100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
900 – 920

Duisend Mpumalanga matrieks skryf môre misgeloopte wiskunde vraestel

Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, sal môre die skryf van die tweede Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid-vraestelle in Emalahleni (Witbank) monitor. 1-duisend-127 leerlinge het toestemming van die Departement van Onderwys om die vraestelle te skryf na hulle die oorspronklike vraestel misgeloop het weens redes buite hul beheer. Woordvoerder,…
7 Dec 2022 4AM 1 min

OUTA lê strafregtelike klag teen David Mabuza

Die Organisasie teen Belastingmisbruik het ‘n strafsaak teen adjunkpresident David Mabuza en 12 ander geopen. OUTA wil hê die Ondersoekdirektoraat van die Nasionale Vervolgingsgesag moet strafregtelike klagte van georganiseerde misdaad teen Mabuza bring. Die hoof- uitvoerende beampte van OUTA, Wayne Duvenhage, sê die aanklagte hou verband met rampokkeryaktiwiteite
6 Dec 2022 4AM 1 min

DA bekommerd oor ambulanstekort in Mpumalanga

Die DA in Mpumalanga sê hulle is bekommerd dat daar slegs 168 ambulanse beskikbaar is vir die provinsie se bevolking van 4,7 miljoen mense. Volgens mediese norme en standaarde moet daar een ambulans beskikbaar wees per 10-duisend mense. Volgens Jane Sithole is slegs 72 van die 168 boonop daagliks in…
5 Dec 2022 8AM 1 min

Nege vas vir geldwasserry gekoppel aan stropery

'n Ondersoek deur die Valke het vroeg Vrydagoggend gelei tot die arrestasie van nege verdagtes in verband met bedrog wat verband hou met stroperyaktiwiteite. Volgens kapt. Dineo Sekgotodi het KPMG hul geldsake ondersoek om die vloei van kontant te bepaal. Twee mans is reeds in April aangekla vir bedrog verwant…
5 Dec 2022 3AM 1 min

LUR pleit dat bestuurders in Mpumalanga versigter bestuur

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het weer ‘n beroep gedoen op bestuurders om die padreëls te gehoorsaam. Dit is na nege mense Saterdagaand in ‘n kop-botsing tussen Morgenzon en Amersfoort dood is. Al nege insittendes is op die toneel dood verklaar. Die woordvoerder van die departement, Moeti…
5 Dec 2022 1AM 1 min

Liggame van twee mans in Tonga ontdek

Die polisie in Mpumalanga het die publiek gevra om na vore te kom met inligting oor twee moorde. Dit na die liggame van twee mans gisteroggend op die perseel van die rioolwerke in Tonga deur sekuriteitswagte ontdek is. Brigadier Selvy Mohlala sê die slagoffers het sigbare beserings gehad. Daar word…
1 Dec 2022 3AM 1 min

Numsa spreek hul skok uit na ses leiers in motorongeluk sterf

Die metaalwerkersunie NUMSA sê hulle is geskok oor die tragiese heengaan van ses leiers van die mynwerkersunie NUM. Dit is nadat hulle Sondag in ‘n motorongeluk in Mpumalanga oorlede is. NUMSA se nasionale woordvoerder Phakamile Hlubi-Majola het hul innige meegevoel gestuur aan die familie en vriende van almal wat hul…
30 Nov 2022 6AM 1 min

DA vra vir 'n verbanning van blouligte in Mpumalanga

Die DA in Mpumalanga het hul misnoë uitgespreek na ‘n mosie om die gebruik van blouligbrigades deur politici in die provinsie te verbied, deur die wetgewer afgeskiet is. Volgens Bosman Grobler is dit onnodig, duur en gevaarlik. Hy sê die mosie is ter tafel gelê na die dood van die…
30 Nov 2022 6AM 1 min

SANParke vier bewaringshelde

SANParke, TotalEnergies en FNB het erkenning gegee aan verdienstelike natuurbewaarders by vanjaar se Koedoe-toekenningseremonie. Dit het op 24 November by die Gallagher-konvensiesentrum in Midrand plaasgevind. SANParke se waarnemende hoof van kommunikasie, Rey Thakhuli, sê die toekennings erken toewyding en onbaatsugtige pogings van SANParke-werknemers om die doelwitte van SANParke se mandaat…
29 Nov 2022 5AM 1 min

Twee broers verskyn in Bosbokrand vir poging tot moord op hul pa

Twee mans verskyn vandag in die Bosbokrand-hof vir poging tot moord op hul pa. Volgens brigadier Selvy Mohlala is die 68-jarige gisteraand by sy huis in Maviljan Trust deur sy seuns wakker gemaak om ‘n sleutel terug te gee. Hy het ‘n venster oopgemaak om dit te ontvang en ‘n…
29 Nov 2022 4AM 1 min

