Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
840 – 860

Niks is gedoen om oorstromings onder Hardap-damwal te verminder nie

Daar is verwagtinge dat die sluise van die Hardapdam tydens vanjaar se reënseisoen getrek sal word. Die dam is tans net minder as 59 persent vol en die watertafels in die opvangsgebied is ook hoër na die vorige seisoen. Die sluise moet op 70 persent getrek word. Ten spyte van…
14 Nov 5AM 1 min

ACC sê oor Yslandse berigte oor Fishrot-omkoopgeld

Die Teenkorrupsie-kommissie sê hy neem kennis van bewerings dat Fishrot omkoopgeld moontlik verdubbel het. Die Yslandse nasionale uitsaaier RÚV het berig dat ondersoekbeamptes in Ysland en Namibië nou skat dat die beweerde omkoopgeld toegeneem het van vroeëre ramings van ongeveer 203 miljoen Namibiese dollar tot ongeveer 408 miljoen Namibiese dollar…
14 Nov 5AM 1 min

Stad Whk het geld vir jazzfees maar nie slaggate nie?

Inwoners is woedend nadat die Stad Windhoek gesê het dat hy nie genoeg geld het om die stad se verkrummelende paaie reg te maak nie, maar tog bly fondse vloei na jazzfeeste, flitsende "Love My City"-reklameborde en straathernoemingprojekte. Die leier van die Vereniging vir Plaaslike Belange en voormalige parlementslid, Joseph…
14 Nov 5AM 1 min

Shell V Power M+Z-tydren skop 18:00 vanaand af

Daar is weer lekker motorsport die naweek, die keer aan die kus met die Shell V Power M+Z-tydren wat vanmiddag by die M+Z vertoonlokaal om sesuur afskop. Daar is 31 spanne ingeskryf. Francois Lottering is daar.
14 Nov 4AM 1 min

Mikrolenerskuld groei, huishoudings leen te veel

Volgens Namfisa se kwartaallikse verslag het die mikroleningsektor se leningsboek teen Maart vanjaar 7,6 miljard Namibiese dollar bereik, wat deur 259 266 mense verskuldig is. Termynleners, wat hul lenings oor 'n vaste tydperk van maande of jare terugbetaal, het 61 persent van die bedrag geskuld. Korttermyn- of betaaldagleners is verantwoordelik…
14 Nov 4AM 1 min

SA se mynbousektor verbeter vertoning

Statistieke Suid-Afrika sê mynbouproduksie het met 1,2-persent in September gestyg in vergelyking met dieselfde maand verlede jaar. Die grootste bydraers was platinum, goud en steenkool, terwyl mangaan en ystererts afgeneem het. In vergelyking met Augustus was produksie 2,2-persent hoër. Juan-Pierre Terblanche van Statistieke SA sê verkope was 8,2-persent hoër as…
14 Nov 3AM 1 min

Bezos se New Glynn-vuurpyl lanseer suksesvol

Jeff Bezos se Blue Origin het sy New Glenn-vuurpyl met twee Nasa-ruimtetuie aan boord suksesvol gelanseer vir sy reis na Mars. Die Escapade-sending is die eerste gekoördineerde orbitale wetenskapsending met meer as een ruimtetuig na die rooi planeet. Die sending se hoofwetenskaplike, Rob Lillis, sê die twee wenteltuie sal ʼn…
14 Nov 3AM 1 min

Daniel praat oor groenwaterstof en beleggings by COP30

Die omgewingsminister, Indileni Daniel lei die Namibiese afvaardiging by die COP30-beraad in Belem, Brasilië. By ‘n kantlyngeleentheid het sy gepraat oor handel en belegging vir 'n lae-koolstof- en volhoubare toekoms. Volgens haar is Namibië se groenwaterstof inisiatiewe deel van die plan.
14 Nov 2AM 1 min

Net 130 vlugtelinge van Gaza is nog in SA

Die Grensbestuursowerheid sê die 153 Palestyne wat as asielsoekers na Suid-Afrika gereis het, kan 'n 90-dae visum kry om in die land te reis. Die vlugtelinge was gister 12-uur lank op OR Tambo Internasionale Lughawe gestrand nadat hulle aanvanklik toegang geweier is omdat hulle nie die nodige vertrekstempels in hul…
14 Nov 2AM 1 min

BoN ondersoek kreatiewe bedryf

Die sentrale bank van Namibië is besig met 'n jaarlikse simposium vir die kreatiewe bedryf. Die simposium ondersoek hoe kreatiewe nywerhede volhoubare sakemodelle kan bou, toegang tot finansiering kan verkry en intellektuele eiendom kan beskerm. Die bespreking sal die befondsing, intellektuele eiendom en finansiële innoverings faktore ondersoek. By die opening…
14 Nov 1AM 1 min

