiek gekonfiskeer word, het Kosmos…
12 Nov 1AM 1 min

Begroting moet fokus op infrastruktuur, werkgeleenthede en voedselprogram - GOOD

Die GOOD-party sê terwyl Suid-Afrika se ekonomie beskeie tekens van herstel toon, bly armoede en honger steeds 'n ernstige bron van kommer. Die party waarsku voor vandag se mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring deur die minister van Finansies, Enoch Godongwana, stadige ekonomiese groei en beperkte maatskaplike verligting laat sukkel baie Suid-Afrikaners om voedsel en…
12 Nov 1AM 1 min

Bok-hulpafrigter sê Italianers is gevaarlik

Die Springbok-hulpafrigter Tony Brown sê hulle neem Italië nie ligtelik op nie, omdat hulle 'n gevaarlike span is. Albei spanne is vol selfvertroue vir Saterdag se botsing in Turyn, met Suid-Afrika wat Frankryk met 32-17 geklop het, terwyl Italië 'n oorwinning van 26-19 oor Australië behaal het. Brown sê die…
12 Nov 12AM 1 min

Suid-Soedan op die punt an konflik

Die Verenigde Nasies waarsku Suid-Soedan toon alle tekens dat volskaalse geweld weer binnekort kan uitbreek. Die Hersiene Vredesooreenkoms is in 2018 onderteken, wat die vyf jaar lange burgeroorlog beëindig het. Toenemende skendings van die skietstilstand die afgelope jaar laat die land egter op die punt van hernude konflik. Die VN…
12 Nov 12AM 1 min

Fiori... die Ugab se klein wonderwerk

Fiori, die eerste oorlewende olifant kalf in haar trop woestyn-aangepaste olifante sedert 2014, word in Januarie drie. Gebore met die eerste reën van 2022 na jare van droogte, staan sy bekend as die "klein wonderwerk van die Ugabrivier". Kosmos 94.1 Nuus het met John Tabasco van die Brandberg White Lady…
12 Nov 12AM 1 min
600 – 620