100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
880 – 900

Vermeende gewapende rower aangekeer

'n 45-jarige man is aangekeer op aanklagte van moord, gewapende roof en besit van ‘n vuurwapen. Hy is Maandag in Mkhuhlu aangekeer op aanklagte dat hy Aby Nginindza vroeg Maandagoggend by ‘n taverne in Mkhuhlu beroof en geskiet het. Brigadier Selvy Mohlala:
28 Dec 2022 8AM 1 min

Sekuriteitswagte op Numbi-pad geskiet

Twee sekuriteitswagte is gister geskiet en van hul vuurwapens beroof terwyl hulle die Numbi-pad gepatrolleer het. Gewapende patrollies op die pad ingestel na verskeie geweldadige aanvalle op besoekers aan die Krugerwildtuin. Volgens die polisie het twee gewapende mans verskyn en op die wagte geskiet. Hulle is ernstig beseer en per…
28 Dec 2022 7AM 1 min

Polisielid gewond tydens skietgeveg met gewapende mans

‘n Polisiebeampte is gewond tydens ‘n skietgeveg met gewapende mans gister op die R570 Jeppes Reef-pad buite Malalane. Volgens die polisie het lede tydens ‘n patrollie vier swaar gewapende mans in ‘n enkelkajuitbakkie opgemerk. Hulle het hulle genader en die skietery het uitgebreek. Die beampte is in die bolyf getref…
20 Dec 2022 5AM 1 min

Gevalle van masels neem toe in Mpumalanga

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê die voorkoms van nuut bevestigde gevalle van masels onder kinders in Mpumalanga, Limpopo, Gauteng en Noordwes het gestyg. Verlede maand is drie gevalle van masels in Ehlanzeni-distrik bevestig. Daar is nou 50 gevalle in Mpumalanga, 98 in Limpopo, 13 in Noordwes en agt…
19 Dec 2022 7AM 1 min

Nog ‘n vragmotorbestuurder is by Komatipoort ontvoer

‘n 42-jarige vragmotorbestuurder is Vrydag deur wetstoepassers gered na hy Donderdag naby die Lebombo-grenspos ontvoer is. Volgens die polisie is ‘n losprys van 50-duisend-Rand by sy werkgewer geëis. Twee verdagtes is aangekeer. Polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, sê ‘n windbuks, messe, verskeie selfone en ‘n groot bedrag kontant is in hul…
19 Dec 2022 1AM 1 min

Voortvlugtiges gee hulself oor aan Valke

Twee verdagtes wat na bewering Krugerwildtuin-veldwagters en hul familielede betaal het vir taktiese inligting om renosterstropingsindikate mee te help, het hulself aan die owerhede oorhandig. Martin Prince en Eunice Lekhuleni was voortvlugtig na nege familielede van die voormalige veldwagters Chikwa Maluleke en Solly Ubisi op 2 Desember tydens operasie “Blood…
16 Dec 2022 5AM 1 min

Verdagte kry borgtog na versteekte renosterhorings gevind is

Twee verdagtes het Woensdag die Ermelo-hof verskyn vir die besit van renosterhorings met ‘n geraamde waarde van 876-duisend-Rand. Junior Chauke (49) en Prince Ntsako Letswele (33) is Donderdag aangekeer na die polisie ‘n wenk ontvang het oor mense in besit van vuurwapens. Hulle is voorgelê het glo probeer vlug toe…
16 Dec 2022 4AM 1 min

Drie skuldig wat Eskom uit R2,6 miljoen bedrieg

Drie mense is Woensdag in die Nelspruit-landdroshof skuldig bevind aan bedrog en geldwassery na hulle Eskom uit R2,6 miljoen bedrieg het. Volgens die Valke het Micheal Chimanzi, Nwabisa Ngxola en Cinderella Moropane tussen 2013 en 2019 fakture aan Eskom uitgemaak wat die kragverskaffer betaal het, sonder dat enige dienste gelewer…
16 Dec 2022 2AM 1 min

TRAC waarsku oor druk verkeer op die N4 vandag en môre

TRAC sê druk verkeer word van vandag af verwag op die N4-tolpad. Volgens kommunikasiebestuurder, Solange Soares, is vandag en môre sowel as die 23ste en 24ste die besigste op die roete. Alle bane is oop vir verkeer en tol-plazas sal teen maksimum vermoë funksioneer. Alle konstruksiewerk is vir die feestyd…
15 Dec 2022 7AM 1 min