RPO sê oor bek-en-klouseer

Die bek-en-klouseer situasie in Suid-Afrika gaan van erg tot erger, veral na gevalle in die Wes-Kaap bevestig is. Daar is ook 'n tekort aan entstowwe, wat kommer laat uitbrei. Dr. Frikkie Mare, die hoof uitvoerende bestuurder van die Rooivleis Produsente-organisasie.
14 Nov 1AM 1 min

Alcaraz eindig boaan die ranglys

Die 22-jarige Carlos Alcaraz is die tweede keer in sy loopbaan aan die einde van die jaar boaan die wêreldranglys. Die Spanjaard het die gesogte plek beklink nadat hy die Italianer, Lorenzo Musetti, geklop en by die ATP-jaareindtoernooi in Turyn eerste in die Jimmy Connors-groep geëindig om die halfeindronde te…
14 Nov 12AM 1 min

AU waarsku oor Trump se bewerings van Christen-sterftes in Nigerië

Die Afrika-unie Kommissie se voorsitter, Mahmoud Ali Youssouf, het teruggekap teen president Donald Trump van Amerika se bewerings van massamoorde op Christene in die noorde van Nigerië. Trump dreig met militêre optrede en beskuldig die Nigeriese regering dat hy nie, wat Trump as ʼn massaslagting op Christene in die land…
14 Nov 12AM 1 min

Uiters goeie pryse by Agra-veiling in hoofstad

Agra Veilings het weer ‘n suksesvolle kommersiële veiling Donderdag in die hoofstad gehou. Uiters goeie pryse is behaal en soos Paul Klein, algemene bestuurder van Agra Veilings aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik, handel dit oor die reën, goeie weiding en ekstra slagkapasiteit wat aangebring word. Klein het die gemiddelde pryse…
14 Nov 12AM 1 min

Ekonoom sê oor goeie vertoning van SA-rand

Die Suid-Afrikaanse rand het vir die eerste keer sedert Februarie 2023 tot onder 17 per Amerikaanse dollar versterk, terwyl aandele en effekte gestyg het na die middeltermynbegrotingsopdatering wat 'n laer inflasieteiken en verbeterde fiskale vooruitsigte insluit. Die rand het soveel as 0,8 persent gestyg en sy sterkste vlak in byna…
13 Nov 11PM 1 min

Nujoma maak ommekeer op sy 'twyfelagtige' teiken

Die Khomas-goewerneur Sam Nujoma het homself gedistansieer van sy beloftes in April vanjaar om 5 000 huise in een jaar te bou en aan The Namibian gesê die teiken is deel van die Swapo-verkiesingsmanifes en nie 'n persoonlike verbintenis nie. In April vanjaar het Kosmos 94.1 die uiters verdagte teiken…
13 Nov 11PM 1 min

VSA-publiek ontevrede met regering se hantering van Epstein-skandaal

Verwikkelinge in Amerika rondom die nuut-vrygestelde persoonlike e-posse van die veroordeelde seksoortreder Jeffrey Epstein, waarin president Donald Trump en ander prominente figure herhaaldelik genoem word, kring steeds uit. Die Withuis het die belangrikheid daarvan van die hand gewys, met adjunk-perssekretaris Abigail Jackson wat aan die BBC gesê het: "Hierdie e-posse…
13 Nov 10PM 1 min

Cyril beklemtoon belangrikheid van boubedryf, infrastruktuur

President Cyril Ramaphosa sê infrastruktuur gee mense die grondslag om te floreer. Hy het gepraat op die tweede Nasionale Bouberaad in Boksburg, Gauteng. Ramaphosa sê gehalte-infrastruktuur verhoog produktiwiteit, verlaag lewenskoste en vuur belegging aan. Hy voer aan die boubedryf kan gemeenskappe hervorm deur werk te skep en dienste te verbeter…
13 Nov 10PM 1 min

Namibia One Fund kry lof by COP30

By COP30 in Brasilië het Andrew Johnstone, uitvoerende hoof van Climate Fund Managers, Namibië se ambisieuse klimaatsverbintenisse onder die Parys-ooreenkoms geprys. Hy het die Namibia One Fund uitgelig, 'n gemengde finansieringsinisiatief wat openbare en private beleggings lok om die land se groenwaterstofsektor en infrastruktuur te versterk.
13 Nov 10AM 1 min
840 – 860