100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
1480 – 1500

Royal Hotel sluit glo eersdaags sy deure

Die historiese Royal Hotel in Pilgrim’s Rest gaan volgens berigte gesluit word. Die waarnemende uitvoerende hoof van MRTT het onlangs vir die staande komitee oor openbare rekeninge gesê dat die raad dié besluit geneem het omdat die honderd-sewe-en-twintig-jarige hotel nie finansieël volhoubaar is nie. Sy verliese het glo in 2019/20…
1 Jun 2021 8AM 1 min

Mbombela keur begroting vir finansiële jaar goed

Mbombela-munisipaliteit se begroting vir die 2021/22 finansiële jaar wat op 1 Julie afskop, is gister tydens ‘n raadsvergadering goedgekeur. DA-raadslid Sanley van der Merwe sê egter dat hulle steeds nie die verslag van die ouditeur-generaal of die geouditeerde finansiële verslag van 2019/20 gesien het nie. Volgens haar word dokumentasie van…
1 Jun 2021 7AM 1 min

Thaba-Chweu stop onwettige heffings op krag

Thaba Chweu-munisipaliteit het onderneem om die onwettige fooie wat herverkopers van elektrisiteit in die area hef, stop te sit. Volgens ‘n kennisgewing is dit onwettig vir verkopers om ekstra geld te vra wanneer verbruikers elektrisiteit koop. DA-raadslid, Comfort Sibiya, het die besluit verwelkom. Hy voeg by dat inwoners wat agter…
1 Jun 2021 7AM 1 min

Mbombela besoek Dinsdag Witrivier oor waterkrisis

Mbombela-stadsraad het onderneem om more by Witrivier se watervervoerstelsel besoek af te lê om te bepaal waar die probleme is. Raadslid, Rowan Torr, sê die dorp beleef al geruime tyd ‘n krisis in watertoevoer. Die “Power of eight-thousand”-groepering sowel as die Witrivier-belastingbetalersvereniging sê hulle weet verskeie kwessies staar die dorp…
31 May 2021 8AM 1 min

60-plussers nou sonder vooraf-registrasie by Robs geënt

Mpumalanga se gesondheidsdepartement het bevestig dat mense ouer as 60 die Covid-inenting kan ontvang sonder om vooraf te registreer of vir afsprake te wag. Chris Nobela sê dit geld vir al ses openbare hospitale waar die entstof toegedien word. In Ehlanzeni is dit Rob Ferreira- en Shongwe-hospitale. President Cyril Ramaphosa…
31 May 2021 8AM 1 min

LUR bekommerd oor nege sterftes op N4 binne vier dae

Mpumalanga se LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, het 'n beroep gedoen op motoriste om versigtig te bestuur, na nege mense binne vier dae op die N4 naby Ngodwana in ongelukke dood is. Vroeg Saterdagoggend is drie mense dood toe ‘n kar gerol het. Een persoon is lig beseer en een…
31 May 2021 7AM 1 min

Plaaslike sekuriteitsmaatskappye werk saam teen rooftogte op N4

Die polisie en sekerheidsmaatskappye het Vrydagaand ‘n sigbaarheids-operasie op die N4 uitgevoer. Dít na ‘n vlaag voorvalle waar motoriste se bande beskadig word om hulle te dwing om te stop voor hulle beroof word. Hennie Bekker van AfriForum sê mense van Malalane tot Middelburg het deelgeneem en geen voorvalle is,…
31 May 2021 5AM 1 min

Sanparke waarsku oor nuwe kontrolepunte

Sanparke is besig om kontrolepunte in die Suide van die Krugerwildtuin op te stel. Dit is bedoel om areas beter te beheer ten einde renosterstropery te bekamp. Wildtuin-woordvoerder, Ike Phaahla, sê hulle besef dit kan toeriste verontrief, maar die militêre polisie en toerisme-monitors is instruksie gegee om vriendelik te wees…
28 May 2021 3AM 1 min

Roan Ash Saterdag regstreeks op jou radio

Die derde aflewering van die In jou huis-konsertreeks is hier. Die gelukkige Laeveldse gehoor sal môre deur Roan Ash vermaak word. Die reeks van ses konserte word aangebied in samewerking met Innibos, kykNet en Radio Laeveld. Bywoning is op uitnodiging, maar almal kan Saterdag om sewe-uur inskakel op 100.5FM, om…
28 May 2021 3AM 1 min

Sabie dreig Thaba Chweu met regsaksie oor riool en water

Die Sabie-belastingbetalersvereeniging sal voortaan regstappe gebruik om Thaba Chweu-munisipaliteit te dwing om beter dienste te lewer. Gwilym Rees sê riool en water is hul grootste fokus. Die dorp se rioolwerke funksioneer reeds meer as 'n jaar nie ten volle nie, en daar is nie genoegsame pompe om watervoorsiening te verseker…
27 May 2021 7AM 1 min