Deel 1: Wat om te weet wanneer jy die NKW die feestyd besoek

SANParke het 'n beroep gedoen op besoekers om vooraf te bespreek en die reëls van die Krugerwildtuin die feestyd na te kom. Woordvoerder, Ike Phaahla, sê daaglikse kwotas geld vir dagbesoekers by die toegangshekke. Daar is drie tydgleuwe vir voorafbesprekings.
14 Dec 2022 6AM 1 min

Vrou noodlottig gewond tydens stokvel-roof buite Witrivier

‘n 23-jarige man en vrou verskyn vandag in die Kabokweni-hof na die skietdood van ‘n 30-jarige vrou Saterdag in Mshatsa naby Masoyi buite Witrivier. Volgens die polisie het twee gewapende mans ‘n groep vroue wat besig was om hul stokvel-kontant te verdeel aangehou, beroof en die een geskiet. Sy is…
14 Dec 2022 1AM 1 min

Premier waarsku motoriste voor die feestyd

Die Mpumalanga premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sê motoriste op Mpumalanga se paaie moet bewus wees dat wetstoepassers in hul volmag roetes hierdie feestyd sal patrolleer. Sy het in haar feestydboodskap ook gesê dat Covid-19-infeksies aan die toeneem is, en inwoners gemaan om versigtig te wees.
13 Dec 2022 4AM 1 min

Vrou gevonnis vir belastingontduiking

‘n Voormalige regeringsamptenaar wat na bewering deel is van ‘n sindikaat wat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens uit 950-duisend-Rand bedrieg het, is Donderdag in die hof vir kommersiële misdade in Nelspruit gevonnis. Valke-woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê Cynthia Zanele Maluleka sou 50-duisend-Rand ontvang het. Sy is ‘n boete van 20-duisend-Rand of drie…
13 Dec 2022 3AM 1 min

TRAC gereed vir feestydverkeer

TRAC het verskeie verkeersmaatreëls aangekondig om verkeersvloei op die besige N4-tolpad hierdie feestyd te vergemaklik. Die grootste volumes verkeer word op 9, 15, 16, 23 en 24 Desember verwag sowel as 2 en 3 Januarie. Kommunikasiebestuurder, Solange Soares sê voorkeurbane is vanjaar by alle tolhekke in werking. Besoek radiolaeveld.co.za vir…
12 Dec 2022 7AM 1 min

DA vra ondersoek na verkeersdepartement in Thaba Chweu

Die DA het die stadsbestuurder van Thaba Chweu-munisipaliteit gevra om ondersoek in te stel na die aktiwiteite van die Bohlabela-Streek Brand en Noodienste in die munisipaliteit. Volgens raadslid Marius Opperman het B-R-F-E-S nie ‘n diensvlakooreenkoms met Thaba Chweu, Ehlanzeni of die departement van openbare werke nie, en vorder hy onwettig…
12 Dec 2022 4AM 1 min

Ondersoek na matrikulante glo verneuk

Die departement van basiese onderwys het ‘n ondersoek geloods na beweringe dat matrikulante tydens die eindeksamen verneuk het. Meer as 'n duisend leerlinge in ses provinsies word betrek. In Mpumalanga het een-duisend-127 leerlinge in die Manyeleti-kring van Bohlabela-distrik glo tydens 'n ekonomie-vraestel verneuk. Hulle het onderwysers glo betaal om by…
12 Dec 2022 3AM 1 min

Matrikulante gewaarsku teen 'penne-neer'-partytjies

Die Departement van Basiese Onderwys het vanjaar se matrieks gewaarsku teen “penne-neer”-partytjies. Die waarskuwing kom terwyl die Klas van 2022 hierdie week hul eindeksamen afsluit. Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, het ouers aangeraai om hul kinders nie toe te laat om hierdie geleenthede by te woon nie…
7 Dec 2022 6AM 1 min

Veldwagters gevonnis wat met onwettige vuurwapen in Krugerwildtuin aangekeer is

Twee voormalige veldwagters wat in Februarie 2019 aangekeer is weens ‘n ongelisensiëerde vuurwapen en ‘n gevaarlike wapen by ‘n ruskamp in die Krugerwildtuin moet elk effektief sewe jaar agter tralies deurbring. Hendric Eccelence Silinda en Achieve Musa Mlambo is gister deur die Skukuza-hof gevonnis. Hulle is aangekeer tydens ‘n klopjag…
7 Dec 2022 6AM 1 min
880 – 900