100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
860 – 880

Komatipoort-ryer steeds sewende in Dakar met drie skofte oor

Die Fransman Sebastian Loeb het gister weereens die skof van die Dakar-tydren in die sogenaamde Leë Kwartier in Saoedi-Arabië gewen in die T1-klas. Die 2022 wenner, Nasser Al Attiyah, is steeds los voor. Die Suid-Afrikaners, Henk Lategan en Brett Cummings is tans algeheel in die vierde plek met hul landgenote,…
13 Jan 2023 2AM 1 min

Twee vermeende sakerowers verskyn in Nkomazi

Twee verdagtes wat Dinsdagoggend glo ‘n kitsbank in Hazyview beroof het, verskyn vandag in die Nkomazi-landdroshof in Tonga. Hulle is naby Komatipoort deur ‘n multidissiplinêre-taakspan vasgetrek. Volgens Kolonel Donald Mdhluli word hulle moontlik met verskeie ander sakerowe en transitorooftogte regoor die provinsie verbind. Hulle was glo in besit van ‘n…
12 Jan 2023 4AM 1 min

Mpumalanga tevrede met verloop van eerste skooldag

Die Mpumalanga departement van onderwys sê hy is tevrede met die verloop van die eerste skooldag gister. ‘n Woordvoerder, Gerald Sambo, sê ongeveer 120-duisend graad eens het hul skoolloopbaan in die provinsie begin. Volgens hom het alles vlot verloop in die meeste skole. Ten minste 1-duisend-200 graad eens en meer…
12 Jan 2023 1AM 1 min

Mpumalanga Onderwys sê geen-fooi-skole het genoeg leermateriaal

Die onderwysdepartement in Mpumalanga sê dit is besorg dat ouers van leerlinge in sommige geen-fooi-skole gevra word om addisionele skryfbehoeftes en leermateriaal aan te koop. ‘n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê dit wat deur die departement verskaf word is deur kurrikulum-kenners bepaal en is voldoende. Hy voeg by…
11 Jan 2023 7AM 1 min

Polisiekaptein vas oor beweerde omkoopgeld

‘n Vroulike polisiekaptein het gister in die Emalahleni-landdroshof verskyn op aanklagte van korrupsie, regsverydeling, ontvoering en afpersing. Volgens die polisie is sy Maandag in Witbank saam met twee manlike medebeskuldigdes aangekeer. Hulle het na bewering 13 vermeende ongedokumenteerde mense in ‘n vangwa toegesluit en omkoopgeld van R10 000 geëis van…
11 Jan 2023 2AM 1 min

Verbrande liggame by stortingsterrein ontdek

Die verbrande liggaame van twee mans is Maandagaand by 'n stortingsterrein in Casteel buite Acornhoek naby Bosbokrand ontdek. Volgens Kolonel Donald Mdhluli moet die oorsaak van hul dood deur ‘n nadoodse ondersoek vasgestel word. Die motief vir die moorde is tans onbekend. Drie beeskarkasse is ook naby die liggame gevind…
11 Jan 2023 2AM 1 min

Komatipoort-ryer nou sewende in Dakar

Die Fransman Sebastian Loeb het gister die negende skof van die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië ingepalm, sy derde trajek-oorwinning vanjaar. Die negemalige wêreldkampioenman is nou algeheel derde en elf minute nader aan Nasser Al Attiyah van Katar wat 'n algehele reuse-voorsprong van 1 uur en 21 minute het. Die Suid-Afrikaners, Henk…
11 Jan 2023 2AM 1 min

Verdagtes gesoek wat kitsbank in Hazyview beroof

‘n Groep van ongeveer vier gewapende verdagtes het in die vroeë oggend ure ‘n kitsbank by ‘n vulstasie in Hazyview beroof. Volgens Kolonel Donald Mdhluli het hulle om ongeveer 01:40 ingestorm en die petroljoggies en sekuriteitsbeamptes met wapens aangehou. Hulle het ‘n kitsbank by die drankwinkel beskadig voor hulle die…
10 Jan 2023 7AM 1 min

Leerlinge wag steeds om in Mpumalanga-skole geplaas te word

Leerlinge wag steeds om in Mpumalanga-skole geplaas te word voor die skole môre vir die 2023 skooljaar heropen. ‘n Woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, Gerald Sambo, sê die meeste graad een en graad agt leerlinge is suksesvol in skole geplaas. Die wat nog wat op plek wag is hoofsaaklik in…
10 Jan 2023 5AM 1 min

Vermeende dief wat by skool inbreek vasgetrek

‘n 38-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy by 'n skool ingebreek en rekenaars gesteel het, is aangekeer. Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, is sewe rekenaars wat aan die regering behoort en na vermoede by Yedwa Laerskool in Pienaar buite outside Nelspruit gesteel is, in sy besit gevind saam…
9 Jan 2023 4AM 1 min

