Nust het Donderdag en vandag sy gradeplegtigheid in die hoofstad gehou waar president Netumbo Nandi-Ndaitwah die hoofspreker was. Sy het die kwessie van jeugwerkloosheid, veral onder gegradueerdes, uitgelig. Sy sê die gaping tussen markvraag en opleiding moet verklein word.
Die Konstitusionele Hof het beslis teen die parlement se besluit in die Phala Phala-saak en bevind die ampsklag-proses is ongrondwetlik en ongeldig. Dit hou verband met die diefstal op president Cyril Ramaphosa se plaas. Die hof het bevind die reël verhinder die Nasionale Vergadering om behoorlik te besluit oor die…
Die internasionale handelstatistieke vir Maart is deur die Namibiese Statistieke-agentskap bekend gemaak. Die handelstekort het op 2,3 miljard Namibiese dollar ingekom, effe beter as Februarie se 5,2 miljard dollar. Mirjam Shihepo, die agentskap se woordvoerder.
Die Arbeidersparty het lelik pak gekry in Engeland se plaaslike owerheidsverkiesing. Reform UK het skoonskip in talle van die rade gemaak. Die Britse premier Keir Starmer sê daar is nie ‘n manier wat hy sal wegstap en die land in chaos dompel nie.
Suid-Afrika gaan 'n verslag aan die Afrika-Unie voorlê nadat Ghana versoek het dat anti-migrante-betogings tydens 'n komende vergadering bespreek moet word. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die regering ondersteun die eerste land-van-veiligheid-beginsel in migrasiesake. Ntshavheni het bygevoeg daar is nie 'n oorlog in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap-streek om…
Wêreld-persvryheidsdag word vandag in die hoofstad herdenk. Die dag word op 3 Mei jaarliks gevier na die Windhoek-deklarasie op daardie dag in 1991 deur Afrika-joernaliste onderteken is. Die verklaring definieer 'n vrye pers as onafhanklik van regerings-, politieke of ekonomiese beheer, wat die basis vorm vir wêreldwye persvryheid voorspraak. Tydens…
Die plaaslike landbousektor is op hol na die energieminister, Modestus Amutse, tydens die brandstofprys aankondiging gesê het dat vulstasies nie grootmaat brandstof aan mense sonder ‘n verbruikersinstallasiesertifikaat, mag voorsien nie.
Namibiërs kan hoër voedselpryse in die komende weke en maande verwag namate steil brandstofprysverhogings toenemende druk plaas op boere wat reeds met stygende produksiekoste sukkel. Agribank se tegniese adviseur vir gewasse en pluimvee, Hanks Saisai, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die skerp styging in dieselpryse, met 4 dollar 63…
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê meer hantavirusgevalle wat verband hou met die uitbreking op die Atlantiese luukse passasierskip, kan steeds opduik as gevolg van die virus se lang inkubasietyd van tot ses weke. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Adhanom Ghebreyesus, het aan die media gesê voortgesette monitering en kontakopsporing is in…
Die Nasionale Speenkalfkampioenskap is by die Bank Windhoek-ring op die Windhoek skougronde geloods. Die kampioenskappe is al sedert 2011 ’n vaste instelling op die veilingkalender. Met veilings landswyd bring Agra Veilings produsente bymekaar. Kosmos 94.1 Nuus was by die skougronde en het met Paul Klein, die uitvoerende hoof van die…
Die verhoor van sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala en sy medebeskuldigde sal op 20 Julie in die Johannesburgse Hooggeregshof begin. Matlala en vier ander beskuldigdes staan tereg op 25 aanklagte, insluitend verskeie aanklagte van poging tot moord wat verband hou met verskeie beweerde skietvoorvalle tussen 2022 en 2024. Magaboke Mohlatlole van…
Die Internasionale Olimpiese Komitee het alle beperkings op Belarussiese atlete opgehef. Belarussiese en Russiese atlete is uit die Olimpiese kompetisie geskors ná Moskou se inval in Oekraïne in 2022. Belarussiese atlete mag nou onder hul eie vlag en volkslied deelneem. Hulle mag ook deelneem aan alle kwalifiserende geleenthede wat later…
Ekonome hersien Namibië se BBP-groeivooruitsigte afwaarts na 2,6 persent vanaf 3,8 persent vir 2026, met 'n beskeie herstel tot 2,9 persent wat in 2027 verwag word. FNB-ekonoom Mandisa van Wyk sê hierdie vooruitsigte bly onderhewig aan noemenswaardige afwaartse risiko's, insluitend die voortdurende konflik in die Midde-Ooste. Sy sê die verwagting…
Die Wes-Kaapse Rampbestuursentrum sê damvlakke het skerp gestyg ná swaar reën, met verskeie damme wat tans hul volle kapasiteit oorskry. Sekere damme in die Tuinroete en die Sentrale Karoo het binne ure vanaf lae vlakke tot meer as 100-persent gestyg, wat kommer veroorsaak oor moontlike oorstromings stroomaf. Colin Deiner van…
Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit sê die fokus is op die opspoor van vasgekeerde of ontheemde mense, aangesien weerwaarskuwings vir die streek van vlak agt na vlak ses afgegradeer is. Daar bestaan kommer oor die Knysna-, Bitou-, George- en Oudtshoorn-gebiede. Volgens die munisipaliteit se brandweerhoof, Deon Stoffels, is ongeveer 76 mense in De…
Die Amerikaanse Internasionale Handelshof het teen president Donald Trump se jongste globale tarief van tien-persent vir almal beslis. Die hof het bevind die administrasie kon nie die tariewe regverdig volgens ʼn handelswet van 1974 wat as Artikel 122 bekend staan nie. Die beslissing is die jongste terugslag vir Trump se…
Die Namibiese Mededingingskommissie sê sy ondersoek na beweerde anti-mededingende gedrag deur Ultimate Safaris en drie Kunene-bewaringsgebiede sal voortgaan, ten spyte van kritiek van toerisme-operateurs en natuurbewaarders. Kritici, insluitend dr. Chris Brown, voer aan dat die kommissie eerder Namibia Wildlife Resorts se oorheersing in nasionale parke en die Sossusvlei-pendeldiens moet ondersoek…
Spanje se Kanariese Eilande berei voor om 'n Atlantiese luukse passasierskip te ontvang wat passasiers vervoer wat deur 'n hantavirus-uitbreking geraak is, na samewerking met die Wêreldgesondheidsorganisasie. Gesondheidsowerhede tref maatreëls vir veilige ontskeping en mediese assessering van die persone aan boord die vaartuig, terwyl die skip sy roete onder streng…
'n Lys van name van meer as 2 200 begunstigdes van onopgeëiste pensioen- en voorsorgfondsvoordele is vrygestel. Die justisieministerie versoek die publiek om 'n draai by die Meester van die Hoërhof te maak om die name op die lys na te gaan om te kyk of hulle of familielede nie…
8 May 12AM
1 min
800 – 820
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.