DA vra vir groter sigbaarheid van wetstoepassers vir 'n veiliger feestyd

Die DA in Mpumalanga het ‘n beroep gedoen op die provinsiale regering om die sigbaarheid van polisielede en verkeersbeamptes op provinsiale paaie hierdie feestyd te verhoog om motorongelukke te verminder. Trudie Grovè-Morgan sê ongelukke het in 2021/22 met 12-komma-5-persent toegeneem terwyl padblokkades, dronkbestuur operasies, en voertuie wat geweeg word afgeneem…
29 Nov 2022 4AM 1 min

LifeLine hou bewusmaking teen geslagsgeweld

Die jaarlikse 16 dae-veldtog van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders het afgeskop. LifeLine Nelspruit het vanoggend 'n bewusmakingsveldtog daaroor by die Promenade-sentrum in Mbombela gehou. Annriette Slabber, die direkteur van LifeLine Nelspruit, sê bewusmaking oor die kwessie is daagliks nodig, en moet die besef insluit dat mans ook…
28 Nov 2022 4AM 1 min

‘n Moeë bestuurder was moontlik die oorsaak van ‘n noodlottige ongeluk op die N4

Ses mense is dood in ‘n gru-ongeluk op die N4 tussen Middelburg en Emalahleni gisteroggend toe die bestuurder na vermoede beheer verloor het. Al ses insittendes is opslag dood. Die woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, sê hulle vermoed dat die bestuurder moeg was, maar die oorsaak word…
28 Nov 2022 1AM 1 min

Twee Transnet-werkers is in Mbombela vasgetrek met koperkabels

Twee Transnet-werkers is in Mbombela met koperkabels vasgetrek na die polisie gister op 'n wenk gereageer het. Volgens polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, was hulle ten tyde van die arrestasie aan diens, in 'n maatskappyvoertuig en op die Transnet-perseel. Die waarde word geraam op 8-duisend-Rand. Hulle word aangekla van die onwettige…
25 Nov 2022 8AM 1 min

Vermeende stroper moet 11 jaar gevangenisstraf uitdien

'n Man moet elf jaar agter tralies bly na hy gister in Skukuza vir stroperyverwante misdrywe gevonnis is. Die 45-jarige Isaac Sihlangu is in 2019 saam met 'n medebeskuldigde, Abel Manyike, aangekla. Manyike is reeds gevonnis. Sihlangu was voortvlugtig na hy in 2019 borg toegestaan is. Hy is in Februarie…
25 Nov 2022 6AM 1 min

Provinsiale ramp verklaar na stormskade in Hazyview

# Swaar reën en sterk winde het die naweek skade aan huise, skole, ‘n kliniek en die kragnetwerk in Hazyview aangerig. Volgens die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit werk hulle saam met Mbombela en die provinsiale departement van samewerkende regering om die skade te bepaal en hulp te verleen. Jacques Benade, die hoof van…
25 Nov 2022 3AM 1 min

Grootste gehekelde Kersboom eersdaags in Witrivier onthul

'n Ses-meter gehekelde Kersboom word op 3 Desember by Casterbridge onthul. Penny Boden, die ambassadeur van 67 Komberse in Witrivier, sê een-duisend-400 blokkies is gehekel deur mense van oraloor. Na die onthulling van die boom sal dit uitmekaar gehaal en in komberse vasgewerk word vir behoeftige mense.
23 Nov 2022 7AM 1 min

Mpumalanga aanvaar voorstel om verlate myne te rehabiliteer

Die Mpumalanga wetgewer het ‘n voorstel van die VF Plus aanvaar om opgehoopte gelde van sowat 17,5-miljard-Rand aan te wend om verlate myne te rehabiliteer. Die opgehoopte fondse is afkomstig van die finansiële voorsiening wat maatskappye in plek stel voordat mynbou begin sodat die regering dit vir rehabilitasie kan benut,…
22 Nov 2022 7AM 1 min

Renosterstroper moet 34 jaar sit

‘n Renosterstroper is Vrydag tot effektief 34 jaar tronkstraf gevonnis in die Skukuza-hof. Sipho Titus Khoza is volgens die polisie in 2016 twee keer in die Stolznek-deel van die Krugerwildtuin aangekeer. Sy drie medepligtigers in die twee gevalle het sedert hulle borgtog ontvang het nog nie weer in die hof…
21 Nov 2022 6AM 1 min

SANParke verwelkom vonnis vir stroper wat 34 jaar moet sit

Die waarnemende uitvoerende bestuurder van die NKW, dr. Danny Govender, het die vonnis van effektief 34 jaar vir ‘n renosterstroper verwelkom. “Dit is ‘n groot oorwinning vir ons toegewyde veldwagters. Hulle is die eerste skakel in die ketting van geregtigheid. “Ons is bly ons howe stuur so ‘n sterk boodskap…
21 Nov 2022 5AM 1 min
900 – 920