Gedeeltelik ontbinde liggaam in Tonga ontdek

Die polisie in Mpumalanga vra die publiek om hulle te help om die liggaam te identifiseer van ‘n man wat wat Vrydag in Tonga buite Komatipoort ontdek is. Volgens Brigadier Selvy Mohlala was die gedeeltelik ontbinde ligaam in 'n stroom naby ‘n burg oor die R571. Hy is na skatting…
9 Jan 2023 3AM 1 min

SA voertuie, bestuurders tops halfpad deur Dakar 2023

Die eerste week van die 2023 Dakar-tydren in Saoedi-Arabië was 'n groot sukses vir Suid-Afrikaanse bestuurders, navigators en voertuie met plaaslike voertuie wat in drie van die vier kar-kategorieë lei. Die verdedigende kampioene, Nasser Al-Attiyah en Mathieu Baumel, is in 'n Gazoo Racing Hilux met vyf SA Hiluxes wat die…
9 Jan 2023 2AM 1 min

'n Oranje Vlak 5-waarskuwing vir ontwrigtende reën in die Laeveld

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n oranje vlak 5-waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reën in die Laeveld vandag. Mbombela, Thaba Chweu, Nkomazi en Bosbokrand kan vanaf môre laatmiddag tot Vrydagoggend hoë reënval te wagte wees. Dit kan tot plaaslike oorstromings lei en paaie en verkeer affekteer. Mense is aangeraai om dit eerder…
5 Jan 2023 4AM 1 min

Basson dankbaar dit het ophou reën vir vyfde skof van Dakar

Plaaslike tydrenryer Eben Basson en sy medebestuurder vir die Hilux-span, Leander Pienaar, het gister die vierde skof van die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië voltooi. Hulle is deel van die G Rally-span in ‘n klas T3 OT3. Die Fransman Sebastien Loeb het die vierde skof vir die T1-klas gister gewen. Voor die…
5 Jan 2023 2AM 1 min

Basson lê 17de na Dag 3 van Dakar 2023

Die Laeveldse tydrenryer, Eben Basson van Komatipoort, en sy medebestuurder vir die Hilux-span, Leander Pienaar, lê 17de in hul klas na die derde skof van die 2023 Dakar-tydren in Saoedi-Arabië gister. Hulle is deel van die G Rally-span van België in ‘n klas T3 OT3. Die 45ste aanbieding van die…
4 Jan 2023 3AM 1 min

Betaling aan 'gestrande' studente in Rusland vorder

Die Mpumalanga Onderwysdepartement sê hy het vordering gemaak met die betaling van studiegelde vir studente wat met beurse van die departement in Rusland studeer. ‘n Woordvoerder, Gerald Sambo, sê betaling van sakgeld en verblyfgeld is op datum. Klasgelde vir sowat 105 studente is ook gefinaliseer. Volgens Sambo is die vertraging…
3 Jan 2023 6AM 1 min

Stappers uit berge gered

Twee stappers is gisteraand om ongeveer 22:40 uit die berge gered in die omgewing van Marlothi Chalets tussen Elandshoek en Waterval Onder. Volgens die woordvoerder van Emer-G-Med, Kyle van Reenen, het die een man sy been gebreek. Beide is hospitaal toe geneem.
30 Dec 2022 3AM 1 min

Man beboet oor onwettige wildsvleis

‘n 53-jarige man van Thulamahashe buite Bosbokrand is gister ‘n boete van 2-duisend-500-Rand opgelê vir die onwettige besit van wildsvleis. Volgens Brigadier Selvy Mohlala sluit dit vleis van ape en hiënas in sowel as drie gedroogte krokodilvelle en ‘n vars krokodilkarkas.
29 Dec 2022 9AM 1 min

Nog 'n gesteelde voertuig by Oshoek teruggevind

‘n Man verskyn vandag in die Elukwatini-hof vir die besit van gesteelde goedere. Hy is gister by die Oshoek-grenspos aangekeer. Hy was glo in besit van ‘n Nissan NP-200-bakkie wat in Januarie in Boksburg as gesteel aangemeld is. Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê dit vorm deel van hul veiliger feestyd…
29 Dec 2022 4AM 1 min

Vermeende verkragter op vrye voet in Mpumalanga

Die polisie in Kwamhlanga ondersoek hoe ‘n vermeende verkragter op 21 Desember uit aanhouding ontsnap het. Die 29-jarige Bheki Moses Phakathi het na bewering van polisielede van Tweefontein ontsnap in die hofgebou waar hy sou verskyn. Hy staar vyf aanklagte van verkragting sowel as ‘n klag van huisbraak in die…
29 Dec 2022 1AM 1 min
860 – 880