Tweede vermeende transito-rower vasgetrek

‘n Tweede vermeende transito-rower is gister deur die Valke aangekeer. Lucky Surprise Maseko word beskuldig van ‘n transito-roof, moord en kardiefstal. ‘n Groep gewapende mans het op 16 April ‘n geldwa in Kabokweni aangeval. Die bestuurder is doodgeskiet. Hul wegkomvoertuie (wat gesteel en gekaap was) is by ‘n huis in…
27 May 2021 7AM 1 min

Publiek aangemoedig om betrokke te raak teen wysigingswet op wapens

Voorgestelde wysigings aan die vuurwapenwet wat mense sal verhoed om vir selfverdediging ‘n lisensie te bekom, het wapeneienaars warm onder die kraag. Christo Botha van Aim Training Academy in Witrivier sê die voorstelle is absurd. Hy is bekommerd dat dit deurgevoer kan word, maar wys daarop dat die publiek dit…
27 May 2021 5AM 1 min

Valke soek vermeende dwelmhandelaar

Die Valke is op soek na ‘n vermeende dwelmhandelaar wat versuim het om gister in die hof te verskyn. Mayibongwe Masina is in April verlede jaar saam met twee ander mans betrap met dagga ter waarde van 12-duisend-Rand. Kaptein Dineo Sekgotodi sê Masina en Sizwe Mkhonza was passasiers in die…
26 May 2021 8AM 1 min

DA spreek kommer uit oor roofbendes op Mpumalanga-paaie

Die DA het 'n beroep gedoen op LUR Vusi Shongwe om in te gryp in 'n vlaag misdaad waar voorwerpe op paaie geplaas word om motorbande te beskadig. Dit forseer bestuurders tot stilstand en hulle word dan beroof deur gewapende bendes. 24 gevalle is tussen 1 April en 18 Mei…
26 May 2021 8AM 1 min

Baanbrekerswerk maak leer pret ook

Die Penryn Prep Online School het vroeër die jaar operasioneel geraak vir grade vier tot sewe. Dit gebruik interaktiewe tegnologie en die curriculum kombineer CAPS, IEB, en Cambridge. Nicole Dos Santos, Penryn Prep Online se hoof van departement, sê vandag se kinders moet voorberei word vir die werkplek van more,…
26 May 2021 4AM 1 min

Wildtuin verwelkom stropers se vonnisse

Die Krugerwildtuin het onlangse vonnisse vir renosterstropers verwelkom. Ike Phaahla sê groot suksesse is in vervolging aangeteken sedert die hof in Skukuza weer operasioneel geraak het op 1 April. Gister is Solly Ndima tronkstraf opgelê van 25 jaar vir verskeie oortredings, waarvan hy effektief 16 jaar uit sal dien. Vrooër…
25 May 2021 8AM 1 min

BAT kritiseer Pumbaa oor permitte

Ban Animal Trading sê dieretuine is net daar vir vermaak, en het geen opvoedkundige waarde nie. Dr Smaragda Louw sê na aanleiding van die boete wat Pumbaa Wildlife Park aan die MTPA moes betaal, dat mense moet besef dis net ‘n sake-onderneming. Die dieretuin is met honderd-duisend-Rand beboet omdat hul…
25 May 2021 4AM 1 min

Bajabulise Thela eersdaags in internasionale kompetisie

Bajabulise Thela (17), ‘n graad 12-leerling aan Lowveld High, sal eersdaags die land verteenwoordig in die Mej. Tiener Bo-nasionale kompetisie. Dit word in Oktober in Guatemala aangebied waar sy teen deelnemers van 14 ander lande deel gaan neem om die internasionale kroon. Bajabulise sê sy sien daarna uit om mense…
24 May 2021 6AM 1 min

Drie gearresteer na grondgryp langs R40

Grondgrypers wat verlede week ‘n stuk grond langs die R40 tussen Witrivier en Msholozi beset het, is gearresteer. Dewald Oberholstervan die Witirivier gemeenskapspolisiëringsforum sê tot dusver is drie aangekeer. Ander besetters kon vlug. Hy voeg by dat die polisie steeds die situasie monitor. Oberholster sê die eienaar van die besette…
24 May 2021 4AM 1 min

Sewende vermeende sindikaat-lid aangekeer weens belastingontduiking

‘n Sewende verdagte wat glo as lid van 'n sindikaat bedrog en diefstal gepleeg het, en die belastingwet oortree het, is Vrydag deur die Valke aangekeer. Cynthia Zanele Maluleke het glo onregmatige betalings van amper een-miljoen-Rand ontvang. Sy is borg van drie-duisend-Rand toegestaan deur die hof vir kommersiële misdaad in…
24 May 2021 4AM 1 min
1480 – 1500