Hein en Cappie gesels met 2 ondersteuners van die WP en Griekwas onderskeidelik oor die naweek se Carling Curriebeker Half-Eindstryde...wie gaan Koning kraai?
Hein en Cappie sit saam met Jacques "Mier" Terblanche en Angus Opperman en kies hul beste Carling Curriebeker "All-Star" span vir die opkomende Champions Match wat deur Carling Black Label aangebied word op 6 November.
Dit is die finale rondte van die Carling Curriebeker en ons gesels met Angus Opperman om te hoor wie van 3 spanne gaan die laaste 2 plekke van die half-eindstryde opneem.
'n Ou vriend van Die Losgemaal, Reenen Stenekamp kom kuier saam met Hein en Cappie en gesels oor die naweek se 2de Toets teen Argentinië in die Rugby Kampioenskap asook die Carling Curriebeker wat in sy laaste rondtes inbeweeg.
Die Losgemaal kuier met Luiperds Hoof Afrigter André Pretorius wat sopas die Curriebeker Eerste Divisie gewen het & voormalige breier van die Leeus, en 2 keer Junior Wêreldbeker wenner Eugene Eloff.
Die Rugby Kampioenskap is volgende en die manne gesels met Angus Opperman oor die naweek wat kom se stryd teen Argentinië en vang ook bietjie op met dinge rondom die Curriebeker.
Die Bokke het gewen en die Britse en Ierse Leeus huistoe gestuur stert tussen die bene en Hein en Cappie gesels met AP Cronjé oor die lesse wat geleer is deur die Wêreld Kampioene en die reeks in geheel.
Dit is een elk in die reeks en in die episode van Die Losgemaal gesels Hein en Cappy met voormalige Springbok BJ Botha en rugby mal ondersteuner Jacques "Mier" Terblanche oor die 3de en beslissende Toets tussen die Bokke en die Britse en Ierse Leeus.
Die Bokke het dit gedoen en alles kom nou af op n 3de en beslissende Toets en ons gesels met Bismarck du Plessis oor wat verwag kan word en wat hy sovêr van die reeks dink teen die Britse en Ierse Leeus.
Dit is tyd vir die manne om hul voorspellings te maak vir die 2de Toets tussen die Springbokke en Britse en Ierse Leeus, maar voor dit gaan hulle eers kyk na die "Rassie Video".
Ons gesels met voormalige Bok breier Heyneke Meyer in hierdie episode van Die Losgemaal met die Bokke wat rug teen die muur staan en 'n Britse en Ierse Leeus reeks wat moontlik op die spel is in die 2de Toets.
Dit is Toets week en die Springbokke en Britse en Ierse Leeus is reg om mekaar aan te vat in die eerste van drie Toetse. Ons gesels met gereelde paneellid Jacques "Mier" Terblanche en Rapport rugby skrywer Hendrik Cronjé.
Dit is die Dinsdag voor die eerste Toets teen die Britse en Ierse Leeus en die opwinding loop hoog met die Bok-span wat aangekondig is. Hein en Cappie het in hierdie eposide voormalige Bok afrigter Peter De Villiers by hulle en as die man wat aan die stuur was tot…
Hein en Cappie kuier saam met voormalige Bok Kaptein Corné Krige in hierdie episode van Die Losgemaal in ons reeks oor die Britse en Ierse Leeus en kyk terug na sy tyd teen hierdie toerspan asook na wat die Stormers Saterdag kan verwag.
Jimmy Stonehouse kom loer in op Die Losgemaal en deel met ons sy gevoel oor die huidige Britse en Ierse Leeus toer en wat hy dink moet gebeur om hierdie reeks in Suid-Afrika se guns te swaai.
Cappie is in sy element vir hierdie episode met die Bulle se Britse Leeus held wat saam gesels. Casper Steyn deel sy herinneringe van daardie dag in 1997 toe hy 20 punte bygedra het in die Bulle se geskiedkundige oorwinning oor die toeriste. “Die Spook van Loftus” gee sy mening…
Cappie en Hein verwelkom voormalige Haai en Springbok Stefan Terblanche, wat in 2009 teen die Britse en Ierse Leeus testaan gekom het, in ons derde episode van die reeks op Die Losgemaal. Kom beleef dit saam ons en hoor wat hy dink van die huidige toer.
Hein en Cappie hervat ons Britse en Ierse Leeus reeks met die 2de van 9 episodes, waar hulle saam Wêreldbeker Kampioen en voormalige Transvaal legende Kobus Wiese gesels oor sy tyd in 1997 teen die bekende toerspan, asook die vooruitsigte van hul 1ste wedstryd hierdie naweek op Emirates Airline Park.
Op die vooraand van nog 'n Britse en Ierse Leeus toer na Suid-Afrika, het ons 'n paar eksklusiewe gaste genooi om hul menings te kom deel saam Hein en Cappie en in hierdie episode kuier ons met voormalige Bok Kaptein Wynand Claassen.
22 Jun 2021
48 min
20 – 40
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.