Reaksie word ontvang van dagga-aktiviste Borro Ndungula en Brian Jaftha nadat hulle 'n hofsaak verloor het in poging om daggagebruik te dekriminaliseer. Regter Philanda Christiaan het beslis dit is 'n beleidskwessie en die saak is van die rol verwyder. 'n Mosie daaroor sal nou in die Nasionale Vergadering ter tafel…
Die parlementêre herrie oor die sogenaamde aanstelling van Gerson Sindano as voorsitter van die verkiesingskommissie duur voort. Behalwe dat AR-leier Job Amupanda bevestig het sy hofdokumente is voorberei en sal vandag ingedien word, sê IPC-leier Panduleni Ithula, president Netumbo Nandi-Ndaitwah se dokument rakende Sindano is nie in lyn met die…
China het sy sakegemeenskap en beleggers gemobiliseer om Namibië se industrialiseringsdoelwit te ondersteun met vennootskappe in nywerheidsontwikkeling en beleggings in waarde-toevoeging. Tydens president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsbesoek het sakeleiers van China en Namibië in Guangzhou byeengekom vir die Guangdong-provinsie se sakeforum. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar gekry by die LPM…
In Suid-Afrika het die GOOD-party die Stad Kaapstad se voorgestelde toepassing van verordeninge oor die voer van voëls in agterplase as oormatige staatsinmenging veroordeel. Sekretaris-generaal Brett Herron sê dit gaan oor 'n stad wat voortdurend persoonlike aangeleenthede wil beheer en telkens nuwe regverdiging daarvoor vind. Hy voeg by Kapenaars is…
Die Kavango People's Forum gaan op 17 Julie teen die voorgestelde 7 miljard Namibiese dollar Kavango Link-waterpyplyn betoog. Die projek sal behels dat water uit die Okavangorivier onttrek word en per pyplyn na Grootfontein herlei word, en van daar na die sentrale gebiede. Die forum se voorsitter, Patrick Kashera, het…
Die Kamer van Mynbou het die 13de Namibië Mynbou-ekspo en -konferensie van stapel gestuur, wat van 4 tot 6 Augustus by die Windhoek-skougronde sal plaasvind. Uitvoerende hoof Fabian Shaanika het aangekondig dat vanjaar se tema is “Van dialoog tot lewering: Evaluering van vordering in die skep van mynbou-geleide ekonomiese groei…
Terwyl ekonomiese onsekerheid huishoudings en besighede bly toets, doen welvaartkenners ’n beroep op Namibiërs om verder as korttermynwinste te kyk. Veruscka Gertze, welvaartbestuurder by Old Mutual, sê langtermyn finansiële denke, gebou op dissipline, konsekwentheid en noukeurige risikobestuur, bly een van die sterkste grondslae vir blywende finansiële stabiliteit.
Opposisiepartye veg teen wat hulle beskryf as pogings om die parlement se werk te bespoedig. Tydens 'n gesamentlike perskonferensie vanoggend het opposisie-LP's gesê dat hulle nie wetgewing óf presidensiële genomineerdes sal goedkeur sonder behoorlike ondersoeke nie. Hulle voer aan dat die parlement voldoende tyd en volledige dokumentasie gegun moet word…
Die Onderwysersunie van Namibië het die regering versoek om die praktyk om leerders na die volgende graad oor te plaas sonder dat hulle aan die vereistes voldoen, onmiddellik te staak. Die unie se visepresident, Tjandero Tjituka, sê dit is een van die grootste bydraers tot die land se hoë druipsyfer…
Die Parlementêre Staande Komitee oor Armoedebestryding, Arbeid en Nywerheidsverhoudinge hou vandag 'n konsultatiewe vergadering met belanghebbendes oor die toesigbesoek rakende diensvoorwaardes in die land se klein- en groothandelsektore. Die komitee se voorsitter, Justina Jonas, het meer.
Rugby: Die Springbok-vleuel Canan Moodie sê hulle verwag Saterdag op Loftus Versfeld in Pretoria ʼn taai stryd teen ʼn gevaarlike Skotse span in die tweede ronde van die Nasieskampioenskap. Suid-Afrika het Engeland verlede naweek in die eerste ronde 45-21 afgeransel, terwyl Skotland Argentinië 47-38 verslaan het. Moodie, wat die 25ste…
Die geskorste hoof van Ekurhuleni se regsdienste, Kemi Behari, en nog drie mense is in hegtenis geneem deur die Madlanga-kommissie se aanbevelings-taakspan. Behari is voor die kommissie betrek dat hy na bewering die hoof van Ekurhuleni se Metropolisie, Julius Mkhwanazi, teen tugoptrede beskerm het. Nasionale polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die…
Meer inligting is bekend oor die Namibiese Mededingingskommissie se uitnodiging aan die publiek wat uitgereik is vir môre. Die kommissie sal 'n belanghebbendes-konferensie rakende die voorgestelde samesmelting tussen CFAO Healthcare en Nampharm hou. Die Franse maatskappy is 'n toonaangewende pan-Afrikaanse farmaseutiese verspreider en logistieke verskaffer. Dina //Gowases, die kommissie se…
Die legendariese Walliese rocksangeres Bonnie Tyler is in Portugal op 75-jarige ouderdom oorlede. In 'n verklaring op haar Facebook-blad sê haar familie dat sy onverwags Woensdagaand in die hospitaal oorlede is. Sy is in intensiewe sorg behandel nadat sy in Mei in 'n geïnduseerde koma geplaas is na 'n nood-dermoperasie…
Die vakbond Nehawu sê hy is bekommerd oor bewerings dat die administrateur van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente geld mors. Volgens berigte het professor Hlengani Mathebula vier tegniese raadgewers teen 10 miljoen Suid-Afrikaanse rand per jaar gehuur en 200 000 rand aan huisvesting en reiskoste bestee. Die woordvoerder van…
Reaksie word ontvang oor landbougegradueerdes wat die meeste werkloosheid ervaar, volgens 'n ondersoek deur die Nasionale Raad se Staande Komitee oor Onderwys. Werkloosheid onder landbou-graduandi het ingekom op 47 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner Wallie Roux gepraat.
Die stropery van ietermagô’s duur onverpoosd voort met onlangse berigte van individue wat in hegtenis geneem is vir die onwettige besit van ietermagôvelle. Kosmos 94.1 Nuus het met Kelsey Prediger, die stigter van die Pangolin Conservation and Research Foundation, gepraat, wat sê dit is kommerwekkend dat die saak nie meer…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê Namibiese sakeleiers moet die geleentheid in China gebruik om bankbare projekte te soek wat nywerhede, werkgeleenthede en waardetoevoeging van produkte in Namibië skep. Nandi-Ndaitwah het meer as 200 verteenwoordigers van die Namibiese privaatsektor en staatsbeheerde ondernemings by die Namibië-China Sakeforum in Beijing toegespreek.
9 Jul 6AM
1 min
840 – 860
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.